Wednesday, September 10, 2014

Sywurms



So gister stap ek na ‘n vriendin se tafel by die werk en gewaar ‘n Tupperware  bakkie,  sommer ‘n roomys een, jy weet mos #arm #lekker_recycle.  En sommer om te skroom of eers te dink voor ek praat, mompel ek wurms! Sywurms interdaad was in daai bakkie, dus hier waar ek wil stil staan vandag. Ons lewe net-net.  Leef verby mekaar,  leef in verkeer, leef outamaties.

Dis Lente, ok nou nog nie tegnies- tegnies nie, maar die temperatuur het die hoogte ingeskiet, voëltjies tjirp vroeg-vroeg en daar is bloeisels aan die bome. Dis korrek, bloeisels!

Dis hier waar ek begin dink het (ja ek kan nog dink, net-net), dis 2014, niemand ken meer hul bure nie, ons word ‘n roetine, ons is ‘n meeting. Ipads in die hand gestop, kleuters hardloop nie meer in die strate nie. (ek praat nou hier van gewone middelklase woonbuurte), waarheen is die samelewing oppad?

Toe ek daai sywurms gewaar, dink ek terug aan die dae van daai wurms, aan die dae van albasters uitruil (daai met The Lion King karakters op), waar ons walk-the dog met ‘n Fanta Yo-Yo gedoen het. Waar ons in L.O. (ja regtig L.O.) af swembad toe geloop, baljaar het in die water.  Waar Barbie en Ken nie geskei het van mekaar nie, waar papier poppe jou ure se pret gegee het en waar jy kaalvoet in die Checkers kon loop (o wag, daai gebeur nog).

Vandag is dinge anders, ja ja, ek weet tegnologie hardloop vinniger as Bolt vooruit, maar staan vandag ‘n bietjie terug. Bevind jou in die wêreld waar landlyne die in ding was (dankie oom Alexander Bell). Waar Janik my Sondae aande gebel in Dawson’s Creek tyd om sy wiskunde antwoorde te vergelyk en ek die hele eposide mis. #Damit ma wou dit nie opneem met die video tape nie.  Waar ons rek gespring het, waar ons bang was vir juffrou of meneer , want ons huiswerk was nie gedoen nie. Waar ons by die kerkbasaar daai stupid tombola tafel gate uit geniet het, solank ons net ‘n bakkie kerrie en rys kon kry.

Daai dae is verby, maar jy het ‘n keuse. Die keuse wat jou gaan laat wakker word, voluit, nie net-net nie.  Die keuse om te leef, leef al werk jy lang ure, leef al het jy ‘n baba, leef sonder om jou werk en baba as verskoning gebruik. Leef en sit neer daai selfoon, braai buite, loop kaalvoet oor die gras, ag sommer in jou pt broek ook. Werk in daai tuin, plant daai Dalhia’s.  Hou op verskonings soek, sê Nee prontuit! Maak tyd vir jou vriende, al bly hul in ander provinsies, want hoekom, want die Mounster doen dit, dus kan jy ook (ha ha, kom die deuntjie van My-man-kan op in my kop…#weirdo)


‘’As alles jou kant toe kom, dan is jy aan verkeerde kant van die pad.”