Friday, November 1, 2013

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster

Almal van ons het een of ander lys (nou nie jou dating gestandaardiseerde lysie van moets en moenies nie… dis stupid anyway) maar ‘n lysie wat jy effens/voluit volgens lewe. Vandag gaan die Mounster haar lysie met jul deel.  Ek daag jou uit, double dare jou om ‘n paar van dié op die lysie te probeer, al is dit net vir eendag. Waag dit, môre word jy dalk wakker met gryshare en soek verskonings… Die tyd is nou… wat wag jy voor, toe toe laat jy LEEF!

50 Ongeskrewe Beginsels van die Mounster:

1.      Drink baie water, met of sonder suurlemoen, maar drink daai water.
2.     Maak ‘n effort om tenminste almal wat saam jou werk se name (en vanne) te ken.
3.   Wees altyd ten minste 15 minute voor enige afspraak/partytjie daar, sodat jy die gasheer/vrou kan betrap wat ‘n quicky wou gehad het voor jou aankoms #justsaying
4.      Neem foto’s, raam dit, dis al wat jou memories real hou.
5.    Google elke dag iets nuuts, memoriseer dit en gebruik dit dan in gesprekke met ander. Plaas jou in die nie-Boksburg klas J
6.     Loop ten minste een keer in die somer kaalvoet in die mall.
7.     Gaan fliek alleen.... Double dare jou!
8.     Ondersteun jou plaaslike teaterproduksies, R100 gaan jou nie arm maak nie.
9.      Betaal jou TV-lisensie jaarliks.
10.   Ry nou en dan oor die spoedgrens en dan betaal jy die boete… ja jy betaal dit.
11.   In ‘n kuierplek, kies ‘n random dude/girl en sê iets mooi/vlyend oor daai persoon.
12.   Eet gereeld roomys.
13.   Dra sonbrandmiddel, jy soek nie plooie voor 30 nie.
14.   Beperk onderlaag tot ‘n minimum.
15.   Besoek die Boksburg vlooimark een keer per kwartaal, net om te besef wat jy nie soek in die lewe nie en waarvoor jy op die uitkyk moet wees.
16.   Doen blokkiesraaisels in die Huisgenoot, Keur of Rapport.
17.   Vry tenminste een keer in jou jeug, ‘n mooi hot aantrelike persoon, sonder om jou naam of nommer te gee. Just leave, no attachments.
18.   Koop resepteboeke en probeer ten minste twee terte, twee koeke, een gereg en een nuwe slaai.
19.   Koop liewers blomme by die man op die hoek van die straat.
20.   Sing oppad werk toe, elke oggend, met die venster af.
21.   Skinny dip laat een aand, dalk net ‘n wyntjie of twee eers in hê.
22.   Besoek verskillende kerke. Jy leer dalk net iets.
23.   Glimlag, dis die beste medisyne wat jy kan gee vir iemand sonder enige moeite.
24.   Bederf iemand anders se kinders, koop net die beste/duurste, why want ons almal is mos familie.
25.   Skenk klere op ‘n gereelde basis, dit vat net spasie en jy gaan dit nie weer dra of in dit pas nie.
26.   Besoek klein dorpies soos Maquassi, Excelsior, Hendrina en Jagersfontein.
27.   Koop gereeld parfume maar verander gereeld jou reuk/handelsmerk, so bly jy vars, uniek en baie onvoorspelbaar.
28.   Spaar maandeliks ‘n gedeelte van jou salaris.
29.   Gaan besoek ‘n outehuis, dit laat jou opnuut jou voorkoms, verstand en omstandighede van vooraf waardeer.
30.   Ry deur Alex/Soweto/die Cape flats en kyk mooi na die omgewing waarin jy jouself bevind.
31.  Betaal ‘n Personal Trainer, army style en huil vir dae na die tyd as jy sukkel om te loop, maar don’t quit.
32.   Dans, dans, dans, Presley's style.
33.   Scream and shout and let it all out…jy het reg gelees, venting is good, altyd.
34.   Lees 'n woordeboek.
35.   Lees die agterkant van jou Bybel… dis net awesome.
36.   Gaan vir ‘n fotosessie.
37.   Dra rokkies, dis immers vroulik/vrolik en sexy.
38.   Gebruik jou siekverlof, jou werkgewer gaan net ‘n bossie blomme stuur met jou dood.
39.   Koop ‘n nuwe rokkie vir elke troue.
40.   Lê op die gras, kry ‘n tan en vergeet van jou worries vir net 30 minute.
41.   Koop slegs bypassende onderklere, never mix and match.
42.   Gaan na ‘n gay klub/bar...#houopjudge.
43.   Maak vrede met jou verlede, jy wil nie toekoms op neuk nie.
44.   Flos jou tande, dit help met jou hart…so het ek gehoor #oorgehoor.
45.   Gaan vir pedi’s, gebarste hakke is als behalwe mooi/aantreklik.
46.   Trek jou ma se Crocs aan met ‘n PT broek en gaan shop in Sandton, dit sal verseker koppe laat draai.
47.   Gaan lees jou palm, jy mag dalk net terug in realiteit geskop word.
48.   Verander jou beddegoed ten minste 2 keer per jaar, dis pret en immers lekker om  in 'n ‘’ander ‘’ kamer te slaap.
49.   Skeer jou beenhare in die winter, nee wraggies dis nie die oertyd nie.
50.   Vertrou God met als, hê lief meer as wat jy ooit sal kan dink en wees spontaan.