Die volgende geskrewe rig ek aan ‘n
man wat ‘n verskil wou maak. ‘n Man wat
op grond van sy seksualiteit en
beroep, hoop dalk verloor het. ‘n Man wat met oop hande voor mans in togas, wit
dasse moet staan, afwagtend die woordjie ‘JA’.
Levitikus 18, Levitikus 18 vers
22 om presies te wees, dis al wat ek die heeltyd voor my gesien het. Dit het
gemaal en gefiltreer deur my kop. Hoe durf hy? Hoe durf hul dit toelaat? In daai
oomblik van waansin en gemengde emosies, ek is mos nie ‘n fundamentalis nie,
want as ek was, moes ek verder gelees het, my klere van die dag is nie gepas.
Die rente by die bank is sonde, spek is sonde, ek as vrou is sonde. Die Here
moet my net hier help, want dalk het ons dinge begin kristaliseer om ons en net
aanvaar. Aanvaar die lewe blindelings, vergeet om ons naaste lief te hê net
soos ons self?
Nou waar begin ‘n mens, seker by
die begin. Herleef die geskiedenis en beantwoord op jou eie manier hoe jy wil
optree en reageer teenoor ‘ n persoon met ‘n goeie hart, maar wat anders is as
jy.
In ‘n Semistiese kultuur het die seining
oor die huwelik en seks nogal verander a.g.v sosio-politieke omstandighede. In die
Israeliete se reistog het hul te make gehad met Oosterse kulture wat elkeen op
hul eie manier van verstaan oor seks en erotiek. Dus moes hul dit gaan staan en
verstaan en deur te verstaan, verwys ek na wette en etiese gedrag. So gebeur
dit toe dat huwelike in ‘n Semisitiese kultuur patrigaal was en dat die vrou as
besitting vir die man was. Die hoof doel van die huwelik…kinders. Haar liggaam
as besitting en eiendom tot sy beskikking en egbreuk was skenking tot sy
eiedomsreg. Die rede vir die minderwaardigheid as vrou – die sondeval.
Nou verskyf ons na die Grieks –Romeinse
samelewing. Fallus, simbool van mag, vrugbaarheid en voorspoed. Die Penis, die
dominante, die houer van vernedering. Seksuele penetrasie, verkragting om ‘n
ander te verneder veral na ‘n oorlog oorwinning. Harmodius en Aristogeiton,
twee leiers wat oorwinning bewys het in
Athene, standbeelde na hul verrig, met die Penis omhoog, mag en oorwinning tot
die orde van die dag.
Dan verder in daai tydvlak, was
seks nie gesien as ‘n private, intieme daad nie, maar wat mens kon geniet in
die geselskap van jou vriende, ongeag ouderdom of geslag. Die geslag van jou
seksmaat was slegs ‘smaakvoorkeur’ en dit was belangriker om die penetreerder
as die gepentreerde te wees.
Nou terug na die wetlike aspekte,
waar seksuele dade tussen mans as teen die natuur beskou was, maar die Grieke
onderskei hier tussen die aktiewe en passiewe persoon in die daad. Die passiewe
een, laat hom dus verneder deur te daal tot die vrou se vlak en dis was nie nie
aanvaar wetlik nie, dit was nie ‘normaal’.
Maar tog vergeet hul
dat in daai tydperk, homoseksualtiteit tog aanvaarbaar was (nie biseksueel),
want dit was deel van ‘n status qou. Jong
seuns se passiewe rol in homoseksuele aktiwiteit is as deel van hulle opvoeding
gesien. Pederastie, as voorbeeld, moes net nie die toekoms van jong seuns
negatief beïnvloed nie en seuns moes op ’n punt hulle passiewe rol in
homoseksuele aktiwiteit met ’n aktiewe rol vervang. Vir volwasse mans was
manlikheid die norm, en passiwiteit in seksuele verhoudings onaanvaarbaar. Aangesien
manlikheid die norm van hierdie samelewing was, was alle vroulike seksuele
aktiwiteit wat nie in diens van die man gestaan het nie, onaanvaarbaar.
Daai man met die droom en visie, met ‘n mooi hart, word geoordeel op
grond van hoe hy voel, wie hy is. Die geskiendenis, net dele daarvan wat ek
uitgelig het, word nie aan elke jan trap en sy maat vertel nie. Gaan uit vandag, probeer daai man/vrou se hart
sien, hou op skuil agter wat jy dink ‘reg’ is. Gaan vind jou eie vrede, voor jy
die die balk gaan steek in iemand se oog. Waar jy net sommer blindelings die
mans in togas glo. Dis daai einste wat hul vrouens verneuk. Daai einste mans
wat hoog en laag sweer hul is soms die weg.
Ek haal ‘n gedig aan van van I.D. du Plessis
As ek my vreemde liefde bloot moes lê,
wat sou die vrome skenders van die skoonheid
sê?
Sou hul, met heilige verontwaardiging,
besoedelende vingers God-waarts steek,
en na dié self-regverdigende reiniging
hul eer aan my kom wreek?
Of sou ʼn sprank van hierdie vuur wat in my
gloei
ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
die liefde neem ʼn
duisend vorme aan?
N.S.
Bronverwysings kan verkry word by die Universiteit van Pretoria (dink nie almal sou akademiese skrywe geniet nie),
maar gesprekke met die man spreek meer as boeke, prentjies of ideale van die
samelewing. #Liefjouneefster