Wednesday, August 17, 2016

Skinny selluli(tiet)e

 Nou kyk, eks nou nie ‘n Megan of Heidi nie, eks maar die Mounster en om die Mounster te wees beteken  jy’s nie ‘’normaal’’ nie. Jy’s kort, jou tulips is ‘n size 3 (kiddies special), al jou jeanpants kort ‘n naaimasjien en die spieël by Mr Price lag vir  jou.

Om kort te wees, effe vet (varkvet as jy my vra, maar jy vra nie dus sê ek) en nie regtig te mode bewus kan ‘n dilemma wees. Keer op keer, gaan ek mall toe en keer  na keer koop ek maar niks, want niks pas nie. Dis asof almal dink dis nog die sixties  en Twiggy oorheers. Surprise! Die die jaar jaar 2016 en almal kom in different shapes en sizes. Dis hier wat ek effe moerig raak, want hoekom cater niemand  vir  my?!

Die mode industrieë is een groot China Mall, net met labels wat fancy geprint is met ‘n nommer, ‘n nommer wat veroorsaak dat ek my kort(i)zol die hoogte in skiet. My want kyk, niemand  like  dit om te sê of om te bother om ‘n size 14 te dra/koop/erken. Ok eks nou nie daar…you get my drift ?

Maar kom ons kyk na die  groot China Mall wat ons meeste van ons naweke in bevind. Die klere se materiaal is shine through (lekker Kempton), die knope is skeef aangewerk en daai size wat jy gegryp het sonder om aan te pas, pas toe nie.  Hoeveel keer het jy nie al gehuil nie, ok ek het, don’t judge me ok.

Om kort te wees beteken jy kan geen jean net aantrek na die aankope nie, jy moet heel grips in jou pointer heels sit en as jy nie mooi kyk plak daai broek so dat die selluliet skree  om asem te kry. En dis hier wat ek besef het ek is nie op standaard, maar wat word dan gesien as mooi/hot/eintlik sieklik?
Die mode industrieë het die volgende vroue shapes  geklassifiseer en vergeet om vir  die Mounster te cater
1     Driehoekige vorm: WTF # LOL, was my eerste indruk, maar kom ons kyk daarna. Die middel is 23 cm  kleiner as die borste (tiete tiete) en die heup mates. Vet word versprei oor die boude, maag en ag seker ander plekke wat nie saak maak. Maar wat te hel, ekt nog nie sulke klere gesien nie…dalk omdat ek maar seker shop by Mr Price en PnP.                                                                                        Omgekeerde driehoek: Seriously? O toe ek nou lees, die appel vorm, hoekom sê hul nie so! Basies is jou bene en heupe soos tandestokkies en die res van  liggaam vol vet… want kyk kom ons call ‘n spade ‘n vet.
3    Die lepel?: Kyk na ‘n lepel… onderste bo en jy het die antwoord.
4    Die uurglas: Ek nie geweet Days of our lives  speel ‘n rol met klere nie?
Maar wat ek nou nie verstaan van die groot China Mall industrieë nie, het hul nooit na skilderye gekyk van dames in die 16de eeu nie? Daai vetrolletjies het maar lekker gespring roll!  Hoekom my nou probeer indruk in ‘n skinny , nie A Line rok, wat half uitflair en in die proses my buuste laat ontplof?


So ek het ‘n keuse, either begin my eie besigheid om voorsiening te maak vir mense soos die Mounster of laat daai jeanpant maar getailor word en dra ‘n ski pant tot dit reg is! Maar either way, ‘’I have an hourglass figure too…mine just contain more sand’’

Thursday, February 5, 2015

Die jaar 2015

Dis die jaar 2015, kerse en gasstowe is heavy on demand. Water skraps en my Shield is amper op.  ‘n 23km rit word ‘n trippie na Ermelo/Klerksdorp of even Parys toe, met die tydsduur wat dit mens deesdae neem. Die internet gaan binnekort iets van die verlede word, tensy jy ‘n generator het. Want kyk, Eishkom het ons aan die balls.

Suid-Afrika is besig om ‘n sirkus te word, as dit nie Channel 199 of die Dewani saak is nie, is dit ‘n familie met byle of boitoks oor  busse, treine en skole wat afgebrand word. Brand Suid-Afrika! Brand!

