Friday, November 29, 2013

Boer soek Afro

Boer soek ‘n vrou/slavin/publisiteit, noem dit wat jy wil, maar ek is jammer die show het een groot Boswell Circus geword. Die jaar is nie anders as die laaste vier nie, tyd om bietjie/effens te vent oor die gebeure.

Nou kyk, die intensie van die program was om liefde te vind, want die arme boertjie bly ver weg van enige pub/nagklub/kerkdans. Hy werk van sogggens tot laat saans en tyd vir dames is daar naas die oes/ploeg seisoen en dan begin als weer van vooraf.  Tien boere word aan die verhoor voorgestel en dan kry die dames (mans in een reeks) die geleentheid om aan die boere hul liefdesbriefie(s )te rig. Die vyf boere met die meeste briewe vorm dan deel van die reeks, terwyl die ander vyf dan kan maak met die briewe wat hul goed dink.

Goed, hier is dan waar die drama/komplotte/mumbo jumbo begin. Die boere kies dan uit die aantal briewe tien dames, speed dating vind dan plaas en dan word vyf finaal gekies. Die boere gaan doen dan pret goedjies saam die dames hetsy dit nou dans/kleilat/bak en brou klasse is. In daai paar uurtjies moet die boer dan sy seleksie maak en drie (vier een jaar) kom saam plaas toe…en dis dan hier waar die HKGK plaasvind.

Want kyk…hoekom skryf jy en die eerste paar ure op die plaas begin jy sommer self jou tassies te pak? Hoekom raak jy verlief in twee dae en tjank snot en trane omdat die boer nie so baie aandag skenk aan jou nie? Hoekom skryf jy in om net op televisie te wees? Jy kan wraggies op een of ander Wimpy add wees! Hoekom na jy laasjaar verneder was deur nie gekies te word nie, skryf jy dan weer in? En regtig naas als, mens eet ontbyt, nie ‘n alkoholiese verversing nie #tannieemsiesalhaarskaam!

Net soos die dames het die boere so nou en dan ook afwykings in die program. Van waar die een die horipeeps kry omdat ‘n ander man (wat danslesse gee aan een van SY vrouens vat) tot ‘n oomie wat net ‘n maatjie soek en in die proses so sy plaas bemark/gratis publisiteit. En wat my verstand te bowe gaan, was een oomie (ja lekker kommin een) wat gou dorp toe gery het, die dames op die plaas/plot agter gelaat het en met so flerrie toe by die huis aangekom het, o ja moenie van die OBS vergeet nie. Nie te min het daai tannies hul pasteie gevat en ‘n stoffie gemaak. #werfetters

Liefde is ‘n begrip wat nie vasgepen kan word nie. Dis iets wat jy weet jy voel sodra jy idillies raak en dit nie in woorde kan omskep nie. Nou baie sal sê/redeneer/try verduidelik hoe is dit moontlik dat die boer met twee vrouens ‘n besluit kan maak. Maklik! Elke persoon wat jy ontmoet/in aanraken kom wakker/ontwaak een of ander eienskap in jou of jy in hom/haar. Dit bring iets uniek in jou uit en jy sal dit nooit kan vergelyk met ‘n ander nie. En nee dit gaan nie hier oor die fisiese attraksie nie, (dis wel super belangrik), maar die intellektuele/emosionele kant van enige mens.

Nou kyk, die Mounster geniet sulke tipe programme, maar vir crowing out in a bucket, gaan vir die regte redes op die show, jy speel met iemand anders se hart hier. Damit! Wake up, die lewe is nie ‘n game nie, dis real, opreg en jy mag iemand ander se sonstraaltjie steel.


“Let there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a moving sea between the shores of your souls. Fill each other's cup but drink not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone, Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music. Give your hearts, but not into each other's keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other's shadow.” 

Thursday, November 28, 2013

Oosrand Barbies

Ek glo die mensdom het meer onderliggende probleme as wat ons werklik weet.  So gym ek gisteraand en bekyk almal om my, swoeg en sweet, net om op die ou end van die dag tog maer te wees, tog net iets vir iemand te wees, wat ek/jy dalk (on)bewustelik doen.  En dit kom op die volgende vraag neer, hoe ver is te ver, waar trek jy die lyn en is dit werklik nodig?

Terug by die gym, oefen ‘n jong vrou (as ek haar nou ken of nie, is nie nou hier te sprake nie) met groot borste. Borste wat nie haar eie meer is nie, wat fake/plastiek en op ‘n gereelde basis moet verander. Nou weet ek weer een of ander iemand gaan skree, wtf/nee/is jy jaloers?

Sy is net een van die met onderliggende probleme, nes die vrou wat ‘n liggaamsbouer is, bruiner as bruin verbruin/getan/gespray can, met die witste blondste hare. Regtig, is dit hoe dinge moet wees? Is dit waarna ons almal moet streef?  Om ons liggame tot op die “lelikste’’ vlak te druk om tog net ‘’mooi’’ vir ander te wees? Ek persoonlik sien geen skoonheid in daai vrou nie,  ja sy is maer, maar die velkleur (nie rassisme nie) en haarkleur it does not match at all. So ook die vrou met die groot borste, dis heeltemal uit porporsie uit, maar die is gedoen as speelmiddel/trophy vir haar man #jaekkenhaar!

Dit bring my terug by die vraag, hoe ver is te ver? So onthou ek die sielkundige term: (Verskoon die Ingels, is lui vandag…hey eks immers eerlik) Body Dysmorphic Disorder. Nou kyk daar loop vele rondom ons met dié, persone wat hulself so afkraak, hul voorkoms sien as brommerbollie. Dit raak so erg, hul spandeer ure voor die spieeël, oefen sonder om te eet (duh dis net dom, geen voeding vir spiere). Hul leef in negatiewe gedagtes (nie oor ander) maar oor hul voorkoms,  ek is te maer, ek het  te min spiere, my tiete (borste skies tante) is te klein, boude te vet, pizza face en die lys gaan aan (ja jy ken hulle…). Die gevolg is  as dinge nie so spoedig of reg verloop volgens hul verwysingsraamwerk nie…plastiese snykundige pappie. En sodra jy eers begin, hou jy nie op (RIP Michael).  Jy kan stry/skree/vloek en skel, hul gaan meer kort as liefde. (Been there done that… lost the battle, ended up single #thetruth)

Voorkoms speel die afgelope paar jaar ‘n groot rol in die samelewing en ons gaan dit nie kan ontsnap nie. Die Mounster beveel aan dat elkeen van ons, moet begin by onsself. Maak vrede wat jy nie kan verander, begin wat jy wel kan verander. Ek kan werk aan my gewig, nie aan my bobene, so take me as I am or leave. Daai attitude is wat die persoon moet sien wie jou as belangrik beskou of belangstelling toon, eintlik moet jy jouself liewer hê as ander en as jy dit kan regkry… Het jy jou naaste lief.  Begin vandag, maak lysies wat jy graag wil verander (verkieslik dinge wat jy kan doen sonder enige chirugie) en dinge wat jy nie kan nie. Staan op vandag, nie môre nie, vra hulp as jy hulp nodig het. Jy is hier, voel dit, leef dit!





