Wednesday, August 28, 2013

Die Aktiewe MAAGD

Nou  dat ek jou aandag het met die titel, hoop ek jy gee aandag aan die res van die gebeure. Want sien, die algemene individue wat na die gimnasium gaan bied ure se vermaak. Daai tannie op die fietsie met die Huisgenoot in die een hand en Coke light in die ander. Die oomie op die ander fietsie wat ‘n plumber a go kan gee met sy PT broekie en the return of the crack…


Nou kyk, ‘n gimnasium is daar om te oefen. Om gesond te bly. Om spiere te ontwikkel (sonder enige perdmiddel). Voel goed meganisme. Dis die jaar 2013 en dis deesdae meer van ‘n mode gier as oefen plek. So sit terug en kyk as jy jouself hier kan raak sien.

Ek is aangesluit by ‘n luukse maagd nogal, fancy met houtvloere en ‘n gesondheids eetplek. Als is so earthy as mens dit so kan noem.  Fake en plastic ook. Want kyk, my Mr Price hempie en stukkend ski-pant maak net net die cut of nee wag, ek bluff myself eintlik hier. Dis net Adidas voor en Nike agter met ‘n Reebok aan die kant. By my aankoms is daar daagliks so dame(kom ons noem haar dit, voor ek briewe van die Human Rights Commission kry) wat colour code soos nog nooit van te vore. Pienk tekkies, pienk broekie… jy kry die prentjie. En natuurlik aan haar sy (of wag eerder aan die man se sy, wat nou sy sal wees) die GROOTste skip-a-leg-dag man. Dis net are op die arm, tattoos van Parow se space case en help-my-sterk-lyk-want-ek-is-eintlik-useless hempies.

So  bevind ek myself dan oppad af na die kleedkamers.  Hieroor wil ek nie eintlik praat…want naar en braak en vomit en kots kom te sprake in my brein. Trek aan en kry klaar. Los die Dawn by die huis. Jou vetrolle wil nie gesien word deur die res van die nasie nie… so ook nie jou Afrika agter stewels nie…#naarpilleasseblief

Na die sessie in die kleedkamers beweeg ons in die area waar die meeste mans hulself bevind, want die tannies wat die super circuit doen irri die lewe uit my uit… Hul “DINK” hul oefen, want sien as jy nie sweet nie, oefen jy nie. As jy nie wil uitpass nie, oefen jy nie. As jy daai fietsie trap en eers volgende week by die see uitkom, oefen jy nie. As jou make up nog mooier is as te vore het jy nie geoefen nie. En laastens as jou Blackberry/Ipad/Iphone of Telkom lyn aan jou hand gegom is… OEFEN JY NIE…damit luister tog net.

Terug by die area waar die meeste mans hulself bevind, hier oefen net ‘n handjie vol, want die res staar na die spieëls en doen ‘n popeye stund. Die meeste is mos eintlik Hingse, want Deca was geeët (spuit) voor die sessie en Winstrol word geniet as pudding. Nee kêrels nee… jou toti gaan nie krimp nie…just to get the facts straight, maar jou ego gaan almal om jou afwater. Of die knape wat try..let wel op try… om die dames in die plek te impress, tel die weight op, moun erger as die mounster en gooi die ding neer dat dit daar trek…not cool/sexy of even oefening.

Die aktiewe maagd is ‘n snaakse plek eintlik. Ander geniet die planeet en sommiges die plaaslike dorp sin. Maar wat ookal jou intensies is, doen dinge net reg! Betaal daai PT as jy sukkel, maar moet asseblief tog nie try planking of burpees as jy nie eers jou sportbra aan het nie…. Not a pretty side…  

Tuesday, August 20, 2013

Twin flames...only time will tell

Het jy al gevoel gekry, ‘n gevoel van belonging, togetherness, total completeness en ‘n feeling wat jy nie kan beskryf nie? Jy ‘n persoon sien, verby hul stap vir maande lank en dan op eendag daai siel connect deur ‘n kyk.  Maar wat dit nie idillies maak soos in die movies nie, is jou tyd, jou plek en jou keuses.

So laasjaar bevind ek myself by ‘n braai. Die Springbokke het nog gespeel teen NZ, ou vriende het gekuier, brannas het gevloei en die geblêr van lekker sokkie treffers was in die agtergrond. Ek het getry Guitar hero, getry, geslaag en dis ook maar dit… note to self lesse voor jy 30 is… Ok terug by die gaste, daar daag toe ‘n paartjie op, verlief en verlore (sy was swanger met sy kind, die ander 2 was nie syne nie)… ja ek moes daai useless stukkie deel, dis deel van die keuses. ..fokus jy…nee jy doen nie.

