Thursday, September 19, 2013

Remix …. Wiki wiki… uns uns

So onthou ek nog  die dae toe die onnie die gedigte uitgedeel het, waar ons swartrame om die buiterand moes trek voor dit uitgeknip word en waar daar dan noukeurig aantekenings gemaak word… of  nee wag…net altans in my boek.

So besluit ek toe om my gunsteling tannie, tannie Laurika se een song/liedjie/gedig/woordjies meer op uit te brei. Hoe ek dit ervaar as ek vele maal daarna luister en nee ek kan nie synesthesia ervaar nie, maar ek kan laat emosie waar word deur middel van gebeure/plekke of sommer net memories. So here goes:

Kaalvoetsong sonder Crocs en Speedos:
Jy vra vir my om vir jou te sing van Lisa se klavier.. Koos se weergawe is baie beter vir my, maar haar appelkoos tee laat my verlang na my ouma se perskebome waar ek die arme Staffi se stertjie geknak het… RIP ou Beua…

Jy sê jy wil hoor van Bloubergstrand en hoe almal by die see wil bly… Natuurlik wil almal ‘n huisie by die see hê en na my Kaap trippie kan ek sê Ons Huisie het die lekkerste ontbyt, veral met Blouberg en sy ysige koue water.

En jy praat in hoë frases van hoe die taal jou inspireer…Natuurlik praat ek van my mô en pô en die stôndhuis wat ek nog moet laat bou, want ai dis mos so lekker om pretentious te wees, veral in die Jakaranda stad voor ‘n Blou bul game.

Maar in die eenvoud van my woorde wil ek sê hoe ek voel… Hoe dan anders, want eenvoud is als wat ek het, is en wil gee. Woorde deel meer as die ontvanger net wil aandag gee. Verder voel ons almal, maar met die hande, krom klein handjies gekenmerk deur jare se bak en brou.

En ek sing vir jou ‘n Kaalvoetsong met woorde soos die sand… Korreltjie sand, korreltjie klein, Ingrid het haar dood vooraf gedig en niemand kon die poging tot ‘n outcry sien nie. Al wat hul dalk wou sien, is die voetspore na alleenheid.

En kommas soos  die klippies wat my kaalvoetsole brand… Brand Suid-Afirka! Brand daai Firestones! Brand daai skole af! Because we do not need no education… Just another day of protest, striking and being dof.

En ek sing vir jou ‘n klein refrein, nie ‘n simfonie van klank nie, net ‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar…St.3 waar die gemmer musiek juffrou ons geleer het om te sing …Dis ‘n land van kleure en klank…beste tannie Carike stem hier, waar kitare se getokkel ure se vermaak kon bring, veral as die apie dit sou tokkel.

Onthou jy toe ons kinders  was en gesing het van die wind… Augustus waai winde waai, dis die winde van verandering…Anton…Voëlvry era, maar nee jy die leser wil mos nie die geskiendenis verstaan of why die volk is soos dit is nie, nee jy wil dit verwar met rooi rok bokkie en Die Antwoord…#$%$#%$%

Van die stad van blou saffiêre waar jy dalk jou droom sal vind…Nee, dis nie die land van heuning en melk nie, dis die plek waar jy jou droom sal vind, dalk 150km ver weg, dalk daar waar jy alreeds was, daar waar jy ‘n kans gegee word… Take it, embrace!

Maar jou hart gaan maak ‘n Kaapse draai… Maak jy jou oë toe as s-o-e-n…lekker man lekker, waar krappies tog skeef loop en krefies al amper R300 per stuk kos.

Want jy sê jy voel daar tuis en ek ontmoet jou net hier duskant Nooitgedacht… Ek voel orals tuis, behalwe dalk in Dropzone, want kyk die manne met die wit pointers… o eh eh..

Ek bring vir jou ‘n sonneblom en ‘n foto van die see… Liewers kosmos en dalk ‘n 2L Coke bottel vol seewater, dalk dan sal ek 'n sangoma  wees en wonder verrig….2L water is al wat jy nodig het!

In jou fluisterwens droom jy, jy was nou daar en die pad voel lank na Victoriabaai, maar die roete wil ons vat… Die pad voel altyd lank werk toe, 22km om presies te wees, waar ek koppies sien, nie the mountain nie (Constania uitspraak hier mense, Constania).

Want in die stilte hoor ons die reën in die Karoo… Het oom Coenie nie so 'n song.. .wag ja hy het… Ruik jy katbos en kambroo as dit reën in die Klein Karoo…haha, jy het sopas die laaste saam gesing.. uitgevang jou Coenie liefhebber.


Dié is dalk my weergawe, maar elkeen van ons beleef een of ander song, boek of AG gedig op ons manier. Deel daai woordjies, wysies! Wees vreetsaam en onthou UNS UNS UNS!!!