Monday, November 25, 2013

Kersfees Survival Kit 101

Dis net Boney M, Jingle Bells en fake Santas orals in die malls. Ja, jy het reg geraai/gedink/geskree, dis amper Kersfees! Om presies te wees, vandag oor ‘n maand. So het die Mounster oor die naweek besluit om haar survival kit oor die feesgety met jul te deel. MAAR voor jul nou te opgewonde raak, eers ‘n kort geskiedkundige lessie oor die gebeure wat ons vandag Kersfees noem.

Wel, soos meeste van ons groot geword het, is Kersfees om die geboorte van Jesus te vier (homofoon…onthou jy) en dit is nogsteeds, maar vandag gaan die Mounster gou eers die onstaan van Sinterklaas aka Santa aka die vet-oomie- in-jou-familie- met- die- rooi- overall en ander aspekte rondom Kersfees verduidelik.

Kersfees versierings se ontstaan het in die Queen se land plaasgevind, was hoofsaaklik om  (Poison) Ivy’s rondom jou huis te hang, om jou te beskerm van (Liewe) Heksies  en Pagans. Latere jare het kinders uit papier versierings gemaak. Die tradisionele kleure wat toe onstaan/gemaak/ontwikkel het was Rooi, Groen en Goud. Waar Rooi die bloed van Jesus verteenwoordig het, Groen verteenwoordig die enige lewe (een of ander boom wat vir ewig lewe) en die Goud omdat Goud as eerste geskenke gebring was aan Jesus. (Let wel peeps, niks van dit staan in die BYBEL, wil net disclose aan my ander tipe lesers).

Toe gebeur die liggies, (soos gesien by die Stoffberg huis in Kempton Park, #prentjiemooi) waar dit om die kersboom gehang is. Gevolg deur engele, Jingle Bells, groot kouse en ander versierings.  En toe kom jul gunstelinge oomie, Saint Nicholas/ Kersvader/Santa. Wat baie van jul nie weet is dat hy geklee was in Biskop klere…Booya, leer jul iets vandag, met helpers en dan het hy besluit as die kind ‘n geskenk werd was of nie. En raai wat, dit het nie gebeur op Kersfees nie, maar op die 6de Desember.  Later jare het die Protestante (nie Katolieke) die idee verander na die ‘Christ Child’ as die geskenk gee persoon en die datum is geskuif na die 24ste Desember. Dis ook die U S of A mense (soos gewoonlik) wat die hele Santa ‘’Image’’ geskep, ontwikkel en gecommercialise gemaak het.

Ek wil nou nie verder gaan en ‘n oorlog oor reg en verkeerd skep nie, wou net effe info deel wat ek weet baie van jul nie geweet het nie en net blindelings glo. Maar omdat dit nou net ‘n maand weg is en dus die feesgety gaan vier moet ons ‘n plan/survival kit hê om ons deur die tyd te bring en ons geld tot einde Janaurie te strek.

Kersfees Survival Kit 101


Kersgeskenke:  Lysies, lysies en nogmaals lysies. Jy beplan en begroot. Nie onnodig, nie te duur en defnitief iets wat jy vir jouself sou koop. Maar die hele koopproses moet ook gevolg word, anders sit jy gebroke op die 1ste Janaurie. Here goes:  Jy eet ontbyt voor jy gaan shop, so spaar jy geld deur nie honger by die Mall op te daag nie, trek gemaklike tekkies/skoene aan, vars gebottelde water en ‘n pen om jou geskenklysie af te merk. Jy koop nie duur toedraai papier nie, verpersoonlik (sien hoekom anglisme so vieslike ding is) dit deur bruinpapier te koop, netjies toe te draai, met een of ander rooi/groen/goud sticker/lint/pen geskrewe naam etiket. Jy koop volgens jou vooropgestelde begroting en verander nie soos jy goed dink by die winkel self deur gemanipuleer te word deur verkoopspersone nie, hul ken almal se weakness die tyd van die jaar…#Israelietemetmakeupenstraightners!

Kersdag self: Gaan kerk toe as jou familie daai tipe ding doen, lyk skaflik al is jy by die see, kam immers dan net jou hare, borsel jou tande en sing harder as die dominee saam. By die etenstafel volg jy al die reëls soos die Mounster jul al geleer het,  hetsy jy kamp of by ‘n regte egte tafel aansit.  Jy help jou tannie met die soetsappige soene om skottelgoed te was. O ja, daai eendag van die jaar is geen rede (geen maar geen rede) om jou gesig vol vetterige kos te stop nie, jy EET soos jy die hele jaar ordentlik doen. Want kyk, die Mounster verpes   ‘’nuwe’’ mense Januarie by die gym, komaan jy weet jy gaan nie Februarie terugkeer nie!
 
Familie: Wees opreg, vriendelik en ekstra liefdevol die tyd, dis hul wat immers ver gery het en die Mounster se raad gevolg het om mooi geskenkies te koop. Hê pret, speel kaarte, board games en try iemand verdrink tydens ‘n swemsessie (ek neem geen verantwoordelikheid nie!)

Common Sense: Smeer sonbrandmiddel aan, gebruik alkoholiese verversings matig (gym = not in Februarie), gehoorsaam die E-tol stelsel en bo alles rus, vind jou vrede en kom positief terug in die nuwe jaar!





Friday, November 1, 2013

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster

Almal van ons het een of ander lys (nou nie jou dating gestandaardiseerde lysie van moets en moenies nie… dis stupid anyway) maar ‘n lysie wat jy effens/voluit volgens lewe. Vandag gaan die Mounster haar lysie met jul deel.  Ek daag jou uit, double dare jou om ‘n paar van dié op die lysie te probeer, al is dit net vir eendag. Waag dit, môre word jy dalk wakker met gryshare en soek verskonings… Die tyd is nou… wat wag jy voor, toe toe laat jy LEEF!

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster:

