Tuesday, April 22, 2014

Roei die bootjie

Die ark.  Die mensdom, ja dom, lekker lekker soos ‘n krekker.  Die lewe maak snaakse draaie en so begin my journey oor ‘n paar dae.  Hooters het my toe ‘n ou jobbie aangebied, die implants voldoen aan die SABS (dankie Dr-ons-noem-nie-name-bona-fida-werkie) en my oranje pakkie en wit tennis tekkies netjies wag vir my in die kas.

Ek het gister die fliek Noah gaan kyk en dit vanpas gevind om hieroor bietjie idees/ kontraste/ perspektiewe oor die film vanuit die Mounster se oogpunt te deel. Ek het dit gelove, ja dis nou nie Bybels korrek nie, maar ek sien myself (en die res van die dom mense/mensdom) in die film. Elke dag, rondom my, in die straat, in die Spur, in die Spa en even in die ‘’kerk’’.

Want kyk, Narsisme/ die eie ek, soos tans gereeld gesien op Channel 199 en in die Naspers berigte is presies wat in daai film gebeur het. Nee, nee daar is geen badkamers betrokke nie.  Hier gaan dit als net oor myself (nou nie ek, maar julle, ook nie nou julle, maar ons almal).

God het als geskep en dit was goed en kom die lustige dinge van die lewe en verwoes/verniel wat goed is, rein is, opreg is. Die ark word gebou (as dit nou met klipmonsters of hyskrane was) ek gee nou nie eintlik om oor die konstruksie van die ark nie (duh ek gaan Hooters toe, hoef net te kan smile). Elke paar van al die diersoorte (damit moet die raakskiete ook ingegaan het) word in die ark gelei, onskuld hier, hul doen hul dinge, onmenslik, sonder vrye wil, dus rein/opreg/goed.  

Maar ek en jy (ons) wil mos beter wees, ons moet tog net nie gesien word in ‘n Polo handsak nie, trap op mekaar om daai sogenaamde corporate ladder te klim. Ver wat? Want ek (narsisme) ek, ek, moet ‘n plan maak, moet ander die skuld gee, moet op eiers loop, of nee wag, ander moet eerder, sodat ek die shine kan vang op elke liewe geleentheid.

Dis hier wat ek die kruks van die storie kon sien/inlees verstaan. Spoiler alert! Ek het jou gewaarsku… Noag, die suiplap wat voel hy het God teleurgestel, moord, sy seun Gam nie toegelaat om nes te kon skrop, geoordeel en sy eie lewe (en familie) wou neem, want hul het ook wickedness in hulself. Gam wat na die slang geluister het, wat nie wou wag nie, Sem wat sy pa wou vermoor weens familie twis, die ma wat agter haar man se rug gegaan het en dinge voor gevra het.  En die, my geliefste leser, is hoe dit lewe nou nog is, ek ek ek. Korrupsie, jaloesie, haat.

Wanneer staan jy nie bietjie terug , kyk na die mooi om jou en waardeer dit wat jy wel het nie. ‘n Wiskunde onnie op laerskool het in my St.5 boekie ‘n boodskap vir my gelos en eers vandag, dalk al vroeĆ«r het ek dit gesnap/gevang/begryp….‘’Dis nie beter as om ander te wees nie, maar wel beter as gister!’’

Ek self is sondig/onrein/vol v(f)oute, maar soos Jesus die man saam hom aan die kruis ‘n kans gegee het, gee my ook ‘n kans om ‘n verskil te maak, om die talente wat aan my gegee is ten volle te benut en my te aanvaar sonder voorbehoud.  


“To focus on how I'm doing more than what Christ has done is Christian narcissism”