Eerstens, die blog inskrywings is glad nie om te laster nie…
ek is net plein weg te arm om enige regskoste te kan bekostig. Jul weet,
Hooters betaal mos nie veel nie, ek nader Lollipop Lounge nou al. (Discretion of the writer…of client…of wat
ookal daai dude op die billboard gesit het.
Die laaste
paar maande was besig in die Mounster se lewe; van hondjies Ice Bucket, tot
werk laat aande en kuier tot 8:00 p.m. Nogal laat ne? Maar immers het ek
bietjie die nuus gevolg. Wraggies, het ek die Oscar Trail net-net mis geloop,
Dewani samani, ek wil regtig nie nou weet van hopitoties nie.
Ok, terug by
my pappa…ja my pappa. Die hot pampoen singer. Ek verstaan nie waarom almal so
te kere gaan oor die Stem nie. Damit ken jul nie C.J. Langehoven nie? Die vader
van ons nasie…wag so bietjie is dit nie pappa Steve nie, of wag was dit nie Jakob nie? Ek is
effe deurmekaar, maar ekt geen probleem daarmee nie. Iets so kultureel en eg,
waardevol en histories wat van ons gesteel wil word. Ok, dis nie ‘’gesteel’ nie,
maar vernuwe.
Ek kyk nou die
dag ‘n movie, Momuments Men en dit is presies wat in ons toekoms gaan gebeur as
ons nie weet wie en wat ons is nie! Basies
wat gebeur het, Oom Hitler, het begin om al die skilderye en geskiendundige
dinge in Europa te steel. Want hoe breek jy ‘n nasie af? Jy breek hul moraal af, jy vertel hul hul is
effe baie useless en jy steel hul geskiendenis. Nie baie op ‘n slag nie,
stukkie vir stukkie oor ‘n tydperk. Die resultaat: woede, haat en pyn %!%
En dis hier
vandag wat gebeur, sonder dat jul dit besef, (effe useless) word daar stukkie
vir stukkie van ons gesteel. Skole wat Afrikaans en boonop “Christelik’’ is word
vervang met die woord Parallel/Dual Medium of watookal dit is deesdae #jy_weet_waarvan_ek_praat. Ons gee ons
kinders nie meer name soos Johannes of Sarie nie, want dis moeilik om uit te
spreek. #Twak! Ons weet nie meer hoekom ons Gelofte dag vier nie, hoekom
Pierneef ten duurste gister aand opgeveil was nie. Ons is verdeeld, ons is
verlore, ons klou aan ander vas, want wat met ons gebeur het, is mos nie meer
te sprake nie?
Ek los jul
met ‘n open ending:
Verdra die teestander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die
reg om te verskil.