Monday, March 4, 2013

Van Jozi tot Slaapstad


So na 27 jaar het ek die guts bymekaar geskraap om vliegtuigkaartjies te koop en Kaapstad toe te reis. Kulula.com is awesome, veral as jou vlug vol 7de Laan & Binneland akteurs was. Hotness ek moet bieg.

Die Kaap van Goeie Hoop (Storms) is nou een plek wat my hartjie gesteel het. Madly in Love! Mooi, beeldskoon en skatte wat sommiges van ons vergeet. Ekt in een naweek soveel plekkies gesien, die res van die land maak net nie meer saak nie.Kempton Suck, finish en klaar!  Het die reis begin na Tafelberg, Lionshead, Signal Hills. Mooiste uitsig, moes maar my tekkies ingepak het en die berg aangedurf het, want  in die ry staan om op die kabelkarretjie te gaan was ook nie my idee van pret nie.

So die roete aan gepak Muizenberg toe… wag eers in verkeer gesit vir ure, Kaap traffic is erger as spitsverkeer op die N1, Fourways se kant toe en dit was 12h00 die middag. Maar daar gelaat (moun moun moun). Muizenberg met sy gekleurde houthuisies is prentjie mooi, arty farty plekkies en ‘n fish&chips plekkie. Kalkies, waar die kelders jou tune my broeee.

Pad gevat, Simon’s Stad, Kaappunt, Vishoek, Noordhoek, Kommetjie (waar die Kaap ook Melkbaai en Tietiesbaai het…mmm I wonder), Houtbaai, Chapman’s Peak. Whow whow whow. Die Here is goed vir ons. Sela! Prentjie mooi soos in die Kinder Bybel.  Toe kom ons by ‘n plek waar mens net van kan droom, al wen jy die Lotto gaan jy moet bome plant met blare van geld. Camps Bay en Clifton!!! Duur, Duur, Peperduur?

Maar die nie so mooi Bellville my broee, laat my dink aan Boksburg #enoughsaid. O ja en nie om van Parow te vergeet nie. En ook so dodgy bar in Richwood…

Stellies, o Stellies, daai was nou lekker. Die Woordfees. Karen Zoid en Arno Carstens en die Wellington orkes te Neethlingshof. Vir die eerste keer in my lewe het ek ook heel voor gesit en gehoor van steak op ‘n plankie. Sy is Amazing!! En Afrikaners is wel plesiering. Daar waar ook ‘n groepie mense ons genooi het om hul te kom join gedurende die show. En hoe toevallig, UK mense (Upper Kempton). Partytjie Partytjie.

Bloubergstrand.. Tannie Laurika se plekkie, mooi maar daai water is nou skilpad koud. Na die V&A Waterfront op ‘n boat (boot) cruise ter voorbereiding van my MSC Sinfonia trippie. Seepunt en groenpunt met ‘n cocktail op die beach. Vir wat meer wil ‘n girl voor vra?  O ja, moenie die local verkeersraad vergeet wat vir ‘n taxi bestuurder ‘n boete gegee het nie. Die het op die sypaadjie aan die slaap geraak, vensters oop en op die rug. Boete, Boete.

So hier is ek, terug vandag in die stad van goud, eindlose geleenthede en beton mure. En besef dat jy met R350 een sakkie se groceries kan koop, jy nie meer bewus is van geweerskote nie, jy elke keer verbaas is as jy jou kar kry waar jy hom geparkeer het en jou hiking boots en geen modder of het nie.

Jozi my broeeee!! Got to love it!