Monday, November 25, 2013

Kersfees Survival Kit 101

Dis net Boney M, Jingle Bells en fake Santas orals in die malls. Ja, jy het reg geraai/gedink/geskree, dis amper Kersfees! Om presies te wees, vandag oor ‘n maand. So het die Mounster oor die naweek besluit om haar survival kit oor die feesgety met jul te deel. MAAR voor jul nou te opgewonde raak, eers ‘n kort geskiedkundige lessie oor die gebeure wat ons vandag Kersfees noem.

Wel, soos meeste van ons groot geword het, is Kersfees om die geboorte van Jesus te vier (homofoon…onthou jy) en dit is nogsteeds, maar vandag gaan die Mounster gou eers die onstaan van Sinterklaas aka Santa aka die vet-oomie- in-jou-familie- met- die- rooi- overall en ander aspekte rondom Kersfees verduidelik.

Kersfees versierings se ontstaan het in die Queen se land plaasgevind, was hoofsaaklik om  (Poison) Ivy’s rondom jou huis te hang, om jou te beskerm van (Liewe) Heksies  en Pagans. Latere jare het kinders uit papier versierings gemaak. Die tradisionele kleure wat toe onstaan/gemaak/ontwikkel het was Rooi, Groen en Goud. Waar Rooi die bloed van Jesus verteenwoordig het, Groen verteenwoordig die enige lewe (een of ander boom wat vir ewig lewe) en die Goud omdat Goud as eerste geskenke gebring was aan Jesus. (Let wel peeps, niks van dit staan in die BYBEL, wil net disclose aan my ander tipe lesers).

Toe gebeur die liggies, (soos gesien by die Stoffberg huis in Kempton Park, #prentjiemooi) waar dit om die kersboom gehang is. Gevolg deur engele, Jingle Bells, groot kouse en ander versierings.  En toe kom jul gunstelinge oomie, Saint Nicholas/ Kersvader/Santa. Wat baie van jul nie weet is dat hy geklee was in Biskop klere…Booya, leer jul iets vandag, met helpers en dan het hy besluit as die kind ‘n geskenk werd was of nie. En raai wat, dit het nie gebeur op Kersfees nie, maar op die 6de Desember.  Later jare het die Protestante (nie Katolieke) die idee verander na die ‘Christ Child’ as die geskenk gee persoon en die datum is geskuif na die 24ste Desember. Dis ook die U S of A mense (soos gewoonlik) wat die hele Santa ‘’Image’’ geskep, ontwikkel en gecommercialise gemaak het.

Ek wil nou nie verder gaan en ‘n oorlog oor reg en verkeerd skep nie, wou net effe info deel wat ek weet baie van jul nie geweet het nie en net blindelings glo. Maar omdat dit nou net ‘n maand weg is en dus die feesgety gaan vier moet ons ‘n plan/survival kit hê om ons deur die tyd te bring en ons geld tot einde Janaurie te strek.

Kersfees Survival Kit 101


Kersgeskenke:  Lysies, lysies en nogmaals lysies. Jy beplan en begroot. Nie onnodig, nie te duur en defnitief iets wat jy vir jouself sou koop. Maar die hele koopproses moet ook gevolg word, anders sit jy gebroke op die 1ste Janaurie. Here goes:  Jy eet ontbyt voor jy gaan shop, so spaar jy geld deur nie honger by die Mall op te daag nie, trek gemaklike tekkies/skoene aan, vars gebottelde water en ‘n pen om jou geskenklysie af te merk. Jy koop nie duur toedraai papier nie, verpersoonlik (sien hoekom anglisme so vieslike ding is) dit deur bruinpapier te koop, netjies toe te draai, met een of ander rooi/groen/goud sticker/lint/pen geskrewe naam etiket. Jy koop volgens jou vooropgestelde begroting en verander nie soos jy goed dink by die winkel self deur gemanipuleer te word deur verkoopspersone nie, hul ken almal se weakness die tyd van die jaar…#Israelietemetmakeupenstraightners!

Kersdag self: Gaan kerk toe as jou familie daai tipe ding doen, lyk skaflik al is jy by die see, kam immers dan net jou hare, borsel jou tande en sing harder as die dominee saam. By die etenstafel volg jy al die reëls soos die Mounster jul al geleer het,  hetsy jy kamp of by ‘n regte egte tafel aansit.  Jy help jou tannie met die soetsappige soene om skottelgoed te was. O ja, daai eendag van die jaar is geen rede (geen maar geen rede) om jou gesig vol vetterige kos te stop nie, jy EET soos jy die hele jaar ordentlik doen. Want kyk, die Mounster verpes   ‘’nuwe’’ mense Januarie by die gym, komaan jy weet jy gaan nie Februarie terugkeer nie!
 
Familie: Wees opreg, vriendelik en ekstra liefdevol die tyd, dis hul wat immers ver gery het en die Mounster se raad gevolg het om mooi geskenkies te koop. Hê pret, speel kaarte, board games en try iemand verdrink tydens ‘n swemsessie (ek neem geen verantwoordelikheid nie!)

Common Sense: Smeer sonbrandmiddel aan, gebruik alkoholiese verversings matig (gym = not in Februarie), gehoorsaam die E-tol stelsel en bo alles rus, vind jou vrede en kom positief terug in die nuwe jaar!