Die girl begin toe vertel hoe smoorverlief en in die hemel sy is en begin haar storie vertel. Ok, soos gewoonlik het ek weereens vir so split sekonde geglo en toe soos ja sure, as spekskiet ‘n kuns was, was jy Picasso. Damit moet my nie aanjaag nie, ek sal nou tot die punt kom.  Sy begin toe vertel dat hy haar twin soul/twin flame is. En soos ek maar is, snaakse oogrol tegnieke wat oor my gesiggie plaasvind en ek luister verder. Sy verduidelik dat sy al getroud was, kinders het maar nooit  haar liefde van haar lewe gevind het nie. Tot onlangs (6maande van te vore…hopitoti ,looinplooi haha…gesensor skies aan die konserwatiewe lesers). En syt aangegaan oor die twin soul/flame storie en eks soos, ja troos jouself met jou redenasie kom ons drink maar verder….

So dog ek toe dis die einde van daai topic, want sien ek glo nie eintlik (weet nie eintlik van die spiritual wêreld nie, maar ek glo daar is meer as wat ons weet) in dinge wat ek nie geleer is nie. Maar soos gewoonlik is Google my beste este en ek begin ‘n soektog. Aan al die leuke daar buite:  Basies is dit iemand soos jy, jou ander helfte, jou siel. Jul is bedoel vir mekaar en as jul mekaar vind in die leeftyd is jy die gelukkigste prinsessie ooit.

Hier is ‘n paar tekens wat jy sal weet hy/sy is joune en dat jul vir ewig gaan wees.. (AS DIT SO MAKLIK WAS)… ek gaan nou effens my eie rëels breek en Ingels hier plaas, why want ek kan.
A sense of completion that goes beyond words, it’s impossible to explain why or how you feel so whole once you’ve met this person.
You find that your skills and knowledge perfectly complement one another.
A feeling you intimately know every detail about this person but you want to hear all about them.
The power to touch the other and affect a response at any time without physical contact from any distance.
The ability to feel each other’s emotions, whether they be happy or sad ones, from any distances.
You may find yourselves completing each other’s sentences, sometimes even before you have the chance to begin them.
You are stunned, sometimes blown away by their sheer presence that seems to constantly surround you.
The individual twins become more as one, without losing their unique identities.
There is a strong sense you will be together for all eternity… even when you pass on in this life.
Your conversations seem to go on forever.  There is nothing you won’t discuss with your twin flame.
You will recognize you two are truly meant for one another.  You will know you are one with everything in the universe and beyond.
However, if one half of the twin is not ready to access the relationship, or has been traumatized in some way, the other half senses that and may either demonstrate an unusual sense of sensitivity or protectiveness over that person.
There is a very sacred sense of  intimacy and feeling of divinely inspired wholeness that one finds within a twin soul relationship. It is not by accident nor is it without purpose.

Nou kyk, toe ek dit eers lees toe is ek soos mmm, ja sure, whatever. En begin vra vrae, hoekom is myne dan nêrens te vinde nie. Dan kom dit uit by die tyd, plek en keuses.  Want sien almal het nou glo bleikbaar daai twin flame, maar so het die Goeie Vader ons gelos met vrye wil. En so kom ek af op ‘n artikel wat verklaar dat jou twin flame getroud mag wees.  Verskeie redes mag tot volg hê, van familie wat verwagtinge skep, kinders uit hormone wat ontplof het (skies konserwatiewe tantes).

Mens kan dan verder argumenteer en vra sal hul jou sien, sal hul gelukkig wees waar hul hulself nou bevind. Maar this is not up to me. Ek weet myne is daar buite, hy is nader as wat ek dink. Ek het hom al gemeet .

Ja, dalk mag al die bogstories wees, dalk wêrelde wat ek nie verstaan nie, maar ek glo in die Liefde. Ek glo dat my sielsgenoot van die eienskappe het, ek glo ook ekt hom alreeds ontmoet, sy aanraking het ek alreeds gevoel.

Ek glo! Maar tot dan… Diep in die donker nag, daar waar die stilte vir ons altwee wag. Waar jy onskuldig en so veilig jou hart vir my verduidelik,  dis waar ek vir jou sal wag. Ek wil jou hande voel, jy weet my lyf is net vir jou bedoel. Dis meer as woorde wat ek vra, soos wat jou hart met myne praat, dis intiem en ‘n sielsgevoel. Ek sal kaalvoet loop oor die berge vir ‘n bietjie hoop, ek sal doen wat jy wil hê, solank jy dit net sê met jou hande sê.... 









