Nou kyk, ek’t altyd die soengroet
by familie byeenkomste soort van vermy of dit sou gou as moontlik verby gekry. So
soen, soen ,soen soos om in ‘n Chinese
sweetshop te werk: in uit in uit. Want daar was nou maar oomies wat sulke nat,
spatterige soene kon gee of tannies wat so ek-wil-nou-eintlik-jou-soen-so
kom-en kry-klaar soene gegee het.
Die soen kom al jare saam die
mensdom . So kom ons kyk nie die SOEN. Die soen verskil van land tot land en
het sekere kulturele betekenisse of is net plain blerrie lekker. Soos ek tans
deur Google gaan begin ek effens stuk stuk te braak in my mond…so kom ek deel
die useless tog informatiewe info. Daar
word geglo dis instinktief en op impulsief en dat die ware doel was om kos van
die mamma tot die baba se mond oor gedra. #regtigjuk!??? En lyk my ou Dawie die
Kabouter was toe glad nie verkeerd met sy neusgroet metode nie, die was immers
gekenmerk as die eerste vorm van soen. Maar
toe moes iemand dit bevraagteken, wegruk en besef om op die mond te soen was
meer plesierig (My geld sou op die Afrikaners gewees het, maar toe was ons mos
eintlik nog op Kontinent Europa). Toe na
die gebeure begin die Romeine vatterig raak en betasting was die orde van die
dag. Oe la la… betasting.. sien daai Romeine was nou vir jou kinky hoor… dink
ek beskou myself ook as ‘n Romein nou. #enoughsaid.
Dan is daar nou vir jou ‘n klomp
hooligans wat die soen verban of dit vuil vind #skaamjulle. Sommige lande glo die mond is deel van die
siel en met ‘n soen nooi jy die dood. Ag please cry me a river… ja ‘n soen
connect met jou siel, maar dis lekker, fantasties en laat die tone krul. Vir wat
wil jy dit nou staan en konnekteer (lekker Anglisme hier van my) aan die dood?
En dan natuurlik mag die soen ‘n
betekenis gee soos respek toon, vriende groet of om iemand te
verraai (Judas… as jy maar net geweet het jou soen het eintlik die wêreld
gered). Verder word daar deesdae airkisses gegee, so fake as jy my vra, maar jy
vra my nou nie. Dis vir my jy wil iemand soen, maar jy is net te flippen dom of
useless of die mond raak te sien. Die lug om die wange is so banaal en
overrated.
Dan natuurlik word soene met intieme,
passievolle en R18SNLV gebind. Die verbode. Die ongesproke. Die sleutel tot die
groot O… Wil soms net so graag skree dat vele, nogal baie vroue daar buite moet
oorgee, ontspan en Die Soen embrace, fantaseer en herhaaldelik laat gebeur. En nee
50 Shades is nie die antwoord nie. Dis dom, useless en die dialoog kan beter
oorvertel word deur ‘n graad eentjie. Jy het al die tools tot jou beskikking,
gebruik dit en hou op verskonings uitdink.
Net so bietjie biologiese
inligting, wat eintlik belangrik is… Wanneer jy iemand soen word ‘n groot deel
van die brein aktief (vir sommiges is dit dalk die enigste keer), jou stresvlakke
verlaag. Die lysie gaan aan… jy weet dis waar.
So gaan uit vandag, approach daai
hot hunk en gee daai oopmond soen. Oopmond
(met of sonder effens tong), die lewe is te kort om te worry of moet ek of moet
ek nie… #nocomment.