Ek tel die ure af, wou eintlik
ingeskryf het vir Sarie voorblad meisie, maar toe besef ek is nie blond nie en
net nou word ek dalk famous wat nagevolge kan hê. Sou ek dus famous word vir een of ander obskure
(lekker anglisme né) rede, sou een of ander een van
julle, ja, jy wat dié lees, een of ander secret/Middies/Koshuis skandaal aan
die Huisgenoot sommer stuur. Dis toe maar laat ek besluit het om my laaste post
hier te skryf.
Om van werk te skuif is nie vir
s(u)ssies nie, wel ek is een, so ek kan dit hanteer. Jy spandeer meeste van jou dag saam mense wat
jou nie altyd verstaan nie, wat nie wil praat nie, wat te veel praat
(insluitende myself). Hul word eintlik soos jou familie, wel nou nie almal nie,
ok net die wat jy kies om as familie te sien.
In die millieu waar jy jouself
bevind, word jy gevorm en geskuur, altyd vir die beste, jy besef dit dalk net
eers jare later. My journey die laaste jaar en 10 maande was nie altyd pret
nie, my JET rompies en PEP sykouse het soms uitgestaan soos ‘n neon hanswors by
‘n kerk basaar. My out of season handsakke het net net nie die cut gemaak nie
en my persoonlikheid het baie lesse beleef.
But I survived! Natuurlik was
daar goeie dinge ook, harde werk pluk lekker koejawels en nuwe mense wat jy na
die tyd as opregte vriende kan noem/sien/beleef, nie net kollegas nie. Dis hulle wat my laat uitsien het, ten spyte van my out
of season handsakke en PEP sykouse. Dis
hulle wat my gevorm het om beter te wees as die vorige dag, om situasies anders
te hanteer en Papsak te vervang met dooswyn!
Maar soms in daai ander dae wat
dinge nie na koejawels gelyk of gesmaak het nie, eerder suurlemoene wat op jou gegooi is, leer mens die meeste. Vandag wil ek graag dinge en situasie hantering
(ja ja ek kon nie aan iets beter gedink het nie) met jul deel. Sodat jy wat dalk, net dalk dieselfde te
beleef, suiker op daai suurlemoene gooi en sommer detox in die proses:
Sou daar konflik ontduik (ja daar
gaan as jy ‘n persoonlikheid en werksetiek het soos ek), gaan na ‘n kamer wat
privaat is, gaan met ‘n open mind, wees kalm (pop so paar pille eers…grappie
julle) en luister na die ander persoon se perspektiek op die saak wat daartoe
gelei het dat konflik onstaan het. Persoonlik
dink ek dis beter as ‘n derde party vir eers betrokke is, om as ‘n mediator op
te tree. Koffie drink en ‘’jammer’’ sê net omdat jy dink jy moet (al was jy
reg) is nie altyd die oplossing nie #justsaying.
In die privaat kamer (kantoor
duh) probeer uitvind wat nou eintlik die oorsaak is van die konflik. Meestal is die persoonlikhede
wat crash boom bang. Die ander party mag dalk bedreig/geintimideerd voel deur jou,
sonder dat jy dit weet/besef het, maar my goeie genade, jy kan my nie judge oor
my stem of omdat ek ‘n perfeksionis is nie! Get a life... anyway terug na die advies,
as jy dus dan kan sien wat die ‘’issue’’ is met jou of jy met die ander
persoon, hanteer dit daar en dan. Kry dit
uit die weg, moenie jou alie wip nie, stel jou kant en laat die ander persoon
ook. Luister, moenie die blaam (damit
wat is fout met my vandag, blameer/skuldgevoel) kaart speel nie nie, gebruik
eerder terme soos ‘’Ek’’ voel so en so as dit gebeur. Kry ‘n middeweg, smile en gooi bietjie suiker
op die suurlemoen, want dit gebeur nie die eerste keer dat jy die probleem oplos nie, of dalk het jy magic fingers.
Dis eintlik hier wat jy gevorm en
geskuur word en suiker bietjie vir bietjie gestrooi word. Jy leer jouself sien
deur ander se oë, hoe jy nie moet tip toe om ander nie, maar dat jy met
sekerheid hul respekteer vir hul as persoon, hoe hul persoonlikheid is en hoe
om die werksomstandighede te verbeter en net te fokus om tydlyne te bereik,
goeie gehalte produkte te lewer en dit wys hoekom jy is wie jy is.
Maandag begin my nuwe jobbie, ek
sal nie sê ek is skrikkerig of bang nie, ek sien uit na die uitdagings (wat
mens in perspektief tog in ‘n mate laat skrikkerig voel), maar dié keer het ek ‘n
hele Builders Warehouse se toerusting om my te bekwaam (50 shades papa haha..grappie julle). En soos die akteurs (mag glo bleikbaar nie
meer sê aktrises nie, dis seksisties) aan die einde van hul speech God bedank,
doen ek ook, maar ek hoef nie op die straathoeke dit te gaan uitskree nie, in
my stilte plek en by myself, gee ek al die lof en eer.
En soos die wyse ou Salomo gesê
het (PS vir die wat nie geweet het nie,’n sin mag nie met En begin nie, want
dit is eintlik ‘n reël, gaan check it uit, hosja AWS)
“Often
people attempt to live their lives backwards; they try to have more things or
more money in order to do more of what they want so that they will be happier.
The way it actually works is the reverse. You must first be who you really are
then do what you need to do in order to have what you want. ”