Friday, February 22, 2013

Die begrip van alleen wees rondom paydag



As jy enkellopend is, nog nooit saam ‘n persoon van die teenoorgestelde geslag gewoon het nie en rekeninge het, dan sal jy uit die volgende baat kan vind en saamstem.

In ‘n mate is ek maar old- school, old-fashioned, noem my maar wat jy wil, net nie ‘n koek nie, want eks nie een nie. Tot op hede bly ek nog alleen. Ja ek was wel in die koshuis en kamermaats gehad, maar ekt nog nie saam ‘n kêrel gebly nie.

Soos wat ek nou weer ‘n week voor paydag my budget uitwerk, try, formuleer, sit ek so en dink. Dit suck om alleen te wees, suck, totaal en al! Ek verdien ‘n gemaklike inkomste, meer as sekere van my  vriende in die vriendekring, brag nie, maar hey ekt wraggies harde ure omgesit in daai koshuis kamertjie en geswot (geparty ook…ok  ok meeste Woensdae, Vrydae, Saterdae vir die wat my ken). Terug by die salaris,so dis gemaklik en kan ek dus my rekeninge betaal, DSTV kyk en gesonde kos koop. Af en toe bietjie my hare laat doen, ‘n rokkie koop op ‘n SALE en bietjie myself treat met ‘n Chef Salad by Romans. Dis die af en toe wat my laat dink het oor die onderwerp- alleenwees en rekeninge betaal. Suck, suck, suck.

Meeste van my vriende is in verhoudings en doen die saambly ding. Seker niks verkeerd daarmee nie, maar dis so unfair. Tot op die uiterste graad, kwadraat, mag! Twee salarisse word een, hulle word een …R18 SNL, als word net een.  Soms begryp hul net nie dat jy op die broodlyn leef die laaste paar dae nie. Hul doen net nie, want hoekom, want liefie het die medies, huur, kos en DSTV betaal. Dan verder het liefie geldjie gegee om nuwe haarkapsel te kry, nuwe boots te koop en ag jou sommer gespoil met ‘n parfumpie.

Dis dan wanneer ek diep binne my begin huil en skree (scream and shout and let it all out). Die behoefte raak al meer, ek soek ook daai liefie wat die salaris nr 2 kan wees . Want kom ons wees nou eerlik hier met mekaar, die gemiddelde/algemene vrou soek net man of nee wag kom ek stel dit anders, soek ‘n man om als te betaal. Wake up poppies, daai dae is verby. Long gone! Die wit/blanke Afrikaner man is die laaste een op die betalings skaal en jy net bo hom. Hy suffer nou meer as ooit.

Dit gaan my verstand te bowe dat mens wel sulke vrouens/poppies/blondes kry wat verwag dat die man  vir als moet betaal en nog meer.  En dan begin ek weer die vraag aan myself vra: ‘’Moet ek ook so word? Moet ek my hare blonde kleur? Moet ek ook oppervlakkig word? Moet ek moet ek?’ Dalk dan net dan, sal ek my ridder kry, my salaris nr 2!