So ruk terug het ‘n vriendin van my,
my ‘n persoonlikheidstoets laat doen, op haar Ipad, oppad plaas toe, sonder my
bril aan en in die voertuig. Was effens
naar, nie in fokus nie, deurmekaar met die gebruik van die iPad (Android lover).
Daar is verskeie toetse, vraelyste
beskikbaar, die resultate sal ek nie sê is 100% korrek nie, maar vir my gee dit
‘n aanduiding, dalk vir jou ook.
Anyway, die vrae was nogal lank,
ek kon meestal relate en het spoedig ingevul. Submit. Loading, loading, loading…
Ching… You have an ENFJ personality. Viola! Great, fantasties, kom laat ons kyk
as dit nou regtig is soos die Mounster haarself beleef.
Eerstens, slegs 2% van die wêreld
beskik oor die persoonlikheid van ENJF… hokaai…ENJV verwys na (verskoon die
Ingels)
E=Extraverted: Expressive, outgoing,
prefer group activities, eager to speak their minds, more comfortable when
around other people than when alone, get energized by social interaction
N = Intuitive: Introspective, rely on
their imagination, absorbed in ideas, focus on what might happen
J = Judging: Decisive, prefer clear rules and guidelines, eager to commit,
see deadlines as sacred, seek closure
F = Feeling: Sensitive, follow their
hearts, keep feelings close to the surface, focus on harmony and cooperation
Nou dat dit uit die weg is, kom ons analiseer (eish, werk ek
hier ook), ENFJ persoonlikhede (Mounsters) is baie influential, het ‘n opregte
belangstelling in mense, is inspirerend en ander mense hou nogal van hul. Charismatic
met oortuigende benaderings wat basies daarvan hou om te praat en praat en
praat (small talk/randomness altyd). Soos hul praat, trek hul aandag en doen hul
dit met passie. Intuïsie, o die agterdog, om ander se motiewe te bevraagteken
(sue me ok, nie my skuld nie) en so ook dus hul eie gevoelens te analiseer en bevraagteken
(soms te antwoord).
Weens die omgee en sensitief te wees, veroorsaak dit probleme
om te onttrek / distansie (anglisisme op sy beste hier) te kry van ander en so
lei dit tot bekommer/stress/worry. Verder
weens die oormate van optimisme, vertrou hulle te gou (truth) en so neuk dit
hulself op…. Net omdat ek jou like/vertrou F#@ jy my op. Seriously???
Sterk en swak punte (oe oe klink soos ‘n interview…boring),
maar kom ons kyk en spot die Mounster raak. Sterk punte (Popeye/Arnold/Bismarck):
Goeie leiers (yes papa, Obama se opvolger), verdrae baie dinge/mense, reliable,
bereidheid om ander te help. Swak punte (x):
Soms selfsugtig (mmm, regtig?), te
sensitief (Twinsaver?), besluitloos soms met belangrike besluite, idealis wat
geneig is om naïef te wees.
In die werksplek, fokus hul eerder om ander happy te hou en
so die werk op tyd klaar te kry. Social op elke geleentheid (even oppad om
water te gaan haal) en word soms gekenmerk as Miss-know-it-all. Kritiek is
aanvaarbaar, maar hul is geneig om dit te persoonlik op te neem (uhm, moet dit
nie persoonlik op geneem word nie?) en beroepe soos medici, polisie en die aandele mark moet vermy word… oeps
te laat….Gedurig moet daar aanvaarding gekry word, als is dit net ‘n dankie of
great job… #happiness. Hul is uitstekende skrywers (?), politikuste en
sielkundiges… Dalk is dit my q om aansoek te doen by EFF.
Sex/hart/liefde/room tamaties, hul vat verhoudings baie
ernstig op, gee baie tyd en aandag aan die aspek van hul lewe, veral hul
wederhelftes se behoeftes. No commitment issues! Fantastiese lovers (in die
bed), haat konflik! Moet hul gevoelens uitleef/ uit praat en hoor dat hul waardeer
word. Platonies, is hul selektief oor hul vriendekring (het jy die cut gemaak?),
maar hul is lojaal en opreg. Soms net te sweet, te vol energie en effens van ‘n
Tigger. Hul vind waarde in ander wat dinge saam hul wil deel of doen, gesprekke
wil voer oor die weirdste/lukraakste solank hul nie TE veel gekritiseer word in die proses nie.
Wel, dalk weet jy nou waarom ek sekere dinge doen/sê/uitleef soos wat ek doen, beterwetend of uit
stupidity, maar take me as I am of verloor die beste ding in jou lewe!
“Imperfection
is beauty, madness is genius and it's better to be absolutely ridiculous than
absolutely boring.”