Tuesday, October 29, 2013

Common Mounster Sense 101

Common sense; dalk meer werd as die duurste Roll-On, want kyk die wat dit die nodigste het, weier volstrek!  Tannie Emsie het reëls,  Nataniël ook en versteekseker so ook die adellikes.  Nie almal hou daarvan om op te tree Botha & Cornea nie, maar (on)bewustelike is hul tog effe zef/radioraps/Flooze. Dis die tyd van die jaar waar partytjies gehou word, troues duur nog voort en met Kersfees om die draai, het ek besluit ek moet jul effe opvoed, effens want sommiges van julle het na afrondingskole toe gegaan, nes ek en behoort dié as alledaags te beskou.

Vandag gaan die Mounster haar reëls/maniere deel [©], wel meeste behoort jul te ken, maar wie weet, dalk het jy te veel Cornea in jou en dis dalk ‘n eerste vir jou. Maak notas, steek jou hand op indien jy enige antwoorde kort (duh, dis eintlik voor die handliggend), maar asseblief tog for the love of humanity, begin optree soos jy behoort.

Etenstafel (nie voor die TV) maniere by ‘n troue/eindjaarfunksie/kersete:  Stel jou altyd voor aan almal om die tafel, praat (in die korrekte volume) met die aan jou linker/regterkant en direk voor jou. Sit regop met jou voete plat op die grond, nie kruisbene, een been op stoel of wydsbeen (#Wanda) nie. Die maaltyd begin wanneer die gasheer/vrou die servet oopmaak en op die skoot plaas, doen jy nou dieselfde en wag. Jy begin te eet, sodra die gasheer/vrou begin, maar (fokus jy) as die kos apart ingebring word, wag jy, jy wag tot almal gekry het of dat die gasheer/vrou aandring om te begin eet.  Jy weet van binne na buite (i.t.v. die eetgerei, maar onthou links is vir vaste kos en regs vir sopppe).  Elmboë is net op die tafel, na die ete, geen kos meer oor in die bord en jou arms is nie daar om jou kop te ondersteun nie.  Sou jy besluit het om wel die tafel te verlaat gedurende die maaltyd, vra omverskoning, nie met ‘n geskree, verlaat die tafel stiptelik en sonder ‘n rumoer. 

Aangesien ons mos onsself bevind in ‘n wêreld waar sosiale media/telefone/tweets ons lewe oorheers (not) moet ons kyk hoe ons die maniere hanteer. Kom die Mounster noem dit… Beantwoord/reply/korrespondensie  maniere : ‘n Sms behoort nie meer as 3 sinne te wees nie, hou dit kort en krag, ek glo mos nog altyd, as iemand regtig van jou hou, sal hul dit in persoon vir jou sê. Dus, bedank hom/haar vir die ete, moet nou nie staan en sê jy sal hom/haar weer wil sien as dit nie so is nie, groet en laat dit oor aan die noodlot. RSVP is en sal nog altyd ordentlik bly, so as die organiseerder van ‘n funskie vra om te antwoord voor of op ‘n datum, dan doen jy dit…F##!!! Aanvaarbaarde spelreëls, leestekens en soos die AWS dit sal goedkeur. K dink di ergste is om trug te kuur na die lant van k…ag nee hel, ek sukkel om nou nog na al die jare van die foon, soos die meeste te tik/praat/spel. Ek skaam my vir die jeug, veral toe ek vraestelle gemerk het. Kry jou tydsberekening reg, jy stuur nie in jou slaap/aan tafel/in ‘n vergadering/in die gym/die kerk  boodskappe of update jou status nie.  

Nee maniere: Dis regtig okay om nee te sê as jou vriende na pepperduur (Sandton) restaurante wil gaan vir ete, jy net ‘n slaaitjie bestel en nou verwag hul dat die rekeninge gedeel moet word. Ek’s jammer, maar ek gaan nie jou bloukaas/vrot voete beeshaas met groen takke en sade ook nog onder my begroting per maand sit nie. Jy eet, jy betaal. Dis aanvaarbaar om nee te sê vir ‘n vriend/in wat als wil doen oor ‘n naweek by hul as jy ook ander vriende het in die dorp. Jy het ver gery, jy kan kuier/koffie saam wie jy wil sonder hul ook. Dis goeie maniere (Mounster approved) om nee dankie te sê vir ‘n shooter wat jou sooibrand gee vir 3dae, daai shootertjie gaan  jou nie cool/cooler of meer awesome maak nie. Jy is soos jy is en hoe jy is sonder ‘n bleddie Hot Shots shooter!!!

Common sense (alledaagse) maniere: Asseblief en dankie bly ‘n wenner. Jy oefen nie sonder ‘n handdoek nie, jy speel nie met jou foon by die gym nie, jy loop nie net in en uit by die aktiewe maagd om punte te kry nie, jy oefen dat die make-up en lipstiffie daar trek. As jy in  ‘n ry staan,  jou plek verlaat, dan raai wat, het jy jou plek verloor, so what, staan weer agter, jy wou mos nie klaar shop nie. Jy staan nie in die middel/voor die deur  van ‘n hysbak nie,  jy irriteer die mense wat wil uit kom. Jy gebruik jou rigting aanwysers, nie ‘n sekonde voor jy wil draai nie. Jy bestuur nie sonder ‘n lisensie nie, dis net kommin en jy breek die land se padreëls. Verder spuit jy ook nie jou Fire & Ice by jou lessenaar nie, ander mense wil nie soos jy ruik/proe nie.

En ten laaste, moet ons tog net die Hofmakery maniere onder die knieg kry (haha, belt): Jy laat toe dat niemand vir jou wag nie, tyd is kosbaar. Jy is vriendelik, hoflik en opreg tydens ‘n afspraak. Jy bied aan om die rekening te betaal, so leer jy die ander persoon se manier van dink agterkom en weet as hy/sy ‘n cheapskate is. Jy hou nie hande vas vir lang periodes in die kersseisoen nie, dis nou in die mall vir die madampie wat haar hand op gesteek het, daar is mense wat wil shop en klaar kry, sonder om deur jul te skuur. Jy vry nie in die publiek nie, ag please, jou spoeg, sy spoeg…eeuh…nie eers in Boksburg nie. Jy sit nie op haar/sy skoot by familie funskies nie, jy is tog immers nie meer ‘n kind nie (of is jy?). Jul het elkeen  aparte Facebook profiele, weereens jy is jy, hy/sy is hy/sy, as jy wil skelm wees, dan sal ek solank die voordeur oopmaak dat jy jou pie (cherrie) kan vat en waai.  Jy speel nie games nie, dis die lewe die, nie 30seconds nie, Ja of Nee, is basiese beginsels komaan??

Wees vriendelik ten spyte van jou omstandighede en onthou…“Call a jack a jack. Call a spade a spade. But always call a whore a lady. Their lives are hard enough, and it never hurts to be polite.”