Monday, August 19, 2013

Oopmond Soene

So eindig ek op om die naweek ‘n Afrikaanse film te gaan kyk genaamd Jimmy in Pienk, was nogal funny en oulik en toe tog ek maar dis tyd om terug te keer na die oopmond soen. Want kyk, dit voel Suid-Afrika raak koud, kouer as ‘n ysige Castle. Die dae van die soengroet is vergete en die manly, sterk ferm handskud is besig om vervang te word deur BBM, Whatsapp en conference calls.

Nou kyk, ek’t altyd die soengroet by familie byeenkomste soort van vermy of dit sou gou as moontlik verby gekry. So soen, soen ,soen soos  om in ‘n Chinese sweetshop te werk: in uit in uit. Want daar was nou maar oomies wat sulke nat, spatterige soene kon gee of tannies wat so ek-wil-nou-eintlik-jou-soen-so kom-en kry-klaar soene gegee het.

Die soen kom al jare saam die mensdom . So kom ons kyk nie die SOEN. Die soen verskil van land tot land en het sekere kulturele betekenisse of is net plain blerrie lekker. Soos ek tans deur Google gaan begin ek effens stuk stuk te braak in my mond…so kom ek deel die useless tog informatiewe  info. Daar word geglo dis instinktief en op impulsief en dat die ware doel was om kos van die mamma tot die baba se mond oor gedra. #regtigjuk!??? En lyk my ou Dawie die Kabouter was toe glad nie verkeerd met sy neusgroet metode nie, die was immers gekenmerk as die eerste vorm van soen.  Maar toe moes iemand dit bevraagteken, wegruk en besef om op die mond te soen was meer plesierig (My geld sou op die Afrikaners gewees het, maar toe was ons mos eintlik nog op Kontinent Europa).  Toe na die gebeure begin die Romeine vatterig raak en betasting was die orde van die dag. Oe la la… betasting.. sien daai Romeine was nou vir jou kinky hoor… dink ek beskou myself ook as ‘n Romein nou. #enoughsaid.

Dan is daar nou vir jou ‘n klomp hooligans wat die soen verban of dit vuil vind #skaamjulle.  Sommige lande glo die mond is deel van die siel en met ‘n soen nooi jy die dood. Ag please cry me a river… ja ‘n soen connect met jou siel, maar dis lekker, fantasties en laat die tone krul. Vir wat wil jy dit nou staan en konnekteer (lekker Anglisme hier van my) aan die dood?

En dan natuurlik mag die soen ‘n betekenis  gee soos  respek toon, vriende groet of om iemand te verraai (Judas… as jy maar net geweet het jou soen het eintlik die wêreld gered). Verder word daar deesdae airkisses gegee, so fake as jy my vra, maar jy vra my nou nie. Dis vir my jy wil iemand soen, maar jy is net te flippen dom of useless of die mond raak te sien. Die lug om die wange is so banaal en overrated.

Dan natuurlik word soene met intieme, passievolle en R18SNLV gebind. Die verbode. Die ongesproke. Die sleutel tot die groot O… Wil soms net so graag skree dat vele, nogal baie vroue daar buite moet oorgee, ontspan en Die Soen embrace, fantaseer en herhaaldelik laat gebeur. En nee 50 Shades is nie die antwoord nie. Dis dom, useless en die dialoog kan beter oorvertel word deur ‘n graad eentjie. Jy het al die tools tot jou beskikking, gebruik dit en hou op verskonings uitdink.

Net so bietjie biologiese inligting, wat eintlik belangrik is… Wanneer jy iemand soen word ‘n groot deel van die brein aktief (vir sommiges is dit dalk die enigste keer), jou stresvlakke verlaag. Die lysie gaan aan… jy weet dis waar.

So gaan uit vandag, approach daai hot hunk en gee daai oopmond soen.  Oopmond (met of sonder effens tong), die lewe is te kort om te worry of moet ek of moet ek nie… #nocomment.






Monday, August 5, 2013

Potchefstroom...Those where the days!

Ekt die naweek bietjie nostalgies geraak (huilerige/tjankerige en net sommer laf) oor my Puk dae en die mense wat ek in my lewe daar ontmoet het. Het sommiges gebel en gelag oor die ou dae en vir die ander geheimsinnige boodskappe gelos. So kom ons doen ‘n trip down memory lane.

