Friday, July 19, 2013

Ander se emosies

Tyd om bietjie anders te wees. Of  nee wag, eintlik maar net myself te wees. So ek deel paar gedigte deur digters (duh) van oor die jare. Dinge wat ek sien en voel.  Wat bygedra het tot my bestaan of wat net goed is.
Gedigte word afgeskeep deesdae, jy kan skaars jou graad 12 eksamen se vrae onthou (ja ek doen nog). Dis deel van die volk, jou taal, jou omgewing. Wees trots daarop… maar nee, jy sien mos Afrikaans as ‘n skande, as vuil en kommin. Dink net aan Parow… my bru…die Campbells .  Weet jy van Ingrid ?  Boerneef?  CJ? A.G Visser?  Eugene Marais? Totius?

Die dag as jy  moeite begin doen, bietjie anders wil wees. Dan klim jy in jou voertuig, gaan na jou naaste biblioteek en vra vir boeke. Nie op jou ipad/TABLET/PC of google as jou verwysing nie. Nee die biblioteek boek, vol stof, vol memories. Dan daai dag sal jy sien dat Afrikaans die mooiste taal onder die son is. Dat jy uitmis op dinge wat genade is en net geleen…

Die Berggans – Boerneef
Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê


NP  van Wyk Louw – Ballade van die Nagtelike Ure
Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart oor twee -
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter en verlee

op koel stoeptreetjies êrens
waar ek ‘n blink waterkraan sien
in die ure van die donker dors
tussen twaalfuur en smôrens om tien.


Om elfuur was jou liggaam
die honger en dors in my,
as jou skewe papier-kalot
ver deur die danssaal gly.

Om twaalfuur was jy ‘n ligte brug,
‘n hoë, gevaarlike gang
bo my klein verwildering
tussen pyn en sterwe gehang.

Om eenuur was jou hare
vir my vingers ‘n bose strik,
en jou lyf soos swart stil water
en jou asem soos ‘n snik.

En nou het die môre my
oor die rand van sy glas gemors
op die stoep by die kraan wat blink
in die uur van die donker dors.


H.A Fagan – Huisie by die see
Ek het ’n huisie by die see
Ek het ’n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dit is ’n rots waarop my huisie staan.

Antjie Krog- Ma
Ma, ek skryf vir jou ’n gedig
sonder fênsie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
’n kaalvoet gedig –
want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe
ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.



Thursday, July 11, 2013

Ekklesia - is jy EEN ?


Ekklesia is ‘n Griekse woord en verwys na samekoms, “congregration” of ''assembly''. En nou sal iemand daar in die verte skree… kerk! Ek is maar net tweetalig, Afrikaans as my moedertaal en moet maar die rooinek taal praat.. Ingels/Engels/English. 

Nou hoekom op dees aarde, sal ek dan kom met ‘n Griekse woord, why? Want ek kan! So gister loop ek bietjie in die winkelsentrum en eindig op in CUM boeke. Nogal ‘n diverse winkel, meestal “Christelik’’. Aanhalingtekens, want dis deel van die geskrewe hier. My oog  vang toe ‘n boek, op Sale nogal, 40% af (behalwe dat dit nie regtig 40% was nie). Pagan Christianity. ‘n Boek met ‘n rooi buite blad en dit skree verbode, moenie lees nie. Net daar en dan koop ek dit, want sien ek hou nie net van stil bly nie, bevraagteken nogal baie dinge in die lewe, so ook ‘kerk’.

Bietjie  agtergrond op why ek dinge bevraagteken.  Kyk voor jy ook nou weer dink… hypocrite, laat ek verduidelik.  Ek is ‘n Christin (vroulik van Christen), glo in die drie-enige-God, wat gebore is uit die maagd Maria, gely het, gesterf het en op die derde dag weer opgestaan het volgens die geskrifte, opgevaar het na die hemel en wat sit aan die Regterhand van God. Waar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterwe het en ‘n ewige LEWE… hokaai, as jy jou Heidelbergse Kategismes ken, sal jy sien ekt ‘n stuk uitgelos, aspris, glo aan een HEILIGE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK.

Ekt groot geword in die Nederduitche Hervormde Kerk, deel van die ‘’drie susters’’ in Suid-Afrika. Het Sondag op Sondag gekla oor die orrel en die mense wat nie wou sing nie, die dominee met sy toga en ek wat moes wag om my eerste Nagmaal te gebruik. 17, na my aanneming. Die ouderling oomie met sy Brill cream hare, wat die afkondings doen en dan die votum, elke Sondag in ‘n ander diensorde. Dis hoe dinge was, finish en klaar!