Verder beleef ons in ‘n milieu waar my Pappa geboikot word om te sing, waar die brandstof vir die eerste keer in jare amper onder R10,00 is en waar ek dalk net nie meer wil wees nie.

Die laaste twee maande is my lewe is ‘n feë verhaal, nie ‘n sneeuwytjie een nie, meer soos ‘n rooikappie en die wolf een.  Van opstaan in die oggend, tot gaan slaap in die aand… Duh, dis dalk te obvious gewees. Maar dis hoe dit begin, gym…dis nou nie bad nie, het ‘n super duper cool meisie wat my vet/selluliet omskep in iets wat as ‘’normaal’’ beskou kan word. Die gym kleedkamers, van Dawn, na lipstiffie in jou hare sit om die grys patches net net te cover. Verkeer,  waar 14de Laan, my eie 7de Laan word. Tot waar ek voor my rekenaar gaan plak.

Agt tot nege ure per dag, nes jy, doen ek dit, dalk eers so twee ure gevat om voor my rekenaar te kom plak….maar immers is ek hier.  En dan begin die horror… tam tam tam….**weens terms en conditions, mag die horror verhaal nie vandag ontbloot word nie** to be continued to na my meeting later vandag.

En dan as ek lucky is, vat my trippie net so 45 minute huis toe, anders gaan ek weer tegnies Klerksdorp toe.
Dis hier waar ek en jy eintlik dieselfde is (same same but different), maar ook tog nie eintlik nie.

Nie een van ons, kan ons lewens vergelyk nie, maar hoe ons dit hanteer, wel. Eishkom is hier om te bly, want niemand anders het die geld/guts om die monopolie te veg nie (‘n John Seena en Carlito fight sou die ding gedoen het). Ons kollegas het skedule probleme, dalk geprogammeer om op te tree so, ander nie. Ons almal bevind ons in ‘n plek wat nie meer so happy is soos wat dit eintlik bedoel is om te wees nie.  Ons klou vas, want ons wil nie weet wat sal gebeur as ons dalk verstaan hoekom die wolf in ons lewe is nie. Ons is besig om masjiene te word (nou nie hot POK swembad masjiene nie), maar roetine mense. Ons aanvaar dit maar, want dit is gemaklik.

Vandag staan ek op teen roetine, (behalwe gym toe gaan, want ek is ‘n vettie)! Traffic gaan ‘n geleentheid word om Bybel te lees/dalk maar ook my Huisgenoot! Werk gaan ‘n Boswell sirkus bly, maar hoe ek my stralende persoonlik gaan laat skyn, gaan almal shades moet kry (50 shades, ha ha ha, not). Change, want Eishkom kan nie, change want jou agtergrond het jou geshape om te besef wat jy nie wil wees nie, change want om kaart by kerslig te speel is baie gesonder as 'n Ipad in die hand, change, coz it is the right thing to do (geldjie SABC vir die TV lisensie sê- ding!)



“Life is a series of natural and spontaneous changes. Don't resist them; that only creates sorrow. Let reality be reality. Let things flow naturally forward in whatever way they like.

Tuesday, November 11, 2014

Die Stemmetjie in jou verlede

Eerstens, die blog inskrywings is glad nie om te laster nie… ek is net plein weg te arm om enige regskoste te kan bekostig. Jul weet, Hooters betaal mos nie veel nie, ek nader Lollipop Lounge nou al.  (Discretion of the writer…of client…of wat ookal daai dude op die billboard gesit het.

Die laaste paar maande was besig in die Mounster se lewe; van hondjies Ice Bucket, tot werk laat aande en kuier tot 8:00 p.m. Nogal laat ne? Maar immers het ek bietjie die nuus gevolg. Wraggies, het ek die Oscar Trail net-net mis geloop, Dewani samani, ek wil regtig nie nou weet van hopitoties nie.

Ok, terug by my pappa…ja my pappa. Die hot pampoen singer. Ek verstaan nie waarom almal so te kere gaan oor die Stem nie. Damit ken jul nie C.J. Langehoven nie? Die vader van ons nasie…wag so bietjie is dit nie pappa  Steve nie, of wag was dit nie Jakob nie? Ek is effe deurmekaar, maar ekt geen probleem daarmee nie. Iets so kultureel en eg, waardevol en histories wat van ons gesteel wil word. Ok, dis nie ‘’gesteel’ nie, maar vernuwe.

