Monday, February 18, 2013

Van die Ooste tot die Beste...ek hoop


Shopping by die mall… Die Boksburg een

So Saterdag besluit ek om bietjie te gaan shop, nie asof ek geld het  vir onbenullige goedere nie, maar who cares. Mens is een keer jonk, swipe daai plastic en hou op ‘n jood wees.  Ek bevind myself toe op die R21 en voor ek my oë kan uitvee is ek by East Rand Mall.  Toe net daar en dan dat ek  besluit het, dis iets oor om nou wraggies te blog.

Boksburg…nie plek van goud nie. Brekers, gebleeched hare, kommin tannies en Schalk Burger look- a-likes. Kaalvoet klonkies, sonbed junkies en een obese tannie wat ‘n sumo wrestler ‘n go kan gee. Hul mag dalk sout van die aarde mense wees, maar wraggies, hoekom het hul metgeselle?  Wat doen ek dan verkeerd? Moet ek ook my hare blonde peroxide en crocs begin dra? Bietjie meer bling, bietjie meer skewe tande kry? Moedeloos, sigh, @#$%$%.

Dis hier waar ek besef het, my paadjie is nog nie voltooi nie, dis onbekend, maar nog nie klaar nie. Eks gebore in ‘n middelklas Afrikaner huis, met goeie waardes, wat geleenthede gebied het om my te laat ontwikkel tot my volle potensiaal. Dis hier waar die verskil in kom. Almal mag dalk se eks vol nukke en grille, maar ek weet wat ek soek, weet waar ek wil heen gaan en wat ek nog moet doen om daar te kom.  Soms trek die mense rondom jou, jou af om te keer dat jy nie word wat jy wil wees nie. Die rede: Jaloesie, finish en klaar. Dis soos gewig verloor, jy weet wat jou goal weight is, jy verloor gewig lyk mooi en goed, mense komplimenteer jou, tot daai een bogger kom en sê ‘’nee jinne jy raak net skins en bones’’.  Dan vir so paar gedagtes begin jy te twyfel en begin dalk te glo wat gesê  is. Hier gaan ek jou nou stop… Wie ookal dit gese het, is Jaloers, want sommer. Hul kan nie doen wat jy alreeds bereik het nie en sinspeel op jou gevoelens omdat hul sleg lyk. Dit maak sin, ja dit doen!

Dalk soek ek in die verkeerde plekke (East Rand Mall) of dalk toets omstandighede my, wie weet? Iemand het eendag vir my gese, Ja bid en glo, maar op jou gat te sit en te dink als gaan uit die lug val, ag please cry me a river. Om iemand  te ontmoet gaan nie gebeur deur Kyknet elke aand te kyk nie, of serpies te brei/hekel nie.  Kerk is klaar uit vir my, eks by ‘n selgroepie en potensiaal is skaarster as hoender tande. Werk, nee dankie, ek doen nie pensioenarisse of uitlanders  nie.

Dalk moet ek ‘n russies bruid word, inskryf vir boer soek vrou, of so bietjie online dating try (getry). Tyd sal leer…en tot dan is dit werk, gym, sosialiseer en koekies bak.