Tuesday, February 11, 2014

Rappie


Rappie…Biltong…Lemoene en Brannas natuurlik. Dis reg, dis sulke tyd weer… Superugby! Dis my gunsteling tyd van die jaar, nat/sweeterige mans in mekaar se boude ingewurm, een skraal outjie wat ‘n bal uit dit haal en die res wat afstorm op mekaar. Yummy. Rappie!

Nou kyk, Rugby is nou eintlik ‘n Ingelse sport, but I truly love the Queen (Barcelona) vir dit.  Kom ons kyk bietjie na die geskiedkundige agtergrond oor die oorsprong.  In 1830 het die souties (skies, voor ek geskiet word agter die badkamerdeur (amper val-in-die-tuin-dag)) sokker gespeel en die bal begin optel het  in ‘n dorpie genaamd Rugby…the End…grappie, maar dis dit…

Die eerste amptelike  wedstryd was in 1857 te Skotland (the flower of Scotland) en oorspronklik was daar 20 spelers in ‘n kant. Wel so kon Ruan seker meer speeltyd gekry het!!!  Die getal is verminder na 15 toe soos ons dit vandag ken in 1877.  Dan gaan die boring geskiedkundige gebeure aan oor die ontstaan van klubs,   toelating van die Springbokke, sanksies en die Bokke wat awesome is dan weer pateties en dan weer die beste este is. Waar die Bokke die Wêreldbeker al in 1995 en 2007 gewen het (LEES JULLE BAFANA?)

Ek love rugby, love love love, seker omdat my Pa my gemaak het om die game te kyk en die reëls te leer (wat ook van tyd en tyd verander), maar dis hier wat jy mooi moet weet waarvan jy praat of nie, anders hou jou bêk (met jam). 

Rugby is ‘n sport wat baie mense volg/speel, nou nie meer as sokker nie, maar immers wen ons (LEES JULLE BAFANA). Die game veg stamina, kort PT broeke, mooi (Swart) hemde en ‘n behoorlike coach (Jake White). Die vereis goeie ondersteuners…ondersteuners wat nie mekaar  M#or na ‘n game wat verloor is nie, wat blou brode en bloubulsteak grootliks oor die hele Pretoors verkoop nie en ook nie wat WW2 wil speel nie.  #hoop-jul-vang-die-verbintenis!

So paar spelers wat die Mounster love… en wat jul van kennis moet neem gedurende die seisoen:
  •   Ruan Pienaar
  •  Willem Alberts
  •   Francois Steyn
  •  Tendai ‘’Beast’’ Mtawarira
  •   Bismarck du Plessis  
  •   Pat Lambie                 ….Sharks #enoughsaid
Paar spelers wat die Mounster nie aanbeveel vir die seisoen nie:
  •       Victor Matfield (hys net te oud)
  •      . Derick Hougard (Karlien…enough said)
  •        Bakkies Botha (#nocomment) 

So gaan uit die seisoen, vra jul kêrels uit  oor die sport, google die reëls en geniet jul Saterdae!