Friday, November 29, 2013

Boer soek Afro

Boer soek ‘n vrou/slavin/publisiteit, noem dit wat jy wil, maar ek is jammer die show het een groot Boswell Circus geword. Die jaar is nie anders as die laaste vier nie, tyd om bietjie/effens te vent oor die gebeure.

Nou kyk, die intensie van die program was om liefde te vind, want die arme boertjie bly ver weg van enige pub/nagklub/kerkdans. Hy werk van sogggens tot laat saans en tyd vir dames is daar naas die oes/ploeg seisoen en dan begin als weer van vooraf.  Tien boere word aan die verhoor voorgestel en dan kry die dames (mans in een reeks) die geleentheid om aan die boere hul liefdesbriefie(s )te rig. Die vyf boere met die meeste briewe vorm dan deel van die reeks, terwyl die ander vyf dan kan maak met die briewe wat hul goed dink.

Goed, hier is dan waar die drama/komplotte/mumbo jumbo begin. Die boere kies dan uit die aantal briewe tien dames, speed dating vind dan plaas en dan word vyf finaal gekies. Die boere gaan doen dan pret goedjies saam die dames hetsy dit nou dans/kleilat/bak en brou klasse is. In daai paar uurtjies moet die boer dan sy seleksie maak en drie (vier een jaar) kom saam plaas toe…en dis dan hier waar die HKGK plaasvind.

Want kyk…hoekom skryf jy en die eerste paar ure op die plaas begin jy sommer self jou tassies te pak? Hoekom raak jy verlief in twee dae en tjank snot en trane omdat die boer nie so baie aandag skenk aan jou nie? Hoekom skryf jy in om net op televisie te wees? Jy kan wraggies op een of ander Wimpy add wees! Hoekom na jy laasjaar verneder was deur nie gekies te word nie, skryf jy dan weer in? En regtig naas als, mens eet ontbyt, nie ‘n alkoholiese verversing nie #tannieemsiesalhaarskaam!

Net soos die dames het die boere so nou en dan ook afwykings in die program. Van waar die een die horipeeps kry omdat ‘n ander man (wat danslesse gee aan een van SY vrouens vat) tot ‘n oomie wat net ‘n maatjie soek en in die proses so sy plaas bemark/gratis publisiteit. En wat my verstand te bowe gaan, was een oomie (ja lekker kommin een) wat gou dorp toe gery het, die dames op die plaas/plot agter gelaat het en met so flerrie toe by die huis aangekom het, o ja moenie van die OBS vergeet nie. Nie te min het daai tannies hul pasteie gevat en ‘n stoffie gemaak. #werfetters

Liefde is ‘n begrip wat nie vasgepen kan word nie. Dis iets wat jy weet jy voel sodra jy idillies raak en dit nie in woorde kan omskep nie. Nou baie sal sê/redeneer/try verduidelik hoe is dit moontlik dat die boer met twee vrouens ‘n besluit kan maak. Maklik! Elke persoon wat jy ontmoet/in aanraken kom wakker/ontwaak een of ander eienskap in jou of jy in hom/haar. Dit bring iets uniek in jou uit en jy sal dit nooit kan vergelyk met ‘n ander nie. En nee dit gaan nie hier oor die fisiese attraksie nie, (dis wel super belangrik), maar die intellektuele/emosionele kant van enige mens.

Nou kyk, die Mounster geniet sulke tipe programme, maar vir crowing out in a bucket, gaan vir die regte redes op die show, jy speel met iemand anders se hart hier. Damit! Wake up, die lewe is nie ‘n game nie, dis real, opreg en jy mag iemand ander se sonstraaltjie steel.


“Let there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a moving sea between the shores of your souls. Fill each other's cup but drink not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone, Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music. Give your hearts, but not into each other's keeping. For only the hand of Life can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in each other's shadow.”