Ekklesia is ‘n Griekse woord en
verwys na samekoms, “congregration” of ''assembly''. En nou sal iemand daar in die
verte skree… kerk! Ek is maar net tweetalig, Afrikaans as my moedertaal en moet
maar die rooinek taal praat.. Ingels/Engels/English.
Nou hoekom op dees aarde, sal ek
dan kom met ‘n Griekse woord, why? Want ek kan! So gister loop ek bietjie in
die winkelsentrum en eindig op in CUM boeke. Nogal ‘n diverse winkel, meestal “Christelik’’.
Aanhalingtekens, want dis deel van die geskrewe hier. My oog vang toe ‘n boek, op Sale nogal, 40% af (behalwe
dat dit nie regtig 40% was nie). Pagan Christianity. ‘n Boek met ‘n rooi buite
blad en dit skree verbode, moenie lees nie. Net daar en dan koop ek dit, want
sien ek hou nie net van stil bly nie, bevraagteken nogal baie dinge in die
lewe, so ook ‘kerk’.
Bietjie agtergrond op why ek dinge bevraagteken. Kyk voor jy ook nou weer dink… hypocrite, laat
ek verduidelik. Ek is ‘n Christin
(vroulik van Christen), glo in die drie-enige-God, wat gebore is uit die maagd
Maria, gely het, gesterf het en op die derde dag weer opgestaan het volgens die
geskrifte, opgevaar het na die hemel en wat sit aan die Regterhand van God.
Waar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterwe het
en ‘n ewige LEWE… hokaai, as jy jou Heidelbergse Kategismes ken, sal jy sien
ekt ‘n stuk uitgelos, aspris, glo aan een HEILIGE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK.
Ekt groot geword in die
Nederduitche Hervormde Kerk, deel van die ‘’drie susters’’ in Suid-Afrika. Het
Sondag op Sondag gekla oor die orrel en die mense wat nie wou sing nie, die
dominee met sy toga en ek wat moes wag om my eerste Nagmaal te gebruik. 17, na
my aanneming. Die ouderling oomie met sy Brill cream hare, wat die afkondings
doen en dan die votum, elke Sondag in ‘n ander diensorde. Dis hoe dinge was,
finish en klaar!
Ekt nie ‘n probleem eintlik nie,
solank daar net nie mense langs my omval en skree en in vreemde tale begin
praat nie, dan was dit seker beter. Dis hier waar ek begin vra vrae het, aan
myself, aan die dominee, aan wie ookal “Christelik’’ gelyk het.
Wie het gesê
die dominee moet ‘n toga dra, maar nie in die NG kerk nie? Wie het gesê
die mans moet staan as ons bid , maar almal sit in die NG kerk? Wie het gesê Nagmaal
mag eers gebruik word na jou aanneming? Wie het, wie het? Waar staan dit in die Bybel? Wat lees ek nie
reg nie? Hoekom moet ek mooi aantrek,
hoekom moet ek geldjie onder die tafeldoek sit met Nagmaal? Why word babas
gedoop en Groot doop is nie algemeen nie. Hoekom haal die dominee nie geeste
uit mense uit nie, of altans waarvan ek weet nie? Hoekom praat niemand langs my
in tale nie? Hoekom ‘n orrel? Wie het gese Jesus se geboorte is 25 Desember? Wie het besluit om op Sondae kerk toe te gaan?
Hoekom? Hoekom? Hoekom?
Verder, hoekom is daar Kerke wat net
glo in die O.T. of net in die NT, of meer bewus is van die Heilige Gees
(Pentacostal) of mense wat blou rokkies dra (Spade rëen)? Die lysie gaan aan en
aan. Maar tog nooit het ek my geloof, my vertroue in die Here God verloor nie,
tog nooit het ek nie getry om ‘n dissipel te wees nie.
Nog ‘n bietjie agtergrond, so word ek
benader deur ‘n groep mense in 2011, wat vir my in my gesig sê… Die KERK is die
hoer, kom uit die hoer uit. Die duiwel gebruik die Kerk, en dis nie God se ware
plek nie. Ekt bietjie malkoppie gegaan, gegoogle, gebid, gegoogle, gegoogle,
gegoogle. Want kyk, wat jy nie weet, bevraagteken jy. My standpunt en ek bly by
dit.
Ekt wel dinge by die groep mense
geleer, soos God se naam, Yahweh, maar dit was so sacred in daai dae, dat mense
te bang was om dit te gespreek het. Anyway, so leer ek dinge van Paganism, die
Roomse Katolieke kerk se gebruike, leerstellings en ideologie.
Heng, was ek effens uitgefreak en besef
die mens is dom, dus die mensdom, lol, ok bietjie humour. Hoe ek dinge verstaan
en hoe die Gees my gelei het, die eerste volgelinge van Jesus, het in huise
bymekaar gekom, na mekaar omgesien, geleer en als was eenvoudig.
Off the topic, maar eintlik deel
daarvan, God het vir Moses die tien gebooie gegee, dit was gebêre in die
verbondsark…onthou jul dit? Dit was God se tempel, Sy woning tussen ons. Maar
soos die mensdom maar is, moet daar nou weer rëels kom, wie mag in en wie nie,
ens ens. En toe kom Jesus, Hyt gesterwe vir ons, vrye toegang tot God. Ons is Sy
kerk, Hy die hoof daarvan. Hy is in ons. Hyt die tempel afgebreek en dit herbou
in 3 dae. Dus is Hy die tempel, die priester en ons deur genade gered. Werke,
tradisies, gebruike en eetgewoontes gaan myself, Chantel le Roux, nie die ewige lewe waarborg nie. Ekt vrye wil,
maar ek kies JESUS nogsteeds.
So uiteindelik terug na die boek,
Pagan Christianity, ekt nogal baie gelees gister aand. Die ouditeurs van die
boek wil graag die kerklike geskiedenis
deurgee om te wys, hoe die Kerk (gebou) ontstaan het van na Jesus se
hemelvaart. Hoe gebruike, tradisies, konings en die mensdom die pad dalk
duister geraak het. Hoe Konstantyn, Plato, Luther en oom Calvyn deel was van
die proses. Ekt ver gevorder, nog nie klaar, maar ek kry die idee en konsep van
die boek. Natuurlik is daar ook kritiek teen die boek, maar daar is maar orals,
even as mens 7de Laan kyk i.p.v. Binnelanders.
My gevolgtrekking in my koppie, lees
jou Bybel, bid elke dag. Dis nie ‘n religion nie, dis ‘n leefstyl. Dis nie net
een uur van die week nie. Lees jou Bybel, nie net ‘n oom Solly boek nie, ken God,
hoe en wat Hy is. Dieselfde! Liefdevol ! Sovereign! Lees jou Bybel, want glo my
daar is meer ateïse, sataniste en ander groepe wat die Bybel beter as jy ken. Lees
jou Bybel!