So nou die dag kom ek op ‘n
artikel af, heel lukraak, sommer op Twitter, maar dit het my oog gevang. Die onderwerp: Die Pil, jou keuse, done and dusted. Is dit regtig waar? Speel dit regtig so ‘n
groot rol? Of was die steekproef
heeltoevallig wat die skrywer van die artikel op gefokus het?
Vyf foto’s, heel anders, heel
kontrasterend, maar die onder andere is gelaatstrekke wat ek
geniet/voorkeur/love in ‘n man. Bestudeer die foto’s, kyk weer en lees verder…
Die Mounster verduidelik sodra jy klaar gedrool het… #haha (in geen spesifieke
orde is die foto’s gecopy en paste nie)
Volgens die artikel, verkies
vrouens op voorbehoedmiddels (Die Pil) gewoonlik mans met minder manlike
gesigte. Jou metro tipe man. Sou jy all natural wees, sal jy meer geneig wees
om ‘n Moses tipe/rugby rugged man as aantreklik/hot te vind. Die metode wat jou
hormone jou beheer, kies jou tipe man. Kies
jy reg/verkeerd kan dit jou kinders se voorkoms bepaal. Heel interessant sou ek
sê, maar laat ons verder kyk wat en hoe dit presies wat en hoe bepaal. (please note: this is not my opinion yet…wag
vir my analise oor die foto’s… wag wag wag)
Vrouens op die Pil, verkies mans
wat se gesigte eintlik meer vroulik voorkom (let op na die kakebeen, wangbene
en die lengte van die gesig). So in boere Afrikaans, 'n Pierre Spies tipe (bo en behalwe dat hy ‘n Blou bul…nee dankie). Verkieslik skoon geskeer, sagte hande en
soetsappige lippe. Die sonder voorbehoed, geniet self die voorkomste, maar as
dit kom by ‘n lewensmaat kies, soek hul iemand soos hul pa, hard, ouer-looking
tipe mans. Jy weet, daai van die veld, in die son, plooie, rugged.
Die Mounster aan die ander kant,
gaan ja en nee sê tot hul gevolgtrekking uit hul steekproef. Die foto’s, heel
lukrake persone, dalk bekendes (Gingers ingesluit) op hoe ek ‘n keuse sou maak.
As dit net op voorkoms (saak van lewe en dood ) moes wees. Kyk weer na
die foto’s. Ek gaan na elkeen verwys, een woordig en ‘n rating.(bo na onder).
Mnr. die Visserman, baard,
netjies, sterk kakebeen, breë skouers. Diep sielsverlore oë. [8/10]
Mnr. die Aktetas, sweet, boyish look, metro, goeie
gene. Sagte hande, netjies naels. [6/10]
Mnr. 007, ouer, clean shaved,
duidelike definisies van gestructured kakebeen, blond. [7,5/10]
Mnr. Hotness, donker, rugged,
sagte manly- man hande, diep oë, soet sappige lippe. [8,5/10]
Mnr. Ginger Prince, sproete,
sagte lippe, gestructured kakebeen, hemelkleurige oë. [8/10]
Die is my opinies, baie
kontrasterend, baie keer opreg, dalk verskillende pole. ’n Ginger sal iemand
uitlig, ja ja ek weet, maar daar is trekke in hom wat ek aantreklik vind. Nou
die vraag wat baie sal vra, voorbehoed of nie? Kyk weer, analiseer my antwoorde
en besluit vir jouself. Op die ou end van die dag, maak nie saak wie wat sê
nie, voorkoms/attraksie speel tog ‘n rol. Ja ek weet dis die innerlike wat
meeste gewig dra, maar vir daai split sekonde, voor jou droom man/vrou iets kon
sê, was daar ‘n chemise reaksie wat ‘n feature in jou getrigger het…Onthou
een ding, Just because a person is not beautiful in your eyes does not make them ugly.