So 17 Januarie 2004, staan ek met my Wanda hoedjie en Wanda broekie en withempie (Wanda hempie moet verdien word) voor die HK. Dis net Ja juffrou, goed juffrou, noem dit en ek doen dit juffrou,. Effens bang..ok dalk baie, maar kans gesien vir die avontuur vorentoe. Om ‘n door te gewees het was die beste tyd van my eerste jaar, want al die aandag was op jou. Jy't in netjiese rye gestappe, Teelkas (skies Kasteel) langs jou elke oggend gegroet en wanneer jy by die duikweg gekom het met die domste liefdesliefdjie aan Heimat (Sleep vir die jaar) begin sing….as ek deur die duikweg stap ,stap hy verby…het hy nog vir VMN lief… so iets…jy ken die song sing nou verder.

Dom weermag tipe songs word in die rytjies gesing, maar dit was fun. Want sien terwyl jy so gestaan het of gesit of gehardloop het in die rëen, het jy die hot dude van Patria uitgekyk (ok nou nie hot in hul PT broeke, wit hemde en kaalkoppe nie) maar hot jare later.

Aksies was in die aande gehou en ek dink my favourite een was met Heimat, ja dit was. Villagers was gesuip soos altyd, Overs wou nie dans en Veritas was just too hot to touch this. As ek nou daar aan dink was dit fun, elke aand ander aktiwiteite, laat in die bed, vroeg op en die roetine het herhaal. Als was heerlik van O&B behalwe die Voorhuis se vis met pienksous. Bleh.

Klas het begin en interaksies met ander het begin. Prettig heel prettig. Daar het ek die beste vriende van my lewe gemaak. Veral in Ratau. Ek was meer in daai koshuis as my eie en kan ek stories vertel… Van onderbroeke to Salamanders. Die beste was as ek kon slaap op ou Boesman se bedjie (na ‘n Middies partytjie) en hy my notes vir die honderste maal copy. Boesie ou Boesie, ek mis jou onsettend baie. En vir jou Friswil as jy dit lees. Ek onthou ons wyn aksie een aand op die balkon by Kom en Gaan, ure nonsense gepraat en droom oor die lewe.

Tomes en die blou Porche. DC. Die Lions…regtig baas? Regtig? #daargaanonsnie. Ekstra lesse saam die boys om hul ekonomie te leer, terwyl ek die enigste een is met ‘n her #epicfail.  Die POK swembad waar ek en Smurf gereeld masjien gaan kyk het, Hombré masjiene. Ons rede was…ons gaan tan.

Die kamer op die tweede vloer in Bianca, waar ou Cassie rond  gehol het en een of ander verjaarsdag geskenk nooit gegroei het tot sy volle potensiaal nie. Waar ons lepel gelê en elke Saterdag aand gespot het oor eTV. O ja en waar ek vele male die koppies moes was, want die plantjies wou son kry.

Weskampus waar Frikkie ons beste vriend/chef was. Waar ons nooit ooit ooit praat oor Marli se toilet of die woord speedcop ipv spietkop. Waar ons  altyd in Lena se kamer wyn gemors het, al het ons nie eers gedrink nie. Waar ons Aardklop kamers gedeel het en beste vriende geword het, tulips of te not. Waar ek altyd maar altyd aangejaag het vir ‘n ouma-se-oorbelle-kuier aand in Middies.

Middies, waar ek net kon mingle, verdwyn en R3.50 betaal vir ‘n Vodka-lime en water. Waar die badkamer ry stories kan vertel wat niemand wil oor hê nie en waar ‘n ou Soetdoring man ‘n soentjie af en toe gekry het van die mounster. 

Die PUK was die beste tyd van my lewe. As ek môre als kan oordoen sal ek verseker. Minder SS, die Draak 6 dae per week, kaal swem in die Calvyn (die babers eeuhhhh), meer klas bunk (ok net van Rensburg se klasse) en harder praat by my kêrel… ou Ferdi.. .Ferdinand Postma.
Heil Puk! Heil Puk! Puk, waar ons graadkry vol stories en vriende klaarkry!


Elegie aan my toekomstige kind

My liefste kind, ek weet jy speel nog saam die ander apies in die wildtuin, maar mamma gaan vanaand vir jou bietjie vertel oor die lewe en beloftes aan jou  maak . So speel nog lekker saam jou maatjies en wanneer jy reg is om na mamma toe te kom, sal mamma en jou (toekomstige) pappa jou met ope arms ontvang.

