So na 27 jaar het ek die guts
bymekaar geskraap om vliegtuigkaartjies te koop en Kaapstad toe te reis. Kulula.com
is awesome, veral as jou vlug vol 7de Laan & Binneland akteurs was. Hotness
ek moet bieg.
Die Kaap van Goeie Hoop (Storms)
is nou een plek wat my hartjie gesteel het. Madly in Love! Mooi, beeldskoon en skatte
wat sommiges van ons vergeet. Ekt in een naweek soveel plekkies gesien, die res
van die land maak net nie meer saak nie.Kempton Suck, finish en klaar! Het die reis begin na Tafelberg, Lionshead,
Signal Hills. Mooiste uitsig, moes maar my tekkies ingepak het en die berg
aangedurf het, want in die ry staan om
op die kabelkarretjie te gaan was ook nie my idee van pret nie.
So die roete aan gepak Muizenberg
toe… wag eers in verkeer gesit vir ure, Kaap traffic is erger as spitsverkeer
op die N1, Fourways se kant toe en dit was 12h00 die middag. Maar daar gelaat
(moun moun moun). Muizenberg met sy gekleurde houthuisies is prentjie mooi,
arty farty plekkies en ‘n fish&chips plekkie. Kalkies, waar die kelders jou
tune my broeee.
Pad gevat, Simon’s Stad,
Kaappunt, Vishoek, Noordhoek, Kommetjie (waar die Kaap ook Melkbaai en
Tietiesbaai het…mmm I wonder), Houtbaai, Chapman’s Peak. Whow whow whow. Die
Here is goed vir ons. Sela! Prentjie mooi soos in die Kinder Bybel. Toe kom ons by ‘n plek waar mens net van kan
droom, al wen jy die Lotto gaan jy moet bome plant met blare van geld. Camps
Bay en Clifton!!! Duur, Duur, Peperduur?
Maar die nie so mooi Bellville my broee, laat
my dink aan Boksburg #enoughsaid. O ja en nie om van Parow te vergeet nie. En ook
so dodgy bar in Richwood…
Stellies, o Stellies, daai was
nou lekker. Die Woordfees. Karen Zoid en Arno Carstens en die Wellington orkes
te Neethlingshof. Vir die eerste keer in my lewe het ek ook heel voor gesit en
gehoor van steak op ‘n plankie. Sy is Amazing!! En Afrikaners is wel
plesiering. Daar waar ook ‘n groepie mense ons genooi het om hul te kom join
gedurende die show. En hoe toevallig, UK mense (Upper Kempton). Partytjie
Partytjie.
Bloubergstrand.. Tannie Laurika
se plekkie, mooi maar daai water is nou skilpad koud. Na die V&A Waterfront
op ‘n boat (boot) cruise ter voorbereiding van my MSC Sinfonia trippie. Seepunt
en groenpunt met ‘n cocktail op die beach. Vir wat meer wil ‘n girl voor
vra? O ja, moenie die local verkeersraad
vergeet wat vir ‘n taxi bestuurder ‘n boete gegee het nie. Die het op die
sypaadjie aan die slaap geraak, vensters oop en op die rug. Boete, Boete.
So hier is ek, terug vandag in die stad van goud, eindlose geleenthede en beton mure. En besef dat jy met R350 een sakkie se groceries kan koop, jy nie meer bewus is van geweerskote nie, jy elke keer verbaas is as jy jou kar kry waar jy hom geparkeer het en jou hiking boots en geen modder of het nie.
Jozi my broeeee!! Got to love it!