Ekt nie ‘n probleem eintlik nie, solank daar net nie mense langs my omval en skree en in vreemde tale begin praat nie, dan was dit seker beter. Dis hier waar ek begin vra vrae het, aan myself, aan die dominee, aan wie ookal “Christelik’’ gelyk het.

Wie het gesê die dominee moet ‘n toga dra, maar nie in die NG kerk nie? Wie het gesê die mans moet staan as ons bid , maar almal sit in die NG kerk? Wie het gesê Nagmaal mag eers gebruik word na jou aanneming? Wie het, wie het?  Waar staan dit in die Bybel? Wat lees ek nie reg nie?  Hoekom moet ek mooi aantrek, hoekom moet ek geldjie onder die tafeldoek sit met Nagmaal? Why word babas gedoop en Groot doop is nie algemeen nie. Hoekom haal die dominee nie geeste uit mense uit nie, of altans waarvan ek weet nie? Hoekom praat niemand langs my in tale nie? Hoekom ‘n orrel? Wie het gese Jesus se geboorte is 25 Desember?  Wie het besluit om op Sondae kerk toe te gaan? Hoekom? Hoekom? Hoekom?

Verder, hoekom is daar Kerke wat net glo in die O.T. of net in die NT, of meer bewus is van die Heilige Gees (Pentacostal) of mense wat blou rokkies dra (Spade rëen)? Die lysie gaan aan en aan. Maar tog nooit het ek my geloof, my vertroue in die Here God verloor nie, tog nooit het ek nie getry om ‘n dissipel te wees nie.

Nog ‘n bietjie agtergrond, so word ek benader deur ‘n groep mense in 2011, wat vir my in my gesig sê… Die KERK is die hoer, kom uit die hoer uit. Die duiwel gebruik die Kerk, en dis nie God se ware plek nie. Ekt bietjie malkoppie gegaan, gegoogle, gebid, gegoogle, gegoogle, gegoogle. Want kyk, wat jy nie weet, bevraagteken jy. My standpunt en ek bly by dit.

Ekt wel dinge by die groep mense geleer, soos God se naam, Yahweh, maar dit was so sacred in daai dae, dat mense te bang was om dit te gespreek het. Anyway, so leer ek dinge van Paganism, die Roomse Katolieke kerk se gebruike, leerstellings en ideologie.

Heng, was ek effens uitgefreak en besef die mens is dom, dus die mensdom, lol, ok bietjie humour. Hoe ek dinge verstaan en hoe die Gees my gelei het, die eerste volgelinge van Jesus, het in huise bymekaar gekom, na mekaar omgesien, geleer en als was eenvoudig.

Off the topic, maar eintlik deel daarvan, God het vir Moses die tien gebooie gegee, dit was gebêre in die verbondsark…onthou jul dit? Dit was God se tempel, Sy woning tussen ons. Maar soos die mensdom maar is, moet daar nou weer rëels kom, wie mag in en wie nie, ens ens. En toe kom Jesus, Hyt gesterwe vir ons, vrye toegang tot God. Ons is Sy kerk, Hy die hoof daarvan. Hy is in ons. Hyt die tempel afgebreek en dit herbou in 3 dae. Dus is Hy die tempel, die priester en ons deur genade gered. Werke, tradisies, gebruike en eetgewoontes gaan myself, Chantel le Roux, nie  die ewige lewe waarborg nie. Ekt vrye wil, maar ek kies JESUS nogsteeds.

So uiteindelik terug na die boek, Pagan Christianity, ekt nogal baie gelees gister aand. Die ouditeurs van die boek  wil graag die kerklike geskiedenis deurgee om te wys, hoe die Kerk (gebou) ontstaan het van na Jesus se hemelvaart. Hoe gebruike, tradisies, konings en die mensdom die pad dalk duister geraak het. Hoe Konstantyn, Plato, Luther en oom Calvyn deel was van die proses. Ekt ver gevorder, nog nie klaar, maar ek kry die idee en konsep van die boek. Natuurlik is daar ook kritiek teen die boek, maar daar is maar orals, even as mens 7de Laan kyk i.p.v. Binnelanders.

My gevolgtrekking in my koppie, lees jou Bybel, bid elke dag. Dis nie ‘n religion nie, dis ‘n leefstyl. Dis nie net een uur van die week nie. Lees jou Bybel, nie net ‘n oom Solly boek nie, ken God, hoe en wat Hy is. Dieselfde! Liefdevol ! Sovereign! Lees jou Bybel, want glo my daar is meer ateïse, sataniste en ander groepe wat die Bybel beter as jy ken. Lees jou Bybel!