Voor ek begin, ek dink jy moet net weet daar is reëls in ons huis. Dis eintlik baie maklik, so bly daar by of dra die gevolge. Ok ok, mamma is soms bietjie sarkasties…maar so leer mens iemand ken. Ok alle grappies op jou apie stokkie, hier volg die reëls:  In hierdie huis is ons uniek, ons maak foute en ons sê ons is jammer. Ons gee tweede kanse, ons hou ons beloftes en ons gee drukkies. Ons vergewe , ons lag baie, ons is geduldig met mekaar en ons is LIEF vir mekaar. 

Sien dis mos nou glad nie moeilik nie! Ander mammas sou sê in hierdie huis koop ons playstations, gee ons lekkers 3 keer per dag en tel ons die klere agter jou op. Skiesie my kind, die lewe is net nie so maklik nie. Inteendeel, als wat mamma en pappa vir jou doen en leer kom uit liefde en is net vir jou beste behae.

Mamma sal sodra jy verstaan, al van kindsbeen af, jou van Liewe Jesus vertel en jou Sy liefde wys. Want sien, ek kan jou van dit vertel , maar as jy dit nie sien nie, hoe gaan jy my glo? Ek sal jou leer tel en skryf en daar sal toegang  wees tot boeke. Kennis en wysheid sal nooit van jou ontneem of weggeneem word nie.  Daar sal speelgoed wees, waarmee jy kan speel, jou verbeelding laat gaan en buite in die tuin baljaar. Want sien, dis hier waar jy vermoë ontwikkel om dalk die beste kunstenaar ooit te word of die beste Springbok rugbyspeler.

Kindjie, baie mammas sal jou eerder voor die televisie plaas, net sodat jy moet ‘shut up’ en hul uitlos in vrede, maar dis hier waar jy  ontneem word van motoristiese ontwikkeling, sosialisering en te leer om te deel. Moet my asb nie verkeerd verstaan nie, jy sal wel weet van die Teletubbies en liewe Heksie, maar dit kom op sy tyd.

Reg en verkeerd sal aan jou verduidelik word, want sien jy stap jou pad alleen, ons kan dit nie vir jou doen nie.Daar gaan tye wees van hartseer, kwaad en spyt, maar die goeie oorheers altyd. Jy sal weet waar om te gaan en hoe om daar uit te kom. Onthou net jou drie sleutels: Geloof, Hoop en Liefde.
Verder sal ons jou plaas in die beste skool, wat jou die beste geleenthede kan bied. Waar jy maats kan maak (wat jy alreeds eintlik van die wildtuin af het, onthou jyJ). Want sien, vriende maak die lewe net nog soeter.

Verder sal mamma en pappa liefde teenoor jou wys en toon. In die sin van hoe ‘n man en vrou teenoor mekaar moet optree. Drukkies en soentjies sal gedeel word.  Etes  word gedoen rondom ‘ n tafel, maak nie saak wat nie, waar pappa as die hoof sal sit en sy gesin beskerm. Waar ons praat met mekaar oor alles en enige iets, raad vra, tug en lesse leer. Waar ons altyd eerlik sal wees, respekvol en diensbaar.

Mamma sal jou wys hoe om jou bedjie op te maak, kamer op te ruim en die skottelgoed te was. Want sien my liewe kindjie, deur die takies te doen, berei dit jou voor vir jou werksplek eendag. Verder sal ons jou leer hoe om geldjies te spaar, te gebruik en mooi te beplan vir die toekoms. Want sien, dit is baie lekker om die mooiste pop, grootste fiets of duurste rekenaar te hê, maar as mens nie verstaan hoe om te waardeer of te prioritiseer nie, is jy eintlik maar slegter af.

Mamma sal seker maak daar is altyd kossies in jou maag, nagereg op die regte geleenthede. Dat jy veilig voel in die huis, dat daar altyd musiek blêr in die agtergrond. Want dis tog so vrolik om ‘n kitaar se geluid te hoor, dromme wat ritmies klop en stemme wat sing. En as niemand kyk, sal ons skelm dans, lag en net laf wees.

Ek en pappa het jou lief, ontsettend baie! Al is jy net nog ‘n droom, weet ek dat op die regte tyd, Kairos, jy jou verskyning sal maak.  En tot dan, sal ek bly wag vir jou regte egte pappa.

Al my liefde, mamma Mounster