Die ark. Die mensdom, ja dom, lekker lekker soos ‘n
krekker. Die lewe maak snaakse draaie en
so begin my journey oor ‘n paar dae. Hooters
het my toe ‘n ou jobbie aangebied, die implants voldoen aan die SABS (dankie
Dr-ons-noem-nie-name-bona-fida-werkie) en my oranje pakkie en wit tennis
tekkies netjies wag vir my in die kas.
Ek het gister die fliek Noah gaan
kyk en dit vanpas gevind om hieroor bietjie idees/ kontraste/ perspektiewe oor
die film vanuit die Mounster se oogpunt te deel. Ek het dit gelove, ja dis nou
nie Bybels korrek nie, maar ek sien myself (en die res van die dom
mense/mensdom) in die film. Elke dag, rondom my, in die straat, in die Spur, in
die Spa en even in die ‘’kerk’’.
Want kyk, Narsisme/ die eie ek,
soos tans gereeld gesien op Channel 199 en in die Naspers berigte is presies
wat in daai film gebeur het. Nee, nee daar is geen badkamers betrokke nie. Hier gaan dit als net oor myself (nou nie ek,
maar julle, ook nie nou julle, maar ons almal).
God het als geskep en dit was
goed en kom die lustige dinge van die lewe en verwoes/verniel wat goed is, rein
is, opreg is. Die ark word gebou (as dit nou met klipmonsters of hyskrane was)
ek gee nou nie eintlik om oor die konstruksie van die ark nie (duh ek gaan
Hooters toe, hoef net te kan smile). Elke paar van al die diersoorte (damit
moet die raakskiete ook ingegaan het) word in die ark gelei, onskuld hier, hul
doen hul dinge, onmenslik, sonder vrye wil, dus rein/opreg/goed.
Maar ek en jy (ons) wil mos beter
wees, ons moet tog net nie gesien word in ‘n Polo handsak nie, trap op mekaar
om daai sogenaamde corporate ladder te klim. Ver wat? Want ek (narsisme) ek,
ek, moet ‘n plan maak, moet ander die skuld gee, moet op eiers loop, of nee wag,
ander moet eerder, sodat ek die shine kan vang op elke liewe geleentheid.
Dis hier wat ek die kruks van die
storie kon sien/inlees verstaan. Spoiler alert! Ek het jou gewaarsku… Noag, die
suiplap wat voel hy het God teleurgestel, moord, sy seun Gam nie toegelaat om nes
te kon skrop, geoordeel en sy eie lewe (en familie) wou neem, want hul het ook
wickedness in hulself. Gam wat na die slang geluister het, wat nie wou wag nie,
Sem wat sy pa wou vermoor weens familie twis, die ma wat agter haar man se rug
gegaan het en dinge voor gevra het. En
die, my geliefste leser, is hoe dit lewe nou nog is, ek ek ek. Korrupsie, jaloesie,
haat.
Wanneer staan jy nie bietjie
terug , kyk na die mooi om jou en waardeer dit wat jy wel het nie. ‘n Wiskunde
onnie op laerskool het in my St.5 boekie ‘n boodskap vir my gelos en eers
vandag, dalk al vroeër het ek dit gesnap/gevang/begryp….‘’Dis nie beter as om
ander te wees nie, maar wel beter as gister!’’
Ek self is sondig/onrein/vol
v(f)oute, maar soos Jesus die man saam hom aan die kruis ‘n kans gegee het, gee
my ook ‘n kans om ‘n verskil te maak, om die talente wat aan my gegee is ten
volle te benut en my te aanvaar sonder voorbehoud.
“To focus on how I'm doing more than what Christ has done is Christian narcissism”