1.      Drink baie water, met of sonder suurlemoen, maar drink daai water.
2.     Maak ‘n effort om tenminste almal wat saam jou werk se name (en vanne) te ken.
3.   Wees altyd ten minste 15 minute voor enige afspraak/partytjie daar, sodat jy die gasheer/vrou kan betrap wat ‘n quicky wou gehad het voor jou aankoms #justsaying
4.      Neem foto’s, raam dit, dis al wat jou memories real hou.
5.    Google elke dag iets nuuts, memoriseer dit en gebruik dit dan in gesprekke met ander. Plaas jou in die nie-Boksburg klas J
6.     Loop ten minste een keer in die somer kaalvoet in die mall.
7.     Gaan fliek alleen.... Double dare jou!
8.     Ondersteun jou plaaslike teaterproduksies, R100 gaan jou nie arm maak nie.
9.      Betaal jou TV-lisensie jaarliks.
10.   Ry nou en dan oor die spoedgrens en dan betaal jy die boete… ja jy betaal dit.
11.   In ‘n kuierplek, kies ‘n random dude/girl en sê iets mooi/vlyend oor daai persoon.
12.   Eet gereeld roomys.
13.   Dra sonbrandmiddel, jy soek nie plooie voor 30 nie.
14.   Beperk onderlaag tot ‘n minimum.
15.   Besoek die Boksburg vlooimark een keer per kwartaal, net om te besef wat jy nie soek in die lewe nie en waarvoor jy op die uitkyk moet wees.
16.   Doen blokkiesraaisels in die Huisgenoot, Keur of Rapport.
17.   Vry tenminste een keer in jou jeug, ‘n mooi hot aantrelike persoon, sonder om jou naam of nommer te gee. Just leave, no attachments.
18.   Koop resepteboeke en probeer ten minste twee terte, twee koeke, een gereg en een nuwe slaai.
19.   Koop liewers blomme by die man op die hoek van die straat.
20.   Sing oppad werk toe, elke oggend, met die venster af.
21.   Skinny dip laat een aand, dalk net ‘n wyntjie of twee eers in hê.
22.   Besoek verskillende kerke. Jy leer dalk net iets.
23.   Glimlag, dis die beste medisyne wat jy kan gee vir iemand sonder enige moeite.
24.   Bederf iemand anders se kinders, koop net die beste/duurste, why want ons almal is mos familie.
25.   Skenk klere op ‘n gereelde basis, dit vat net spasie en jy gaan dit nie weer dra of in dit pas nie.
26.   Besoek klein dorpies soos Maquassi, Excelsior, Hendrina en Jagersfontein.
27.   Koop gereeld parfume maar verander gereeld jou reuk/handelsmerk, so bly jy vars, uniek en baie onvoorspelbaar.
28.   Spaar maandeliks ‘n gedeelte van jou salaris.
29.   Gaan besoek ‘n outehuis, dit laat jou opnuut jou voorkoms, verstand en omstandighede van vooraf waardeer.
30.   Ry deur Alex/Soweto/die Cape flats en kyk mooi na die omgewing waarin jy jouself bevind.
31.  Betaal ‘n Personal Trainer, army style en huil vir dae na die tyd as jy sukkel om te loop, maar don’t quit.
32.   Dans, dans, dans, Presley's style.
33.   Scream and shout and let it all out…jy het reg gelees, venting is good, altyd.
34.   Lees 'n woordeboek.
35.   Lees die agterkant van jou Bybel… dis net awesome.
36.   Gaan vir ‘n fotosessie.
37.   Dra rokkies, dis immers vroulik/vrolik en sexy.
38.   Gebruik jou siekverlof, jou werkgewer gaan net ‘n bossie blomme stuur met jou dood.
39.   Koop ‘n nuwe rokkie vir elke troue.
40.   Lê op die gras, kry ‘n tan en vergeet van jou worries vir net 30 minute.
41.   Koop slegs bypassende onderklere, never mix and match.
42.   Gaan na ‘n gay klub/bar...#houopjudge.
43.   Maak vrede met jou verlede, jy wil nie toekoms op neuk nie.
44.   Flos jou tande, dit help met jou hart…so het ek gehoor #oorgehoor.
45.   Gaan vir pedi’s, gebarste hakke is als behalwe mooi/aantreklik.
46.   Trek jou ma se Crocs aan met ‘n PT broek en gaan shop in Sandton, dit sal verseker koppe laat draai.
47.   Gaan lees jou palm, jy mag dalk net terug in realiteit geskop word.
48.   Verander jou beddegoed ten minste 2 keer per jaar, dis pret en immers lekker om  in 'n ‘’ander ‘’ kamer te slaap.
49.   Skeer jou beenhare in die winter, nee wraggies dis nie die oertyd nie.
50.   Vertrou God met als, hê lief meer as wat jy ooit sal kan dink en wees spontaan.





Wednesday, October 30, 2013

Hotness, very much

So nou die dag kom ek op ‘n artikel af, heel lukraak, sommer op Twitter, maar dit het my oog gevang.  Die onderwerp:  Die Pil, jou keuse, done and dusted.  Is dit regtig waar? Speel dit regtig so ‘n groot rol? Of was die steekproef  heeltoevallig wat die skrywer van die artikel op gefokus het?  

Vyf foto’s, heel anders, heel kontrasterend, maar die onder andere is gelaatstrekke wat ek geniet/voorkeur/love in ‘n man. Bestudeer die foto’s, kyk weer en lees verder… Die Mounster verduidelik sodra jy klaar gedrool het… #haha (in geen spesifieke orde is die foto’s gecopy en paste nie)








Volgens die artikel, verkies vrouens op voorbehoedmiddels (Die Pil) gewoonlik mans met minder manlike gesigte. Jou metro tipe man. Sou jy all natural wees, sal jy meer geneig wees om ‘n Moses tipe/rugby rugged man as aantreklik/hot te vind. Die metode wat jou hormone jou beheer, kies jou tipe man. Kies jy reg/verkeerd kan dit jou kinders se voorkoms bepaal. Heel interessant sou ek sê, maar laat ons verder kyk wat en hoe dit presies wat en hoe bepaal.  (please note: this is not my opinion yet…wag vir my analise oor die foto’s… wag wag wag)

Vrouens op die Pil, verkies mans wat se gesigte eintlik meer vroulik voorkom (let op na die kakebeen, wangbene en die lengte van die gesig). So in boere Afrikaans, 'n Pierre Spies tipe  (bo en behalwe dat hy ‘n Blou bul…nee dankie). Verkieslik skoon geskeer, sagte hande en soetsappige lippe. Die sonder voorbehoed, geniet self die voorkomste, maar as dit kom by ‘n lewensmaat kies, soek hul iemand soos hul pa, hard, ouer-looking tipe mans. Jy weet, daai van die veld, in die son, plooie, rugged.

Die Mounster aan die ander kant, gaan ja en nee sê tot hul gevolgtrekking uit hul steekproef. Die foto’s, heel lukrake persone, dalk bekendes (Gingers ingesluit) op hoe ek ‘n keuse sou maak. As dit net op voorkoms (saak van lewe en dood ) moes wees. Kyk weer na die foto’s. Ek gaan na elkeen verwys, een woordig en ‘n rating.(bo na onder).

Mnr. die Visserman, baard, netjies, sterk kakebeen, breë skouers. Diep sielsverlore oë.  [8/10]
Mnr.  die Aktetas, sweet, boyish look, metro, goeie gene. Sagte hande, netjies naels. [6/10]
Mnr. 007, ouer, clean shaved, duidelike definisies van gestructured kakebeen, blond. [7,5/10]
Mnr. Hotness, donker, rugged, sagte manly- man hande, diep oë, soet sappige lippe. [8,5/10]
Mnr. Ginger Prince, sproete, sagte lippe, gestructured kakebeen, hemelkleurige oë. [8/10]

Die is my opinies, baie kontrasterend, baie keer opreg, dalk verskillende pole. ’n Ginger sal iemand uitlig, ja ja ek weet, maar daar is trekke in hom wat ek aantreklik vind. Nou die vraag wat baie sal vra, voorbehoed of nie? Kyk weer, analiseer my antwoorde en besluit vir jouself. Op die ou end van die dag, maak nie saak wie wat sê nie, voorkoms/attraksie speel tog ‘n rol. Ja ek weet dis die innerlike wat meeste gewig dra, maar vir daai split sekonde, voor jou droom man/vrou iets kon sê, was daar ‘n chemise reaksie wat ‘n feature in jou getrigger het…Onthou een ding, Just because a person is not beautiful in your eyes does not make them ugly. 