Ek kyk nou die dag ‘n movie, Momuments Men en dit is presies wat in ons toekoms gaan gebeur as ons nie weet wie en wat ons is nie!  Basies wat gebeur het, Oom Hitler, het begin om al die skilderye en geskiendundige dinge in Europa te steel. Want hoe breek jy ‘n nasie af?  Jy breek hul moraal af, jy vertel hul hul is effe baie useless en jy steel hul geskiendenis. Nie baie op ‘n slag nie, stukkie vir stukkie oor ‘n tydperk. Die resultaat: woede, haat en pyn %!%

En dis hier vandag wat gebeur, sonder dat jul dit besef, (effe useless) word daar stukkie vir stukkie van ons gesteel. Skole wat Afrikaans en boonop “Christelik’’ is word vervang met die woord Parallel/Dual Medium of watookal dit is deesdae  #jy_weet_waarvan_ek_praat. Ons gee ons kinders nie meer name soos Johannes of Sarie nie, want dis moeilik om uit te spreek. #Twak! Ons weet nie meer hoekom ons Gelofte dag vier nie, hoekom Pierneef ten duurste gister aand opgeveil was nie. Ons is verdeeld, ons is verlore, ons klou aan ander vas, want wat met ons gebeur het, is mos nie meer te sprake nie?

Ek los jul met ‘n open ending:
Verdra die teestander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil.


Wednesday, September 10, 2014

Sywurms



So gister stap ek na ‘n vriendin se tafel by die werk en gewaar ‘n Tupperware  bakkie,  sommer ‘n roomys een, jy weet mos #arm #lekker_recycle.  En sommer om te skroom of eers te dink voor ek praat, mompel ek wurms! Sywurms interdaad was in daai bakkie, dus hier waar ek wil stil staan vandag. Ons lewe net-net.  Leef verby mekaar,  leef in verkeer, leef outamaties.

Dis Lente, ok nou nog nie tegnies- tegnies nie, maar die temperatuur het die hoogte ingeskiet, voëltjies tjirp vroeg-vroeg en daar is bloeisels aan die bome. Dis korrek, bloeisels!

Dis hier waar ek begin dink het (ja ek kan nog dink, net-net), dis 2014, niemand ken meer hul bure nie, ons word ‘n roetine, ons is ‘n meeting. Ipads in die hand gestop, kleuters hardloop nie meer in die strate nie. (ek praat nou hier van gewone middelklase woonbuurte), waarheen is die samelewing oppad?

Toe ek daai sywurms gewaar, dink ek terug aan die dae van daai wurms, aan die dae van albasters uitruil (daai met The Lion King karakters op), waar ons walk-the dog met ‘n Fanta Yo-Yo gedoen het. Waar ons in L.O. (ja regtig L.O.) af swembad toe geloop, baljaar het in die water.  Waar Barbie en Ken nie geskei het van mekaar nie, waar papier poppe jou ure se pret gegee het en waar jy kaalvoet in die Checkers kon loop (o wag, daai gebeur nog).

Vandag is dinge anders, ja ja, ek weet tegnologie hardloop vinniger as Bolt vooruit, maar staan vandag ‘n bietjie terug. Bevind jou in die wêreld waar landlyne die in ding was (dankie oom Alexander Bell). Waar Janik my Sondae aande gebel in Dawson’s Creek tyd om sy wiskunde antwoorde te vergelyk en ek die hele eposide mis. #Damit ma wou dit nie opneem met die video tape nie.  Waar ons rek gespring het, waar ons bang was vir juffrou of meneer , want ons huiswerk was nie gedoen nie. Waar ons by die kerkbasaar daai stupid tombola tafel gate uit geniet het, solank ons net ‘n bakkie kerrie en rys kon kry.

Daai dae is verby, maar jy het ‘n keuse. Die keuse wat jou gaan laat wakker word, voluit, nie net-net nie.  Die keuse om te leef, leef al werk jy lang ure, leef al het jy ‘n baba, leef sonder om jou werk en baba as verskoning gebruik. Leef en sit neer daai selfoon, braai buite, loop kaalvoet oor die gras, ag sommer in jou pt broek ook. Werk in daai tuin, plant daai Dalhia’s.  Hou op verskonings soek, sê Nee prontuit! Maak tyd vir jou vriende, al bly hul in ander provinsies, want hoekom, want die Mounster doen dit, dus kan jy ook (ha ha, kom die deuntjie van My-man-kan op in my kop…#weirdo)


‘’As alles jou kant toe kom, dan is jy aan verkeerde kant van die pad.”

