Friday, November 29, 2013

Boer soek Afro

Boer soek ‘n vrou/slavin/publisiteit, noem dit wat jy wil, maar ek is jammer die show het een groot Boswell Circus geword. Die jaar is nie anders as die laaste vier nie, tyd om bietjie/effens te vent oor die gebeure.

Nou kyk, die intensie van die program was om liefde te vind, want die arme boertjie bly ver weg van enige pub/nagklub/kerkdans. Hy werk van sogggens tot laat saans en tyd vir dames is daar naas die oes/ploeg seisoen en dan begin als weer van vooraf.  Tien boere word aan die verhoor voorgestel en dan kry die dames (mans in een reeks) die geleentheid om aan die boere hul liefdesbriefie(s )te rig. Die vyf boere met die meeste briewe vorm dan deel van die reeks, terwyl die ander vyf dan kan maak met die briewe wat hul goed dink.

Goed, hier is dan waar die drama/komplotte/mumbo jumbo begin. Die boere kies dan uit die aantal briewe tien dames, speed dating vind dan plaas en dan word vyf finaal gekies. Die boere gaan doen dan pret goedjies saam die dames hetsy dit nou dans/kleilat/bak en brou klasse is. In daai paar uurtjies moet die boer dan sy seleksie maak en drie (vier een jaar) kom saam plaas toe…en dis dan hier waar die HKGK plaasvind.

Want kyk…hoekom skryf jy en die eerste paar ure op die plaas begin jy sommer self jou tassies te pak? Hoekom raak jy verlief in twee dae en tjank snot en trane omdat die boer nie so baie aandag skenk aan jou nie? Hoekom skryf jy in om net op televisie te wees? Jy kan wraggies op een of ander Wimpy add wees! Hoekom na jy laasjaar verneder was deur nie gekies te word nie, skryf jy dan weer in? En regtig naas als, mens eet ontbyt, nie ‘n alkoholiese verversing nie #tannieemsiesalhaarskaam!

Net soos die dames het die boere so nou en dan ook afwykings in die program. Van waar die een die horipeeps kry omdat ‘n ander man (wat danslesse gee aan een van SY vrouens vat) tot ‘n oomie wat net ‘n maatjie soek en in die proses so sy plaas bemark/gratis publisiteit. En wat my verstand te bowe gaan, was een oomie (ja lekker kommin een) wat gou dorp toe gery het, die dames op die plaas/plot agter gelaat het en met so flerrie toe by die huis aangekom het, o ja moenie van die OBS vergeet nie. Nie te min het daai tannies hul pasteie gevat en ‘n stoffie gemaak. #werfetters

Liefde is ‘n begrip wat nie vasgepen kan word nie. Dis iets wat jy weet jy voel sodra jy idillies raak en dit nie in woorde kan omskep nie. Nou baie sal sê/redeneer/try verduidelik hoe is dit moontlik dat die boer met twee vrouens ‘n besluit kan maak. Maklik! Elke persoon wat jy ontmoet/in aanraken kom wakker/ontwaak een of ander eienskap in jou of jy in hom/haar. Dit bring iets uniek in jou uit en jy sal dit nooit kan vergelyk met ‘n ander nie. En nee dit gaan nie hier oor die fisiese attraksie nie, (dis wel super belangrik), maar die intellektuele/emosionele kant van enige mens.

Nou kyk, die Mounster geniet sulke tipe programme, maar vir crowing out in a bucket, gaan vir die regte redes op die show, jy speel met iemand anders se hart hier. Damit! Wake up, die lewe is nie ‘n game nie, dis real, opreg en jy mag iemand ander se sonstraaltjie steel.


“Let there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a moving sea between the shores of your souls. Fill each other's cup but drink not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone, Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music. Give your hearts, but not into each other's keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other's shadow.” 

Thursday, November 28, 2013

Oosrand Barbies

Ek glo die mensdom het meer onderliggende probleme as wat ons werklik weet.  So gym ek gisteraand en bekyk almal om my, swoeg en sweet, net om op die ou end van die dag tog maer te wees, tog net iets vir iemand te wees, wat ek/jy dalk (on)bewustelik doen.  En dit kom op die volgende vraag neer, hoe ver is te ver, waar trek jy die lyn en is dit werklik nodig?

Terug by die gym, oefen ‘n jong vrou (as ek haar nou ken of nie, is nie nou hier te sprake nie) met groot borste. Borste wat nie haar eie meer is nie, wat fake/plastiek en op ‘n gereelde basis moet verander. Nou weet ek weer een of ander iemand gaan skree, wtf/nee/is jy jaloers?