Tuesday, October 29, 2013

Common Mounster Sense 101

Common sense; dalk meer werd as die duurste Roll-On, want kyk die wat dit die nodigste het, weier volstrek!  Tannie Emsie het reëls,  Nataniël ook en versteekseker so ook die adellikes.  Nie almal hou daarvan om op te tree Botha & Cornea nie, maar (on)bewustelike is hul tog effe zef/radioraps/Flooze. Dis die tyd van die jaar waar partytjies gehou word, troues duur nog voort en met Kersfees om die draai, het ek besluit ek moet jul effe opvoed, effens want sommiges van julle het na afrondingskole toe gegaan, nes ek en behoort dié as alledaags te beskou.

Vandag gaan die Mounster haar reëls/maniere deel [©], wel meeste behoort jul te ken, maar wie weet, dalk het jy te veel Cornea in jou en dis dalk ‘n eerste vir jou. Maak notas, steek jou hand op indien jy enige antwoorde kort (duh, dis eintlik voor die handliggend), maar asseblief tog for the love of humanity, begin optree soos jy behoort.

Etenstafel (nie voor die TV) maniere by ‘n troue/eindjaarfunksie/kersete:  Stel jou altyd voor aan almal om die tafel, praat (in die korrekte volume) met die aan jou linker/regterkant en direk voor jou. Sit regop met jou voete plat op die grond, nie kruisbene, een been op stoel of wydsbeen (#Wanda) nie. Die maaltyd begin wanneer die gasheer/vrou die servet oopmaak en op die skoot plaas, doen jy nou dieselfde en wag. Jy begin te eet, sodra die gasheer/vrou begin, maar (fokus jy) as die kos apart ingebring word, wag jy, jy wag tot almal gekry het of dat die gasheer/vrou aandring om te begin eet.  Jy weet van binne na buite (i.t.v. die eetgerei, maar onthou links is vir vaste kos en regs vir sopppe).  Elmboë is net op die tafel, na die ete, geen kos meer oor in die bord en jou arms is nie daar om jou kop te ondersteun nie.  Sou jy besluit het om wel die tafel te verlaat gedurende die maaltyd, vra omverskoning, nie met ‘n geskree, verlaat die tafel stiptelik en sonder ‘n rumoer. 

Aangesien ons mos onsself bevind in ‘n wêreld waar sosiale media/telefone/tweets ons lewe oorheers (not) moet ons kyk hoe ons die maniere hanteer. Kom die Mounster noem dit… Beantwoord/reply/korrespondensie  maniere : ‘n Sms behoort nie meer as 3 sinne te wees nie, hou dit kort en krag, ek glo mos nog altyd, as iemand regtig van jou hou, sal hul dit in persoon vir jou sê. Dus, bedank hom/haar vir die ete, moet nou nie staan en sê jy sal hom/haar weer wil sien as dit nie so is nie, groet en laat dit oor aan die noodlot. RSVP is en sal nog altyd ordentlik bly, so as die organiseerder van ‘n funskie vra om te antwoord voor of op ‘n datum, dan doen jy dit…F##!!! Aanvaarbaarde spelreëls, leestekens en soos die AWS dit sal goedkeur. K dink di ergste is om trug te kuur na die lant van k…ag nee hel, ek sukkel om nou nog na al die jare van die foon, soos die meeste te tik/praat/spel. Ek skaam my vir die jeug, veral toe ek vraestelle gemerk het. Kry jou tydsberekening reg, jy stuur nie in jou slaap/aan tafel/in ‘n vergadering/in die gym/die kerk  boodskappe of update jou status nie.  

Nee maniere: Dis regtig okay om nee te sê as jou vriende na pepperduur (Sandton) restaurante wil gaan vir ete, jy net ‘n slaaitjie bestel en nou verwag hul dat die rekeninge gedeel moet word. Ek’s jammer, maar ek gaan nie jou bloukaas/vrot voete beeshaas met groen takke en sade ook nog onder my begroting per maand sit nie. Jy eet, jy betaal. Dis aanvaarbaar om nee te sê vir ‘n vriend/in wat als wil doen oor ‘n naweek by hul as jy ook ander vriende het in die dorp. Jy het ver gery, jy kan kuier/koffie saam wie jy wil sonder hul ook. Dis goeie maniere (Mounster approved) om nee dankie te sê vir ‘n shooter wat jou sooibrand gee vir 3dae, daai shootertjie gaan  jou nie cool/cooler of meer awesome maak nie. Jy is soos jy is en hoe jy is sonder ‘n bleddie Hot Shots shooter!!!

Common sense (alledaagse) maniere: Asseblief en dankie bly ‘n wenner. Jy oefen nie sonder ‘n handdoek nie, jy speel nie met jou foon by die gym nie, jy loop nie net in en uit by die aktiewe maagd om punte te kry nie, jy oefen dat die make-up en lipstiffie daar trek. As jy in  ‘n ry staan,  jou plek verlaat, dan raai wat, het jy jou plek verloor, so what, staan weer agter, jy wou mos nie klaar shop nie. Jy staan nie in die middel/voor die deur  van ‘n hysbak nie,  jy irriteer die mense wat wil uit kom. Jy gebruik jou rigting aanwysers, nie ‘n sekonde voor jy wil draai nie. Jy bestuur nie sonder ‘n lisensie nie, dis net kommin en jy breek die land se padreëls. Verder spuit jy ook nie jou Fire & Ice by jou lessenaar nie, ander mense wil nie soos jy ruik/proe nie.

En ten laaste, moet ons tog net die Hofmakery maniere onder die knieg kry (haha, belt): Jy laat toe dat niemand vir jou wag nie, tyd is kosbaar. Jy is vriendelik, hoflik en opreg tydens ‘n afspraak. Jy bied aan om die rekening te betaal, so leer jy die ander persoon se manier van dink agterkom en weet as hy/sy ‘n cheapskate is. Jy hou nie hande vas vir lang periodes in die kersseisoen nie, dis nou in die mall vir die madampie wat haar hand op gesteek het, daar is mense wat wil shop en klaar kry, sonder om deur jul te skuur. Jy vry nie in die publiek nie, ag please, jou spoeg, sy spoeg…eeuh…nie eers in Boksburg nie. Jy sit nie op haar/sy skoot by familie funskies nie, jy is tog immers nie meer ‘n kind nie (of is jy?). Jul het elkeen  aparte Facebook profiele, weereens jy is jy, hy/sy is hy/sy, as jy wil skelm wees, dan sal ek solank die voordeur oopmaak dat jy jou pie (cherrie) kan vat en waai.  Jy speel nie games nie, dis die lewe die, nie 30seconds nie, Ja of Nee, is basiese beginsels komaan??

Wees vriendelik ten spyte van jou omstandighede en onthou…“Call a jack a jack. Call a spade a spade. But always call a whore a lady. Their lives are hard enough, and it never hurts to be polite.” 

Wednesday, October 23, 2013

ENJV with a twist of Mounsterness

So ruk terug het ‘n vriendin van my, my ‘n persoonlikheidstoets laat doen, op haar Ipad, oppad plaas toe, sonder my bril aan en in die voertuig.  Was effens naar, nie in fokus nie, deurmekaar met die gebruik van die iPad (Android lover).  Daar is verskeie toetse, vraelyste beskikbaar, die resultate sal ek nie sê is 100% korrek nie, maar vir my gee dit ‘n aanduiding, dalk vir jou ook. 