Wednesday, July 2, 2014

Siek, Siek, samelewing!

Soos wat ek hier sit, is ek effe omgekrap, neé die M%#r in en dit het my writer’s block ontkoppel/oopgemaak/verfris.  Als ten danke aan die samelewing waarin ons, onsself bevind. ‘n Siek, kommin en effense perverse een. Laat ek my gedagtes met jul deel rakende mense wat ek sien as kommin. En voor jy my nou judge/oordeel/veroordeel en sê ek judge (ek doen nie, ek lig net ‘n opinie wat relevant is) sien dit uit my oogpunt.  

So lees ek ‘n artikel oor ‘n vrou wat tronkstraf opgelê is, weens haar dade.  Haar %%%$ siek,  siek,  hondsiek dade.  Ja, ek het haar sleg gesê (kom oor dit toe nou), maar genoeg is genoeg.  Hoe in die lewe verkrag jy jou eie seun en druk jou gestremde dogter vas sodat haar pa haar kan verkrag? Hoe?  Hoe het die samelewing sulke dinge toegelaat? Ek sak my kop in skaamte en my binneste borrel van woede.

Want kyk, daar is gewoonlik ‘n patroon met sulke omstandighede en hier gaan ek seker weer geoordeel word, want kyk ek is meestal (altyd) reg, veral as my opmerkings gesien word as ''generalising''. Maar in meeste gevalle kom die volgende eienskappe voor by mense wat ek as kommin beskou:

1.       Hul lyk nooit goed nie, (selfversorgend/die gelaats/eie ek voorkoms) is afwesig.  Asof selfrespek  iets  is wat net hoogs geleerdes van weet (vanuit hul perspektief) (Ja, ek het in so area gewoon  lank, lank terug en kennisse gemaak met mense soos dié.)
2.       Skool opvoeding, geen of minder as St6, want kyk dis mos lekkerder om jou crack te wys met jou blou overall broek en jou kar te tune (apologie (erg ek weet) aan die motorwerktuigkundiges daar buite wat nie so is nie).
3.       Tienerswangerskappe, want hopitoti is lekkerder as leer van die ekonomie, finansies en basiese behoeftes.

Daar is nog vele ander punte (wat ek as kommin beskou…sien vorige blog posts), maar ek gaan stop hier by swangerskappe/kind kry een. Dis hier waaroor ek kwaad is/omgekrap is/hartseer en teleurgesteld is.

Hoeveel vrouens/paartjies is kinderloos, probeer vir jare en die noodlot het hul net getref. Hoeveel?  Hoeveel het goeie inkomste, basiese beginsel wat lei na goeie waardes en norme (wat sal bydrae tot ‘n suksesvolle samelewing)? Hoeveel is bereid om hul stompies (skies seker nou nie goeie tyd om die verwysing te gebruik nie #channel119) af te werk/op te offer/liefde te toon om net daai kindjie in hul arms te hou en te versorg na die beste van hul vermoë?

Maar neé, die noodlot like mos die kommin mense ‘happy ‘ maak deur hul vrye wil te gee (wat hul nie reg gebruik nie) en te hopitoti erger as ‘n trop (seker verkeerd, maar ek voel soos trop sê) konyne. Kommin mense wat nog kommin mense maak. En so in die proses, die samelewing opneek (sien my verwysing na die vrou, die siek, siek vrou).

Vandag pleit ek met ‘n goeie, opregte hart. Dink voor jy doen, dink aan jou nagevolge en kies jou lewensmaat reg (die eerste keer)! Want die samelewing kort nie sulke mense soos die Springs gruwel huis of mevrou-ek-rape-kase-my-seun!


“Class is an aura of confidence that is being sure without being cocky. Class has nothing to do with money. Class never runs scared. It is self-discipline and self-knowledge. It's the sure-footedness that comes with having proved you can meet life.  



Friday, May 2, 2014

Bon Voyage

Ek tel die ure af, wou eintlik ingeskryf het vir Sarie voorblad meisie, maar toe besef ek is nie blond nie en net nou word ek dalk famous wat nagevolge kan hê.  Sou ek dus famous word vir een of ander obskure (lekker anglisme né) rede, sou een of ander  een  van julle, ja, jy wat dié lees, een of ander secret/Middies/Koshuis skandaal aan die Huisgenoot sommer stuur. Dis toe maar laat ek besluit het om my laaste post hier te skryf.