Sy is net een van die met onderliggende probleme, nes die vrou wat ‘n liggaamsbouer is, bruiner as bruin verbruin/getan/gespray can, met die witste blondste hare. Regtig, is dit hoe dinge moet wees? Is dit waarna ons almal moet streef?  Om ons liggame tot op die “lelikste’’ vlak te druk om tog net ‘’mooi’’ vir ander te wees? Ek persoonlik sien geen skoonheid in daai vrou nie,  ja sy is maer, maar die velkleur (nie rassisme nie) en haarkleur it does not match at all. So ook die vrou met die groot borste, dis heeltemal uit porporsie uit, maar die is gedoen as speelmiddel/trophy vir haar man #jaekkenhaar!

Dit bring my terug by die vraag, hoe ver is te ver? So onthou ek die sielkundige term: (Verskoon die Ingels, is lui vandag…hey eks immers eerlik) Body Dysmorphic Disorder. Nou kyk daar loop vele rondom ons met dié, persone wat hulself so afkraak, hul voorkoms sien as brommerbollie. Dit raak so erg, hul spandeer ure voor die spieeël, oefen sonder om te eet (duh dis net dom, geen voeding vir spiere). Hul leef in negatiewe gedagtes (nie oor ander) maar oor hul voorkoms,  ek is te maer, ek het  te min spiere, my tiete (borste skies tante) is te klein, boude te vet, pizza face en die lys gaan aan (ja jy ken hulle…). Die gevolg is  as dinge nie so spoedig of reg verloop volgens hul verwysingsraamwerk nie…plastiese snykundige pappie. En sodra jy eers begin, hou jy nie op (RIP Michael).  Jy kan stry/skree/vloek en skel, hul gaan meer kort as liefde. (Been there done that… lost the battle, ended up single #thetruth)

Voorkoms speel die afgelope paar jaar ‘n groot rol in die samelewing en ons gaan dit nie kan ontsnap nie. Die Mounster beveel aan dat elkeen van ons, moet begin by onsself. Maak vrede wat jy nie kan verander, begin wat jy wel kan verander. Ek kan werk aan my gewig, nie aan my bobene, so take me as I am or leave. Daai attitude is wat die persoon moet sien wie jou as belangrik beskou of belangstelling toon, eintlik moet jy jouself liewer hê as ander en as jy dit kan regkry… Het jy jou naaste lief.  Begin vandag, maak lysies wat jy graag wil verander (verkieslik dinge wat jy kan doen sonder enige chirugie) en dinge wat jy nie kan nie. Staan op vandag, nie môre nie, vra hulp as jy hulp nodig het. Jy is hier, voel dit, leef dit!





Monday, November 25, 2013

Kersfees Survival Kit 101

Dis net Boney M, Jingle Bells en fake Santas orals in die malls. Ja, jy het reg geraai/gedink/geskree, dis amper Kersfees! Om presies te wees, vandag oor ‘n maand. So het die Mounster oor die naweek besluit om haar survival kit oor die feesgety met jul te deel. MAAR voor jul nou te opgewonde raak, eers ‘n kort geskiedkundige lessie oor die gebeure wat ons vandag Kersfees noem.

Wel, soos meeste van ons groot geword het, is Kersfees om die geboorte van Jesus te vier (homofoon…onthou jy) en dit is nogsteeds, maar vandag gaan die Mounster gou eers die onstaan van Sinterklaas aka Santa aka die vet-oomie- in-jou-familie- met- die- rooi- overall en ander aspekte rondom Kersfees verduidelik.

Kersfees versierings se ontstaan het in die Queen se land plaasgevind, was hoofsaaklik om  (Poison) Ivy’s rondom jou huis te hang, om jou te beskerm van (Liewe) Heksies  en Pagans. Latere jare het kinders uit papier versierings gemaak. Die tradisionele kleure wat toe onstaan/gemaak/ontwikkel het was Rooi, Groen en Goud. Waar Rooi die bloed van Jesus verteenwoordig het, Groen verteenwoordig die enige lewe (een of ander boom wat vir ewig lewe) en die Goud omdat Goud as eerste geskenke gebring was aan Jesus. (Let wel peeps, niks van dit staan in die BYBEL, wil net disclose aan my ander tipe lesers).

