Sodra mens om ‘n braaivleis vuur
staan, een of ander kerkfunskie bywoon, of die local Spur se uiering beeshaas
afwurg, is daar mos altyd iets waaroor mens nie moet /mag praat nie. Iets wat so stil as moontlik gehou word, want
jy wil tog nie op tone trap nie. Trap jy op daai tone, dan is jy so verkeer en
die res van die groepie korrek/volmaak/vol stront! Basta, vandag is my kans om
net mooi te sê hoe ek dit sien, hetsy dit nou reg of verkeerd is, darem is ek
nie skrikkerig/bang/skaap nie.
Let’s go! T&C apply, sou jy
offended voel, bou ‘n bruggie (date ‘n siviele ingenieur (IR afkorting vir die
wat nie geweet het/vergeet het), unfried my of los ‘n @@@ complaint op Hello
Pietie. Goed dan, waar sal ek begin…..
Soos my ma seker al 100 keer gesê
het (Oprah ook…haha sal Mufas nou lag) los daai selfoon, jy bestuur… ok
wag nou voor die boetebessie my fine (geldje vir jou… R50, buys you a garage
pie and Coke wink wink) of iemand my registrasie vat, ek kyk waar ek bestuur
(ek’t bloutand in my voertuig), wat ek wel doen soos die res van die gebruikers
van die P91, is na so 30 minute van nêrens slowly gaan, so bietjie te Facebook,
te tweet (nie twerking, fokus jy Miley) of koerant te lees…op my Crapberry… en
sodra die taxi voor my beweeg, beweeg ek saam… sonder my Crapberry… Goed, dan uit die weg, net vir ‘n hors d’oeuvre … Jy
al darem weer die T&C gelees… dis ongeskrewe?
Ek weet nie eintlik hoekom die
volgende as ‘n problem/verbode/krapperigheid sal maak nie, maar om bloed en/of organe te skenk is good…#Nocommentverderjyisnetbleddiedom
Alcohol, drugs and boeremusiek?
Defnitief debatteerbaar, maar wag waarmee was ek nou besig...o ja, drugs, nee
dankie is al wat ek sê, behalwe as ek in US Of A was en die dokter my stuur na
die Drugstore (apteek duh), maar nee
dankie! Ek sal nou weer een van daai wees
wat verslaaf is na een happie ruimte koffie koekies. En dis my rede, I’m
sticking to it. Alkohol… wyn was volop
in die Bybel, so why stories maak van dit? Tensy ek my vriendin respekteer,
haar ondersteun en suurlemoen water geniet by die Dros.
Om EFF/Republicans of die Vroue Vereeniging
op te bring pla my nie regtig nie, ek wil net resultate sien, nie beloftes of draagbare
toilette nie. Acta non verba… Moet my nie forseer om smse aan te stuur of te
toi-toi nie. Meeste van die wat dit doen, ken nie eers die regstelsel nie, gaan
net rallies toe vir nog-‘n-hempie-in-die-kas of is afwesig van werk (dis mos
heeltyd speeltyd). Dis mos tog so cool om deel te wees van iets, maar dis die minderheid wat die werk doen, wat die verskil
try maak…en dan word hul afgeskiet… Wham, bam, thank you ma’am -Etollie het toe
sy gattie gesien.
Dissipline! Naughty corner! Die Paplepêl! Spare the child; spoil the rod (nie Splinter nie). Ja, dis nodig, want kyk die laaste maand is twee
onderwysers either geskiet of met ‘n besem uit die klas gejaag (Youtube nou
#harvardverwysings…not). Die jeug word net te groot voor hul tyd en het geen
idee van ‘n tob, tolletjie brei of klei nie. Dis net seks/Ipads/emansipasie van
hul ouers. En o ja, GTI in hul eerste jaar met so R12 000 se sakgeld.. WTF…
tjankerig oor die GTI…sigh
Aborsie…Gay huwelike… Veggie
people… Kom ek wees diplomaties,
antwoord dis circumstantial en sal sy eie blog inskrywing kry deur die loop van
die jaar...TBC… (haha, dodge ek daai topics, sjoe phew!)
Die lys gaan aan, maar wil ek nou
regtig worry as Hitler/Michael Jackson/Ghandi ‘n kans gekry het voor hul na die
wagkamer/Purgatory (klink dodgy) beweeg het, of sommer direk hemel of hel toe?
Ek krap my eie potjie, hul help my nie, so moet ek worry oor hul? Moet ek vir
ure debatteer as boks nou regtig ‘n sport is of nie? Hoekom Zimbabwe se leier
net nie tot rus kan kom of hoekom die Teletubbies accessories
(handsakke/manbags) gedra het?
Die lewe het ‘n legio van
geleenthede, plekke, mense en die onbekende. As jy nie die moeite gaan doen om die
ekstra myl (1.60934km) te gaan, jou
Hindoe vriendin se Diwali lekker te try, meer te lees, meer sosiaal te verkeer,
gaan jy vasgevang word en die jouself bevind by die #volstront groepie.
Wees anders, tog opreg! Deel jou
hart, jou klere! Eet met jou hande. Brag
oor jou ABSA kaart, gebruik Dove en net eenkeer waag dit om jou eie opinie te
lig, sleg of goed. Dis nie skool die nie, dis die lewe, Opinie dit !