Anyway, die vrae was nogal lank, ek kon meestal relate en het spoedig ingevul. Submit. Loading, loading, loading… Ching… You have an ENFJ personality. Viola! Great, fantasties, kom laat ons kyk as dit nou regtig is soos die Mounster haarself beleef.

Eerstens, slegs 2% van die wêreld beskik oor die persoonlikheid van ENJF… hokaai…ENJV verwys na (verskoon die Ingels)

E=Extraverted: Expressive, outgoing, prefer group activities, eager to speak their minds, more comfortable when around other people than when alone, get energized by social interaction 
N = Intuitive: Introspective, rely on their imagination, absorbed in ideas, focus on what might happen 
J = Judging:  Decisive, prefer clear rules and guidelines, eager to commit, see deadlines as sacred, seek closure 
F = Feeling: Sensitive, follow their hearts, keep feelings close to the surface, focus on harmony and cooperation 

Nou dat dit uit die weg is, kom ons analiseer (eish, werk ek hier ook), ENFJ persoonlikhede (Mounsters) is baie influential, het ‘n opregte belangstelling in mense, is inspirerend en ander mense hou nogal van hul. Charismatic met oortuigende benaderings wat basies daarvan hou om te praat en praat en praat (small talk/randomness altyd).  Soos hul praat, trek hul aandag en doen hul dit met passie. Intuïsie, o die agterdog, om ander se motiewe te bevraagteken (sue me ok, nie my skuld nie) en so ook dus hul eie gevoelens te analiseer en bevraagteken (soms te antwoord).

Weens die omgee en sensitief te wees, veroorsaak dit probleme om te onttrek / distansie (anglisisme op sy beste hier) te kry van ander en so lei dit tot bekommer/stress/worry.  Verder weens die oormate van optimisme, vertrou hulle te gou (truth) en so neuk dit hulself op…. Net omdat ek jou like/vertrou F#@ jy my op. Seriously???

Sterk en swak punte (oe oe klink soos ‘n interview…boring), maar kom ons kyk en spot die Mounster raak. Sterk punte (Popeye/Arnold/Bismarck): Goeie leiers (yes papa, Obama se opvolger), verdrae baie dinge/mense, reliable, bereidheid om ander te help.  Swak punte (x):  Soms selfsugtig (mmm, regtig?), te sensitief (Twinsaver?), besluitloos soms met belangrike besluite, idealis wat geneig is om naïef te wees.

In die werksplek, fokus hul eerder om ander happy te hou en so die werk op tyd klaar te kry. Social op elke geleentheid (even oppad om water te gaan haal) en word soms gekenmerk as Miss-know-it-all. Kritiek is aanvaarbaar, maar hul is geneig om dit te persoonlik op te neem (uhm, moet dit nie persoonlik op geneem word nie?) en beroepe soos medici, polisie en die aandele mark moet vermy word… oeps te laat….Gedurig moet daar aanvaarding gekry word, als is dit net ‘n dankie of great job… #happiness. Hul is uitstekende skrywers (?), politikuste en sielkundiges… Dalk is dit my q om aansoek te doen by EFF.

Sex/hart/liefde/room tamaties, hul vat verhoudings baie ernstig op, gee baie tyd en aandag aan die aspek van hul lewe, veral hul wederhelftes se behoeftes. No commitment issues! Fantastiese lovers (in die bed), haat konflik! Moet hul gevoelens uitleef/ uit praat en hoor dat hul waardeer word. Platonies, is hul selektief oor hul vriendekring (het jy die cut gemaak?), maar hul is lojaal en opreg. Soms net te sweet, te vol energie en effens van ‘n Tigger. Hul vind waarde in ander wat dinge saam hul wil deel of doen, gesprekke wil voer oor die weirdste/lukraakste  solank hul nie TE veel gekritiseer word in die proses nie.

Wel, dalk weet jy nou waarom ek sekere dinge doen/sê/uitleef soos  wat ek doen, beterwetend of uit stupidity, maar take me as I am of verloor die beste ding in jou lewe!  

“Imperfection is beauty, madness is genius and it's better to be absolutely ridiculous than absolutely boring.” 




Wednesday, October 16, 2013

Wolverine

‘’In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou.
By die klink van huw'liksklokkies,
by die kluit-klap op die kis.
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
Weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit née nie,
Sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe -
Ja, ons kom, Suid-Afrika.”

‘’The price of being a sheep is boredom. The price of being a wolf is loneliness. Choose one or the other with great care’’ en in die geval kan jy nie ‘n draadsitter, hensopper of besluitloos wees nie. Jy is die een of die ander.

16 Oktober 2013, wat ek as vir jou sê jy is van die begin van jou geboorte dag, gemanipuleer, gevorm volgens dié idee, geprogrammeer om te dink soos ‘’hulle’’ wou hê. Dat jy voor ‘n televisie / skerm geplaas is en belangrike hoogtepunte in jou brein in gegrafveer is. Dat jy dit  moet prosesseer,  dit moet plaas in kategorie en dan volgens daai klassifikasie leef. Jy  en jou raamwerk, stap vir stap volg jy die prosedure. Net so volg die res van jou familie, bure, vriende daai raamwerk. Die raamwerk wat van generasie tot generasie nie verval nie, wat nie ‘n milimeter skeef trek nie.  Prefek! In lyn! Die grootste trop skape ooit!

Soos wat jy daagliks jou koerant lees, weekliks jou tydskrif koop en omstrede 7 n.m. jou televisie oorskakel na ‘n kanaal so bevind jy jouself in ‘n gebeure:‘’dalk’’ (on)bewustelik, ‘’dalk’’ doelbewus vorms, eienskappe en propaganda oordra. Want kyk, dis mos die waarheid, die Huisgenoot sal nie lieg oor gebeure nie. Die koerant is feitlik tot op die laaste desimaal en die volk kan tog nie sonder ‘n episode van Binnelanders nie.

Wat as jou program so effens, dalk net so vir ‘n paar split sekondes, ‘n kortsluiting maak.  Dat jy om jou kyk en als soos ‘n legkaart inmekaar begin pas. Dat jy bewus raak van dinge, dat jy jou eie opinies kan vorm, dat jy jou eie besluite kan maak, dat jy kan wees wie jy behoort te wees.

Die is seker die weirdste blog inskrywing  wat jul nog gaan lees, maar ek is jammer, nee ek is nie, ek is gatvol om stil te bly.  Gatvol om gesê te word hoe ek moet optree, hoe ek moet leef om tog net man te vang. Gatvol om te hoor dat ek God moet vind in vroue konferensies. Gatvol om te hoor ek is ‘n rassis as ek kyk na al die moorde om my. Gatvol om te leef in ‘n leefstyl waar ek moet ja en amen op almal, tog om net nie geoordeel te word nie. Maak dit regtig saak?  Ek is tog mos van die gekose volk.

Hoeveel keer moet ek hoor, trek so aan, grimeer tog net asb meer, kleur jou wenkbroue in, lipstiffie? Dat ek soos ‘n waghond wat wag op sy kos, moet wag, jou perfekte man is net om die draai. Hy is  slegs om die draai AS jy gereeld vroue konferensies bywoon, DVD’s koop en tog nie toelaat dat ‘n man aan jou nek soen nie. Want soen is seks. Ag please, cry me a river. Dis juis daai vroue wat die grootste oorsaak is, juis daai vroue wat tog so gereeld in Loveland hul verskyning maak. Dis daai vrouens wat propaganda skree!