Toe gebeur die liggies, (soos gesien by die Stoffberg huis in Kempton Park, #prentjiemooi) waar dit om die kersboom gehang is. Gevolg deur engele, Jingle Bells, groot kouse en ander versierings.  En toe kom jul gunstelinge oomie, Saint Nicholas/ Kersvader/Santa. Wat baie van jul nie weet is dat hy geklee was in Biskop klere…Booya, leer jul iets vandag, met helpers en dan het hy besluit as die kind ‘n geskenk werd was of nie. En raai wat, dit het nie gebeur op Kersfees nie, maar op die 6de Desember.  Later jare het die Protestante (nie Katolieke) die idee verander na die ‘Christ Child’ as die geskenk gee persoon en die datum is geskuif na die 24ste Desember. Dis ook die U S of A mense (soos gewoonlik) wat die hele Santa ‘’Image’’ geskep, ontwikkel en gecommercialise gemaak het.

Ek wil nou nie verder gaan en ‘n oorlog oor reg en verkeerd skep nie, wou net effe info deel wat ek weet baie van jul nie geweet het nie en net blindelings glo. Maar omdat dit nou net ‘n maand weg is en dus die feesgety gaan vier moet ons ‘n plan/survival kit hê om ons deur die tyd te bring en ons geld tot einde Janaurie te strek.

Kersfees Survival Kit 101


Kersgeskenke:  Lysies, lysies en nogmaals lysies. Jy beplan en begroot. Nie onnodig, nie te duur en defnitief iets wat jy vir jouself sou koop. Maar die hele koopproses moet ook gevolg word, anders sit jy gebroke op die 1ste Janaurie. Here goes:  Jy eet ontbyt voor jy gaan shop, so spaar jy geld deur nie honger by die Mall op te daag nie, trek gemaklike tekkies/skoene aan, vars gebottelde water en ‘n pen om jou geskenklysie af te merk. Jy koop nie duur toedraai papier nie, verpersoonlik (sien hoekom anglisme so vieslike ding is) dit deur bruinpapier te koop, netjies toe te draai, met een of ander rooi/groen/goud sticker/lint/pen geskrewe naam etiket. Jy koop volgens jou vooropgestelde begroting en verander nie soos jy goed dink by die winkel self deur gemanipuleer te word deur verkoopspersone nie, hul ken almal se weakness die tyd van die jaar…#Israelietemetmakeupenstraightners!

Kersdag self: Gaan kerk toe as jou familie daai tipe ding doen, lyk skaflik al is jy by die see, kam immers dan net jou hare, borsel jou tande en sing harder as die dominee saam. By die etenstafel volg jy al die reëls soos die Mounster jul al geleer het,  hetsy jy kamp of by ‘n regte egte tafel aansit.  Jy help jou tannie met die soetsappige soene om skottelgoed te was. O ja, daai eendag van die jaar is geen rede (geen maar geen rede) om jou gesig vol vetterige kos te stop nie, jy EET soos jy die hele jaar ordentlik doen. Want kyk, die Mounster verpes   ‘’nuwe’’ mense Januarie by die gym, komaan jy weet jy gaan nie Februarie terugkeer nie!
 
Familie: Wees opreg, vriendelik en ekstra liefdevol die tyd, dis hul wat immers ver gery het en die Mounster se raad gevolg het om mooi geskenkies te koop. Hê pret, speel kaarte, board games en try iemand verdrink tydens ‘n swemsessie (ek neem geen verantwoordelikheid nie!)

Common Sense: Smeer sonbrandmiddel aan, gebruik alkoholiese verversings matig (gym = not in Februarie), gehoorsaam die E-tol stelsel en bo alles rus, vind jou vrede en kom positief terug in die nuwe jaar!





Friday, November 1, 2013

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster

Almal van ons het een of ander lys (nou nie jou dating gestandaardiseerde lysie van moets en moenies nie… dis stupid anyway) maar ‘n lysie wat jy effens/voluit volgens lewe. Vandag gaan die Mounster haar lysie met jul deel.  Ek daag jou uit, double dare jou om ‘n paar van dié op die lysie te probeer, al is dit net vir eendag. Waag dit, môre word jy dalk wakker met gryshare en soek verskonings… Die tyd is nou… wat wag jy voor, toe toe laat jy LEEF!