Om van werk te skuif is nie vir s(u)ssies nie, wel ek is een, so ek kan dit hanteer. Jy spandeer meeste van jou dag saam mense wat jou nie altyd verstaan nie, wat nie wil praat nie, wat te veel praat (insluitende myself). Hul word eintlik soos jou familie, wel nou nie almal nie, ok net die wat jy kies om as familie te sien.

In die millieu waar jy jouself bevind, word jy gevorm en geskuur, altyd vir die beste, jy besef dit dalk net eers jare later. My journey die laaste jaar en 10 maande was nie altyd pret nie, my JET rompies en PEP sykouse het soms uitgestaan soos ‘n neon hanswors by ‘n kerk basaar. My out of season handsakke het net net nie die cut gemaak nie en my persoonlikheid het baie lesse beleef.

But I survived! Natuurlik was daar goeie dinge ook, harde werk pluk lekker koejawels en nuwe mense wat jy na die tyd as opregte vriende kan noem/sien/beleef, nie net kollegas nie.  Dis hulle  wat my laat uitsien het, ten spyte van my out of season  handsakke en PEP sykouse. Dis hulle wat my gevorm het om beter te wees as die vorige dag, om situasies anders te hanteer en Papsak te vervang met dooswyn!

Maar soms in daai ander dae wat dinge nie na koejawels gelyk of gesmaak het nie, eerder suurlemoene wat  op jou gegooi is, leer mens die meeste.  Vandag wil ek graag dinge en situasie hantering (ja ja ek kon nie aan iets beter gedink het nie) met jul deel.  Sodat jy wat dalk, net dalk dieselfde te beleef, suiker op daai suurlemoene gooi en sommer detox in die proses:

Sou daar konflik ontduik (ja daar gaan as jy ‘n persoonlikheid en werksetiek het soos ek), gaan na ‘n kamer wat privaat is, gaan met ‘n open mind, wees kalm (pop so paar pille eers…grappie julle) en luister na die ander persoon se perspektiek op die saak wat daartoe gelei het dat konflik onstaan het.  Persoonlik dink ek dis beter as ‘n derde party vir eers betrokke is, om as ‘n mediator op te tree. Koffie drink en ‘’jammer’’ sê net omdat jy dink jy moet (al was jy reg) is nie altyd die oplossing nie #justsaying.

In die privaat kamer (kantoor duh) probeer uitvind wat nou eintlik die oorsaak is  van die konflik. Meestal is die persoonlikhede wat crash boom bang. Die ander party mag dalk bedreig/geintimideerd voel deur jou, sonder dat jy dit weet/besef het, maar my goeie genade, jy kan my nie judge oor my stem of omdat ek ‘n  perfeksionis is  nie! Get a life... anyway terug na die advies, as jy dus dan kan sien wat die ‘’issue’’ is met jou of jy met die ander persoon, hanteer dit daar en dan.  Kry dit uit die weg, moenie jou alie wip nie, stel jou kant en laat die ander persoon ook. Luister, moenie die blaam (damit wat is fout met my vandag, blameer/skuldgevoel) kaart speel nie nie, gebruik eerder terme soos ‘’Ek’’ voel so en so as dit gebeur.  Kry ‘n middeweg, smile en gooi bietjie suiker op die suurlemoen, want dit gebeur nie die eerste keer dat jy die probleem oplos nie, of dalk het jy magic fingers.

Dis eintlik hier wat jy gevorm en geskuur word en suiker bietjie vir bietjie gestrooi word. Jy leer jouself sien deur ander se oë, hoe jy nie moet tip toe om ander nie, maar dat jy met sekerheid hul respekteer vir hul as persoon, hoe hul persoonlikheid is en hoe om die werksomstandighede te verbeter en net te fokus om tydlyne te bereik, goeie gehalte produkte te lewer en dit wys hoekom jy is wie jy is.