Moord, verkragting, naamsveranderinge. Kies saam wie wil jy staan of word uitgeskei deur jou eie mense. Waag dit tog om ‘n FB status te plaas en jou eie opinie te lig, die mense wat kommentaar lewer is klokslag, elke keer dieselfde rympie oor en oor. Mouna hou op moun. Weet jy regtig waaroor dit gaan?  Het jy op hul webtuiste gaan oplees?  Natuurlik, hoe bekramp dink jy is ek?  Eintlik is jy die een wat geen idee het wat om jou aangaan nie. Durf ek verder  uitbrei en dinge by die naam begin noem, is ek die anti-chris!

Ek gaan vandag onderwerpe, gebeure, mense uitlig wat jou eintlik ‘n rat voor die oog draai, wat jou laat eenders dink, jou programmeer waarvolgens jy eintlik geprogrammeer wil word. Hate me or love me… jy is nie die een wat my gaan plaas in jou Pandora’s box nie!

Mouna se lys van anders wees:
1.  Gretha Wiid:  Not my cuppa tea, het al te veel huwelike gesien binne die eerste jaar wat die vrou seks weier. Eintlik moet almal maar tog net WWGD bandjies begin dra?
 2.  Angus Buchan:  Waar jy slegs God vind op ‘n plaas oor ‘n naweek, huil, bid en twee weke down the line, suip jy vir die eerste span, spyker like there is no tomorrow by die plaaslike hoerhuis en lieg deur jou tande.
3.  Naspers: Waar almal en als lieg vir mekaar in kleur, met prentjies en hul eie reekse en dit als vir = mammon (vir die leuke, jou Huisgenoot, Beeld en jou DSTV).
4.  Die wetgewing / reëls en ideologie waarin die Kerk hulself bevind vandag:  Lees jy mooi, nie die boodskap nie, mens gemaakte reëls en raamwerke wat as aanvaarbaar beskou word. Het God regtig gesê dis aanvaarbaar? Het God regtig gesê dis aanvaarbaar om jou kind so te tug dat die bloed loop? Het God regtig gesê dat die Pil verbode is, wat as ek endometriose so moet beheer? Moet ek net tot God bid en vra neem dit weg? Regtig?
5. Vakbonde: Want dis mos tog so lekker om jou raamwerk in ander sin af te wurg. Om chaos te veroorsaak, want net jy is reg.
6.  Pre en Post-Apartheid: Raai wat, dit gebeur nog elke dag, even die Barmhartige Samaritaan was ‘n tipiese voorbeeld van rassisme.
 7. Two- tone hemde, Hilux bakkies en John Deere Stickers:  Jy bly in die stad, jy Armani voor en Guess agter, BMW in style en gooi die Language, luister anything but sokkie, maar nou kom en staan jy  en try my oorreed jy is lief vir jou volk, jou mede Afrikaner (kry tog asseblief die regte beskrywing voor Piet Croucramp jou korrigeer), jy ondersteun die Bulle. Regtig? Het jy al ooit gehoor van Racheltjie de Beer, Die Westdene gebeure van 1985, kultivar, koffer, katel en ‘n moffie?
8.  Die van Jaarsveld’s: Skynheilig, almal weet dit, wil dit net  nie aanvaar nie en maak dan mooi stories op (Christelik soos altyd), om tog hulself te sis. Jy al regtig na die song Hande geluister…. Seks, seks, seks… maar nee wag dis mos sonde…maak  tog op jou mind.

Communism is a political way of thinking and an idea of how society should work and be organized. Communism is a kind of extreme socialism that says that there should not be social classes or states. Communism says that the people of any and every place in the world should all own the tools, factories, and farms that are used to produce goods and food. This social process is known as common ownership. In a communist society, there is no private property

’Necessity is blind until it becomes conscious. Freedom is the consciousness of necessity.’’
‘’For the bureaucrat, the world is a mere object to be manipulated by him.’’
‘’The history of all previous societies has been the history of class struggles.’’




Tuesday, October 8, 2013

Soeker

Die volgende geskrewe rig ek aan ‘n man wat ‘n verskil wou maak. ‘n Man wat  op grond van sy  seksualiteit en beroep, hoop dalk verloor het. ‘n Man wat met oop hande voor mans in togas, wit dasse moet staan, afwagtend die woordjie ‘JA’.

Levitikus 18, Levitikus 18 vers 22 om presies te wees, dis al wat ek die heeltyd voor my gesien het. Dit het gemaal en gefiltreer deur my kop. Hoe durf hy? Hoe durf hul dit toelaat? In daai oomblik van waansin en gemengde emosies, ek is mos nie ‘n fundamentalis nie, want as ek was, moes ek verder gelees het, my klere van die dag is nie gepas. Die rente by die bank is sonde, spek is sonde, ek as vrou is sonde. Die Here moet my net hier help, want dalk het ons dinge begin kristaliseer om ons en net aanvaar. Aanvaar die lewe blindelings, vergeet om ons naaste lief te hê net soos ons self?

Nou waar begin ‘n mens, seker by die begin. Herleef die geskiedenis en beantwoord op jou eie manier hoe jy wil optree en reageer teenoor ‘ n persoon met ‘n goeie hart, maar wat anders is as jy.

In ‘n Semistiese kultuur het die seining oor die huwelik en seks nogal verander a.g.v sosio-politieke omstandighede. In die Israeliete se reistog het hul te make gehad met Oosterse kulture wat elkeen op hul eie manier van verstaan oor seks en erotiek. Dus moes hul dit gaan staan en verstaan en deur te verstaan, verwys ek na wette en etiese gedrag. So gebeur dit toe dat huwelike in ‘n Semisitiese kultuur patrigaal was en dat die vrou as besitting vir die man was. Die hoof doel van die huwelik…kinders. Haar liggaam as besitting en eiendom tot sy beskikking en egbreuk was skenking tot sy eiedomsreg. Die rede vir die minderwaardigheid as vrou – die sondeval.

Nou verskyf ons na die Grieks –Romeinse samelewing. Fallus, simbool van mag, vrugbaarheid en voorspoed. Die Penis, die dominante, die houer van vernedering. Seksuele penetrasie, verkragting om ‘n ander te verneder veral na ‘n oorlog oorwinning. Harmodius en Aristogeiton, twee leiers  wat oorwinning bewys het in Athene, standbeelde na hul verrig, met die Penis omhoog, mag en oorwinning tot die orde van die dag.

Dan verder in daai tydvlak, was seks nie gesien as ‘n private, intieme daad nie, maar wat mens kon geniet in die geselskap van jou vriende, ongeag ouderdom of geslag. Die geslag van jou seksmaat was slegs ‘smaakvoorkeur’ en dit was belangriker om die penetreerder as die gepentreerde te wees.

Nou terug na die wetlike aspekte, waar seksuele dade tussen mans as teen die natuur beskou was, maar die Grieke onderskei hier tussen die aktiewe en passiewe persoon in die daad. Die passiewe een, laat hom dus verneder deur te daal tot die vrou se vlak en dis was nie nie aanvaar wetlik nie, dit was nie ‘normaal’.

