Wednesday, February 27, 2013

My Happy Place

So toe gister na maande se gaan na een spesifieke plek, besef ek werklik vir die eerste keer – die is my happy place. Glo dit of nie, maar ‘n haarsalon. My vriendin sin. Die plek waar al my stress en worries net by die voordeur gelos word voor ek instap.
Ek en my vriendin is seker nou al van 2011 behoorlik vriendinne, met ups en downs natuurlik, baie wyn, baie Tequila en stories om ons kinders eendag te vertel (Wat om nie te doen nie wink wink). Ons kom uit dieselfde Hoërskool, maar was nie eintlik bevriend nie meer kennisse, saam klas gehad en deur matriek gegaan.  Latere jare bevriend geraak deur gemeenskaplike vriende en that’s the end of that story, but not the end of our friendship. My Tjomma, freak, mal, liefdevolle vriendin.
Syt ‘n jaar terug haar salon geskuif en dis hier wat ek myself bevind meeste van my af  tye. Die haarsalon, plek waar almal behoort goed te voel oor hulself na sy doenig met hul was. Dis hier wat ek besef het, chillax, relax, hou op kla, wees jouself en geniet die lewe.
Kom ek skets gou ‘n gevoel van die salon: Baie modern, maar gemaklik, relaxed en uniek. Nie soos enige ander haarsalon nie. Hier voel jy op jou gemak, voel asof jy op ‘n individuele een tot een basis behandel word.Jou persoonlike eie haarstilis, elke oggend. Nie net jou hare nie, maar ‘n plek waar jy koffie kan kry, daai koffie is net vir jou gemaak. Met liefde.  Plek waar jy deur die massering van jou kop, al jou bekommernisse kan laat vaar en jou Prozac maar los met graagte. ‘n Plek met stories, seer, pyn en celebrations. Waar jy voel asof jy kan partytjie of sommer net jou troue daar hou. Geen ander plek gaan meer saak maak vir jou nie.
My happy place. Waar op die sit van haar swart bank, my lewe nie meer so hartseer, gejaagd of doelloos voel nie. Waar ek partykeer net sit op daai stoel, sonder om ‘n woord te sê, my lewe deur haar ander klante voel, beleef. Besef, wake up girl, dit was erger, jy’t oorleef, Spreuke 31 vrou geword, kenner van seer geword en berader aan ander geword. Die lewe gaan voort! Wees happy! Gaan groot! Partytjie en hê lief: Net deur die sit op daai bank!