Maandag begin my nuwe jobbie, ek sal nie sê ek is skrikkerig of bang nie, ek sien uit na die uitdagings (wat mens in perspektief tog in ‘n mate laat skrikkerig voel), maar dié keer het ek ‘n hele Builders Warehouse se toerusting om my te bekwaam (50 shades papa haha..grappie julle).  En soos die akteurs (mag glo bleikbaar nie meer sê aktrises nie, dis seksisties) aan die einde van hul speech God bedank, doen ek ook, maar ek hoef nie op die straathoeke dit te gaan uitskree nie, in my stilte plek en by myself, gee ek al die lof en eer.

En soos die wyse ou Salomo gesê het (PS vir die wat nie geweet het nie,’n sin mag nie met En begin nie, want dit is eintlik ‘n reël, gaan check it uit, hosja AWS)

“Often people attempt to live their lives backwards; they try to have more things or more money in order to do more of what they want so that they will be happier. The way it actually works is the reverse. You must first be who you really are then do what you need to do in order to have what you want. ” 


Tuesday, April 22, 2014

Roei die bootjie

Die ark.  Die mensdom, ja dom, lekker lekker soos ‘n krekker.  Die lewe maak snaakse draaie en so begin my journey oor ‘n paar dae.  Hooters het my toe ‘n ou jobbie aangebied, die implants voldoen aan die SABS (dankie Dr-ons-noem-nie-name-bona-fida-werkie) en my oranje pakkie en wit tennis tekkies netjies wag vir my in die kas.

Ek het gister die fliek Noah gaan kyk en dit vanpas gevind om hieroor bietjie idees/ kontraste/ perspektiewe oor die film vanuit die Mounster se oogpunt te deel. Ek het dit gelove, ja dis nou nie Bybels korrek nie, maar ek sien myself (en die res van die dom mense/mensdom) in die film. Elke dag, rondom my, in die straat, in die Spur, in die Spa en even in die ‘’kerk’’.

Want kyk, Narsisme/ die eie ek, soos tans gereeld gesien op Channel 199 en in die Naspers berigte is presies wat in daai film gebeur het. Nee, nee daar is geen badkamers betrokke nie.  Hier gaan dit als net oor myself (nou nie ek, maar julle, ook nie nou julle, maar ons almal).

God het als geskep en dit was goed en kom die lustige dinge van die lewe en verwoes/verniel wat goed is, rein is, opreg is. Die ark word gebou (as dit nou met klipmonsters of hyskrane was) ek gee nou nie eintlik om oor die konstruksie van die ark nie (duh ek gaan Hooters toe, hoef net te kan smile). Elke paar van al die diersoorte (damit moet die raakskiete ook ingegaan het) word in die ark gelei, onskuld hier, hul doen hul dinge, onmenslik, sonder vrye wil, dus rein/opreg/goed.  

Maar ek en jy (ons) wil mos beter wees, ons moet tog net nie gesien word in ‘n Polo handsak nie, trap op mekaar om daai sogenaamde corporate ladder te klim. Ver wat? Want ek (narsisme) ek, ek, moet ‘n plan maak, moet ander die skuld gee, moet op eiers loop, of nee wag, ander moet eerder, sodat ek die shine kan vang op elke liewe geleentheid.

Dis hier wat ek die kruks van die storie kon sien/inlees verstaan. Spoiler alert! Ek het jou gewaarsku… Noag, die suiplap wat voel hy het God teleurgestel, moord, sy seun Gam nie toegelaat om nes te kon skrop, geoordeel en sy eie lewe (en familie) wou neem, want hul het ook wickedness in hulself. Gam wat na die slang geluister het, wat nie wou wag nie, Sem wat sy pa wou vermoor weens familie twis, die ma wat agter haar man se rug gegaan het en dinge voor gevra het.  En die, my geliefste leser, is hoe dit lewe nou nog is, ek ek ek. Korrupsie, jaloesie, haat.

Wanneer staan jy nie bietjie terug , kyk na die mooi om jou en waardeer dit wat jy wel het nie. ‘n Wiskunde onnie op laerskool het in my St.5 boekie ‘n boodskap vir my gelos en eers vandag, dalk al vroeër het ek dit gesnap/gevang/begryp….‘’Dis nie beter as om ander te wees nie, maar wel beter as gister!’’

Ek self is sondig/onrein/vol v(f)oute, maar soos Jesus die man saam hom aan die kruis ‘n kans gegee het, gee my ook ‘n kans om ‘n verskil te maak, om die talente wat aan my gegee is ten volle te benut en my te aanvaar sonder voorbehoud.  


“To focus on how I'm doing more than what Christ has done is Christian narcissism”