Boer soek ‘n
vrou/slavin/publisiteit, noem dit wat jy wil, maar ek is jammer die show het
een groot Boswell Circus geword. Die jaar is nie anders as die laaste vier nie,
tyd om bietjie/effens te vent oor die gebeure.
Nou kyk, die intensie van die
program was om liefde te vind, want die arme boertjie bly ver weg van enige
pub/nagklub/kerkdans. Hy werk van sogggens tot laat saans en tyd vir dames is
daar naas die oes/ploeg seisoen en dan begin als weer van vooraf. Tien boere word aan die verhoor voorgestel en
dan kry die dames (mans in een reeks) die geleentheid om aan die boere hul
liefdesbriefie(s )te rig. Die vyf boere met die meeste briewe vorm dan deel van
die reeks, terwyl die ander vyf dan kan maak met die briewe wat hul goed dink.
Goed, hier is dan waar die
drama/komplotte/mumbo jumbo begin. Die boere kies dan uit die aantal briewe
tien dames, speed dating vind dan plaas en dan word vyf finaal gekies. Die
boere gaan doen dan pret goedjies saam die dames hetsy dit nou dans/kleilat/bak
en brou klasse is. In daai paar uurtjies moet die boer dan sy seleksie maak en
drie (vier een jaar) kom saam plaas toe…en dis dan hier waar die HKGK
plaasvind.
Want kyk…hoekom skryf jy en die
eerste paar ure op die plaas begin jy sommer self jou tassies te pak? Hoekom
raak jy verlief in twee dae en tjank snot en trane omdat die boer nie so baie
aandag skenk aan jou nie? Hoekom skryf jy in om net op televisie te wees? Jy kan
wraggies op een of ander Wimpy add wees! Hoekom na jy laasjaar verneder was
deur nie gekies te word nie, skryf jy dan weer in? En regtig naas als, mens eet
ontbyt, nie ‘n alkoholiese verversing nie #tannieemsiesalhaarskaam!
Net soos die dames het die boere
so nou en dan ook afwykings in die program. Van waar die een die horipeeps kry
omdat ‘n ander man (wat danslesse gee aan een van SY vrouens vat) tot ‘n oomie
wat net ‘n maatjie soek en in die proses so sy plaas bemark/gratis publisiteit.
En wat my verstand te bowe gaan, was een oomie (ja lekker kommin een) wat gou
dorp toe gery het, die dames op die plaas/plot agter gelaat het en met so
flerrie toe by die huis aangekom het, o ja moenie van die OBS vergeet nie. Nie te
min het daai tannies hul pasteie gevat en ‘n stoffie gemaak. #werfetters
Liefde is ‘n begrip wat nie
vasgepen kan word nie. Dis iets wat jy weet jy voel sodra jy idillies raak en dit
nie in woorde kan omskep nie. Nou baie sal sê/redeneer/try verduidelik hoe is
dit moontlik dat die boer met twee vrouens ‘n besluit kan maak. Maklik! Elke
persoon wat jy ontmoet/in aanraken kom wakker/ontwaak een of ander eienskap in
jou of jy in hom/haar. Dit bring iets uniek in jou uit en jy sal dit nooit kan
vergelyk met ‘n ander nie. En nee dit gaan nie hier oor die fisiese attraksie
nie, (dis wel super belangrik), maar die intellektuele/emosionele kant van
enige mens.
Nou kyk, die Mounster geniet
sulke tipe programme, maar vir crowing out in a bucket, gaan vir die regte redes
op die show, jy speel met iemand anders se hart hier. Damit! Wake up, die lewe
is nie ‘n game nie, dis real, opreg en jy mag iemand ander se sonstraaltjie
steel.
“Let
there be spaces in your togetherness, And let the winds of the heavens dance
between you. Love one another but make not a bond of love: Let it rather be a
moving sea between the shores of your souls. Fill each other's cup but drink
not from one cup. Give one another of your bread but eat not from the same
loaf. Sing and dance together and be joyous, but let each one of you be alone,
Even as the strings of a lute are alone though they quiver with the same music.
Give your hearts, but not into each other's keeping. For only the hand of Life
can contain your hearts. And stand together, yet not too near together: For the
pillars of the temple stand apart, And the oak tree and the cypress grow not in
each other's shadow.”