Soos wat ek hier sit, is ek effe omgekrap, neé die M%#r in en dit het
my writer’s block ontkoppel/oopgemaak/verfris. Als ten danke aan die samelewing waarin ons,
onsself bevind. ‘n Siek, kommin en effense perverse een. Laat ek my gedagtes
met jul deel rakende mense wat ek sien as kommin. En voor jy my nou
judge/oordeel/veroordeel en sê ek judge (ek doen nie, ek lig net ‘n opinie wat
relevant is) sien dit uit my oogpunt.
So lees ek ‘n
artikel oor ‘n vrou wat tronkstraf opgelê is, weens haar dade. Haar %%%$ siek, siek, hondsiek
dade. Ja, ek het haar sleg gesê (kom oor
dit toe nou), maar genoeg is genoeg. Hoe
in die lewe verkrag jy jou eie seun en druk jou gestremde dogter vas sodat haar
pa haar kan verkrag? Hoe? Hoe het die
samelewing sulke dinge toegelaat? Ek sak my kop in skaamte en my binneste
borrel van woede.
Want kyk, daar is
gewoonlik ‘n patroon met sulke omstandighede en hier gaan ek seker weer
geoordeel word, want kyk ek is meestal (altyd) reg, veral as my opmerkings
gesien word as ''generalising''. Maar in meeste gevalle kom die volgende eienskappe
voor by mense wat ek as kommin beskou:
1.
Hul
lyk nooit goed nie, (selfversorgend/die gelaats/eie ek voorkoms) is afwesig. Asof selfrespek iets is
wat net hoogs geleerdes van weet (vanuit hul perspektief) (Ja, ek het in so
area gewoon lank, lank terug en kennisse
gemaak met mense soos dié.)
2.
Skool
opvoeding, geen of minder as St6, want kyk dis mos lekkerder om jou crack te
wys met jou blou overall broek en jou kar te tune (apologie (erg ek weet) aan
die motorwerktuigkundiges daar buite wat nie so is nie).
3.
Tienerswangerskappe,
want hopitoti is lekkerder as leer van die ekonomie, finansies en basiese
behoeftes.
Daar is nog vele
ander punte (wat ek as kommin beskou…sien vorige blog posts), maar ek gaan stop
hier by swangerskappe/kind kry een. Dis hier waaroor ek kwaad is/omgekrap
is/hartseer en teleurgesteld is.
Hoeveel
vrouens/paartjies is kinderloos, probeer vir jare en die noodlot het hul net
getref. Hoeveel? Hoeveel het goeie
inkomste, basiese beginsel wat lei na goeie waardes en norme (wat sal bydrae
tot ‘n suksesvolle samelewing)? Hoeveel is bereid om hul stompies (skies seker
nou nie goeie tyd om die verwysing te gebruik nie #channel119) af te werk/op te
offer/liefde te toon om net daai kindjie in hul arms te hou en te versorg na
die beste van hul vermoë?
Maar neé, die
noodlot like mos die kommin mense ‘happy ‘ maak deur hul vrye wil te gee (wat
hul nie reg gebruik nie) en te hopitoti erger as ‘n trop (seker verkeerd, maar
ek voel soos trop sê) konyne. Kommin mense wat nog kommin mense maak. En so in
die proses, die samelewing opneek (sien my verwysing na die vrou, die siek,
siek vrou).
Vandag pleit ek
met ‘n goeie, opregte hart. Dink voor jy doen, dink aan jou nagevolge en kies
jou lewensmaat reg (die eerste keer)! Want die samelewing kort nie sulke mense
soos die Springs gruwel huis of mevrou-ek-rape-kase-my-seun!
“Class is an aura of confidence that is being
sure without being cocky. Class has nothing to do with money. Class never runs
scared. It is self-discipline and self-knowledge. It's the sure-footedness that
comes with having proved you can meet life. ”