Maar tog vergeet hul dat in daai tydperk, homoseksualtiteit tog aanvaarbaar was (nie biseksueel), want dit was deel van ‘n status qou. Jong seuns se passiewe rol in homoseksuele aktiwiteit is as deel van hulle opvoeding gesien. Pederastie, as voorbeeld, moes net nie die toekoms van jong seuns negatief beïnvloed nie en seuns moes op ’n punt hulle passiewe rol in homoseksuele aktiwiteit met ’n aktiewe rol vervang. Vir volwasse mans was manlikheid die norm, en passiwiteit in seksuele verhoudings onaanvaarbaar. Aangesien manlikheid die norm van hierdie samelewing was, was alle vroulike seksuele aktiwiteit wat nie in diens van die man gestaan het nie, onaanvaarbaar.

Daai man met die droom en visie, met ‘n mooi hart, word geoordeel op grond van hoe hy voel, wie hy is. Die geskiendenis, net dele daarvan wat ek uitgelig het, word nie aan elke jan trap en sy maat vertel nie. Gaan uit vandag, probeer daai man/vrou se hart sien, hou op skuil agter wat jy dink ‘reg’ is. Gaan vind jou eie vrede, voor jy die die balk gaan steek in iemand se oog. Waar jy net sommer blindelings die mans in togas glo. Dis daai einste wat hul vrouens verneuk. Daai einste mans wat hoog en laag sweer hul is soms die weg.

Ek haal ‘n gedig aan van van I.D. du Plessis
As ek my vreemde liefde bloot moes lê,
wat sou die vrome skenders van die skoonheid sê?
Sou hul, met heilige verontwaardiging,
besoedelende vingers God-waarts steek,
en na dié self-regverdigende reiniging
hul eer aan my kom wreek?
Of sou ʼn sprank van hierdie vuur wat in my gloei
ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
die liefde neem ʼn duisend vorme aan?


N.S.
Bronverwysings kan verkry word by die Universiteit van Pretoria (dink nie almal sou akademiese skrywe geniet nie), maar gesprekke met die man spreek meer as boeke, prentjies of ideale van die samelewing. #Liefjouneefster


Monday, October 7, 2013

Truth, dare or kissing

Sodra mens om ‘n braaivleis vuur staan, een of ander kerkfunskie bywoon, of die local Spur se uiering beeshaas afwurg, is daar mos altyd iets waaroor mens nie moet /mag praat nie.  Iets wat so stil as moontlik gehou word, want jy wil tog nie op tone trap nie. Trap jy op daai tone, dan is jy so verkeer en die res van die groepie korrek/volmaak/vol stront! Basta, vandag is my kans om net mooi te sê hoe ek dit sien, hetsy dit nou reg of verkeerd is, darem is ek nie skrikkerig/bang/skaap nie.

Let’s go! T&C apply, sou jy offended voel, bou ‘n bruggie (date ‘n siviele ingenieur (IR afkorting vir die wat nie geweet het/vergeet het), unfried my of los ‘n @@@ complaint op Hello Pietie.  Goed dan, waar sal ek begin…..

Soos my ma seker al 100 keer gesê het (Oprah ook…haha sal Mufas nou lag) los daai selfoon, jy bestuur… ok wag nou voor die boetebessie my fine (geldje vir jou… R50, buys you a garage pie and Coke wink wink) of iemand my registrasie vat, ek kyk waar ek bestuur (ek’t bloutand in my voertuig), wat ek wel doen soos die res van die gebruikers van die P91, is na so 30 minute van nêrens slowly gaan, so bietjie te Facebook, te tweet (nie twerking, fokus jy Miley) of koerant te lees…op my Crapberry… en sodra die taxi voor my beweeg, beweeg ek saam… sonder my Crapberry… Goed,  dan uit die weg, net vir ‘n hors d’oeuvre … Jy al darem weer die T&C gelees… dis ongeskrewe?

Ek weet nie eintlik hoekom die volgende as ‘n problem/verbode/krapperigheid sal maak nie, maar om bloed en/of organe te skenk is good…#Nocommentverderjyisnetbleddiedom

Alcohol, drugs and boeremusiek? Defnitief debatteerbaar, maar wag waarmee was ek nou besig...o ja, drugs, nee dankie is al wat ek sê, behalwe as ek in US Of A was en die dokter my stuur na die Drugstore (apteek  duh), maar nee dankie!  Ek sal nou weer een van daai wees wat verslaaf is na een happie ruimte koffie koekies. En dis my rede, I’m sticking to it.  Alkohol… wyn was volop in die Bybel, so why stories maak van dit? Tensy ek my vriendin respekteer, haar ondersteun en suurlemoen water geniet by die Dros.

Om EFF/Republicans of die Vroue Vereeniging op te bring pla my nie regtig nie, ek wil net resultate sien, nie beloftes of draagbare toilette nie. Acta non verba… Moet my nie forseer om smse aan te stuur of te toi-toi nie. Meeste van die wat dit doen, ken nie eers die regstelsel nie, gaan net rallies toe vir nog-‘n-hempie-in-die-kas of is afwesig van werk (dis mos heeltyd speeltyd). Dis mos tog so cool om deel te wees van iets, maar dis die  minderheid wat die werk doen, wat die verskil try maak…en dan word hul afgeskiet… Wham, bam, thank you ma’am -Etollie het toe  sy gattie gesien.

Dissipline! Naughty corner!  Die Paplepêl! Spare the child; spoil the rod (nie Splinter nie). Ja, dis nodig, want kyk die laaste maand is twee onderwysers either geskiet of met ‘n besem uit die klas gejaag (Youtube nou #harvardverwysings…not). Die jeug word net te groot voor hul tyd en het geen idee van ‘n tob, tolletjie brei of klei nie. Dis net seks/Ipads/emansipasie van hul ouers. En o ja, GTI in hul eerste jaar met so R12 000 se sakgeld.. WTF… tjankerig oor die GTI…sigh

Aborsie…Gay huwelike… Veggie people…  Kom ek wees diplomaties, antwoord dis circumstantial en sal sy eie blog inskrywing kry deur die loop van die jaar...TBC… (haha, dodge ek daai topics, sjoe phew!)

Die lys gaan aan, maar wil ek nou regtig worry as Hitler/Michael Jackson/Ghandi ‘n kans gekry het voor hul na die wagkamer/Purgatory (klink dodgy) beweeg het, of sommer direk hemel of hel toe? Ek krap my eie potjie, hul help my nie, so moet ek worry oor hul? Moet ek vir ure debatteer as boks nou regtig ‘n sport is of nie? Hoekom Zimbabwe se leier net nie tot rus kan kom of hoekom die Teletubbies accessories (handsakke/manbags) gedra het?

Die lewe het ‘n legio van geleenthede, plekke, mense en die onbekende. As jy nie die moeite gaan doen om die ekstra myl (1.60934km) te gaan,  jou Hindoe vriendin se Diwali lekker te try, meer te lees, meer sosiaal te verkeer, gaan jy vasgevang word en die jouself bevind by die #volstront groepie.


Wees anders, tog opreg! Deel jou hart, jou klere! Eet met jou hande.  Brag oor jou ABSA kaart, gebruik Dove en net eenkeer waag dit om jou eie opinie te lig, sleg of goed. Dis nie skool die nie, dis die lewe, Opinie dit ! 