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster:

1.      Drink baie water, met of sonder suurlemoen, maar drink daai water.
2.     Maak ‘n effort om tenminste almal wat saam jou werk se name (en vanne) te ken.
3.   Wees altyd ten minste 15 minute voor enige afspraak/partytjie daar, sodat jy die gasheer/vrou kan betrap wat ‘n quicky wou gehad het voor jou aankoms #justsaying
4.      Neem foto’s, raam dit, dis al wat jou memories real hou.
5.    Google elke dag iets nuuts, memoriseer dit en gebruik dit dan in gesprekke met ander. Plaas jou in die nie-Boksburg klas J
6.     Loop ten minste een keer in die somer kaalvoet in die mall.
7.     Gaan fliek alleen.... Double dare jou!
8.     Ondersteun jou plaaslike teaterproduksies, R100 gaan jou nie arm maak nie.
9.      Betaal jou TV-lisensie jaarliks.
10.   Ry nou en dan oor die spoedgrens en dan betaal jy die boete… ja jy betaal dit.
11.   In ‘n kuierplek, kies ‘n random dude/girl en sê iets mooi/vlyend oor daai persoon.
12.   Eet gereeld roomys.
13.   Dra sonbrandmiddel, jy soek nie plooie voor 30 nie.
14.   Beperk onderlaag tot ‘n minimum.
15.   Besoek die Boksburg vlooimark een keer per kwartaal, net om te besef wat jy nie soek in die lewe nie en waarvoor jy op die uitkyk moet wees.
16.   Doen blokkiesraaisels in die Huisgenoot, Keur of Rapport.
17.   Vry tenminste een keer in jou jeug, ‘n mooi hot aantrelike persoon, sonder om jou naam of nommer te gee. Just leave, no attachments.
18.   Koop resepteboeke en probeer ten minste twee terte, twee koeke, een gereg en een nuwe slaai.
19.   Koop liewers blomme by die man op die hoek van die straat.
20.   Sing oppad werk toe, elke oggend, met die venster af.
21.   Skinny dip laat een aand, dalk net ‘n wyntjie of twee eers in hê.
22.   Besoek verskillende kerke. Jy leer dalk net iets.
23.   Glimlag, dis die beste medisyne wat jy kan gee vir iemand sonder enige moeite.
24.   Bederf iemand anders se kinders, koop net die beste/duurste, why want ons almal is mos familie.
25.   Skenk klere op ‘n gereelde basis, dit vat net spasie en jy gaan dit nie weer dra of in dit pas nie.
26.   Besoek klein dorpies soos Maquassi, Excelsior, Hendrina en Jagersfontein.
27.   Koop gereeld parfume maar verander gereeld jou reuk/handelsmerk, so bly jy vars, uniek en baie onvoorspelbaar.
28.   Spaar maandeliks ‘n gedeelte van jou salaris.
29.   Gaan besoek ‘n outehuis, dit laat jou opnuut jou voorkoms, verstand en omstandighede van vooraf waardeer.
30.   Ry deur Alex/Soweto/die Cape flats en kyk mooi na die omgewing waarin jy jouself bevind.
31.  Betaal ‘n Personal Trainer, army style en huil vir dae na die tyd as jy sukkel om te loop, maar don’t quit.
32.   Dans, dans, dans, Presley's style.
33.   Scream and shout and let it all out…jy het reg gelees, venting is good, altyd.
34.   Lees 'n woordeboek.
35.   Lees die agterkant van jou Bybel… dis net awesome.
36.   Gaan vir ‘n fotosessie.
37.   Dra rokkies, dis immers vroulik/vrolik en sexy.
38.   Gebruik jou siekverlof, jou werkgewer gaan net ‘n bossie blomme stuur met jou dood.
39.   Koop ‘n nuwe rokkie vir elke troue.
40.   Lê op die gras, kry ‘n tan en vergeet van jou worries vir net 30 minute.
41.   Koop slegs bypassende onderklere, never mix and match.
42.   Gaan na ‘n gay klub/bar...#houopjudge.
43.   Maak vrede met jou verlede, jy wil nie toekoms op neuk nie.
44.   Flos jou tande, dit help met jou hart…so het ek gehoor #oorgehoor.
45.   Gaan vir pedi’s, gebarste hakke is als behalwe mooi/aantreklik.
46.   Trek jou ma se Crocs aan met ‘n PT broek en gaan shop in Sandton, dit sal verseker koppe laat draai.
47.   Gaan lees jou palm, jy mag dalk net terug in realiteit geskop word.
48.   Verander jou beddegoed ten minste 2 keer per jaar, dis pret en immers lekker om  in 'n ‘’ander ‘’ kamer te slaap.
49.   Skeer jou beenhare in die winter, nee wraggies dis nie die oertyd nie.
50.   Vertrou God met als, hê lief meer as wat jy ooit sal kan dink en wees spontaan.