Friday, October 4, 2013

Werfetter pappie

Germiston.  Brakpan. Danville. Noem dit wat jy wil, maar elkeen van ons het ‘n stukkie Botha, Die Antwoord of Vernon Koekemoer in ons.  Ja, even die tannie met haar pretentious haarkapsel, hofskoene en pêrels om die nek.  

So vanoggend, voor my op die P91, ‘n ou Toyota Corolla, groen, ‘’gepimp my ride’’ en so sticker wat lui… If you are not naked, don’t touch this car… seriously al betaal jy my en plaas my op Playboy se voorblad, nee dankie! So onthou ek toe mos ‘n e-pos wat so paar jaar  terug die rondtes gedoen.. (pun intended) het en besef ek dis eintlik die waarheid. WANT kyk, ek kan in meeste geval assosieer of net van my familielede uitlig… o krisis, hier kom ‘n oorlog, maar hey… ons is mos van K-Pax, ons tune karre  my bru.

Kom laat ons begin met dinge wat as ‘’Kommin’’ geklasssifiseer word… eintlik soek ek asb vir kersfees tannie Emsie se boek ‘’Goeie maniere en etiket’’ (Wink wink) na ek amper 100% ‘n werfetter verklaar is.  Die Huisgenoot. JA die liewe Huisgenoot… ek bevind myself omtrent elke week die tydskrif lees…en dan verder moet ek ‘n (Potch) confession maak… ek vul getrou die blokkiesraaisels in.. jy weet die met die prentjies van sportsterre, akteurs en politic.

Mr Price, my gunstelinge van alle winkels, ai as ek maar net geweet het, het ek dalk meer by YDE geshop. En dan het my liewe Pa, ‘n borrie geel Cortina gehad, eintlik was dit die coolste bakkie ooit gewees…behalwe as hy my by die skool gaan haal het. Ekt nou nie my eie winkeltrollie, maar weet van ‘n insident op die plot…Arwyp was betrokke en die eindresultaat…’n gebreekte arm!!!

Tennisballe, kriekteballe… snoekerballe as jy wil… as jy wil… en krale wat oor die hele Middies se dansvloer lê. Poena ou Poena, ja verseker ken ek die lirieke van ou Robbie Wessels en ek (nes jy) sing op ‘n gereelde basis saam. Chantel, dis my naam, dis darem nou een plek wat ek nie kommin is nie, want kyk ‘n kombinassie van Dirk en Rietjie,  maak mos Drietjie… S.O.S.  Die Sprite karavaan, waar die vispap resep veilig bewaar word, was deel van ons jaarlikse kerkkampe, waar glase so banaal was dat blikkies en bottels Bernini sommer  so gedrink word, wie wil nou skottelgoed was…op vakansie?

Ek sal kaalvoet oor die berge vir ‘n bietjie hoop…daar het jul dit..even Karlien is kommin, sy sal nou mos nie sing… Ek sal kaalvoet loop in die Checkers… tra la la la la!!! Merm… wat nou mos eintlik ‘n mullet en ‘n perm is, word gereeld gesien, maar deesdae in Potch… so Mohawk met so stertjie (mullet)… ag nee man… jy moet mos liewers jou swart bra (pers, dit was pers)  aantrek saam jou wit T-Hemp… jy weet mos nooit wanneer jy in ‘n movie gaan wees en daar ‘n wet t-shirt kompetisie is nie… wel daai een aand in dog dish (brakpan). %%$$#%$

Jong, eintlik is ek ‘n snob, woon kunsuitstallings by, teater produksies, bestel Durbanville Hills by Ocean basket en Aldo is deesdae my gunsteling… ok ok, ekt probeer. Soos hul sê… jy kan die mens uit die Park haal, maar nie Park uit die mens?

K-Pax… waar jy kaalvoet in die Spar kan loop, strawberries &cream aerosol agter jou ore kan spuit. Waar dit ok is om jou brannas vir jou cherrie te gee voor jy ‘n hand brake turn doen en waar die tannie haar al te lekker skuur aan die oomie, terwyl haar man 50m weg staan by die bar…. Lank lewe die werfetter!!
                

Tuesday, October 1, 2013

‘’Y’ers’’


Sou nou die dag bekyk ek die na mensdom. Dom, @## dom, maar jy vra my mos nie, so ek is ook nou nie regtig suppose om te sê nie, maar hey ek het, get over it ok!!!! Goeie genade maar is ons nie effens negatief nie?… dalk is dit deel van my verhaal…sit terug, sluk ‘n Nuzak en kou daai naels.

Generasie Y het sy verskyning gemaak in die Millenium (ok volgens Wikipedia (wat kamstig nie ‘n goeie bron is nie) van die jaar 1980 tot vroeë 2000’s), waar die geboortesyfer die hoogte in geskiet het sedert die hippies. Nou kyk die’ Y'ers’, verstaan meestal tegnologie, internet (redtube) en dat online shopping beter is as om kaalvoet in die Checkers rond te loop. Verder toon die ‘Y'ers’meer neigings om self gesentreerd te wees… narsisties vir die wat fancy wil wees. Hul sal ook meer geld verdien as die wat hul opvolg, X, hul sal wêreld vrede wil beklink en net als mooi groen wil hê.

Verder skuif hul meer gereeld na groener weiveld, werk gewys dit is, hul is team players (sommiges wel net players met hul wit pointers) en hul neig om beter baanbrekers te wees soos die ou Zuckerberg. Goed en wel, vooruitgaan is goed en great, MAAR, daar is altyd ‘n MAAR.

Die’ Y'ers’ word ook geklassifiseer as die Peter Pan generasie…. ROOI LIGTE…ekt een van hul gedate…o genade… why besef ek nou eers die?  Die deel van die mensdom wil nie groot word nie, hul wil laat mammie hul klere was, kos kook, stryk en even hul boude afvee. Ja, jy het korrek gelees, hul bly langer as die gewone nog in die ouerhuis. Hul sien hulself eers as “volwasse’’ wanneer hul finansieel als op eenslag kan doen i.p.v die lewe aangryp soos dit kom. Hul sukkel om ‘n verhouding aan te knoop en dan om verder die besluit te maak om te trou. Jy sien, mamma vee boude af, mos tog so lekker.

Dan verder bevind die ‘Y'ers’ hul besluitloos en klakkeloos as dit by geloof kom, of rammel net ‘n gebedjie af voor ‘n maaltyd. Net om tog te wys hul is skape en volg als blindelings.  Verder bevind hul in ‘n wêreld waar hul nie weet wie of wat hul moet wees nie, moet hul dubstep of windsurf? Braai of sushi? Hul sukkel om sonder die hulp van hul slimfone kontak te maak en as daar kontak is, moet die slimfoon saam vry of eers Google voor iets plaasvind.


Elke generasie het sy goed en sleg. Maar besluit wie en wat jy wil wees, waarheen jy oppad is en hoe jy daar gaan kom. Hou op om unreal te wees in ‘n wêreld wat verby jou gaan. Hou op om Eksterne lokusse van beheer altyd die skuld te gee. Hou op om Binnelanders te kyk en almal om jou te dwing en rond te stuur. Staan op vir wat jy in glo! Veg vir wat jy in Glo! Wees lief vir jou Interne Lokus van beheer. Gee die plaaslike supermark ‘n kans deur daar jou koerant te gaan koop. En hê lief sonder voorbehoud!