Monday, June 24, 2013

One does not SIMPLY...


Laat Sondag aand en ek kan nie slaap nie, seker oor die onrustigheid en vrese van my mede landsburgers. Twitter is seker die nuwe weergawe van Extra, Extra read all about it. Daar gelaat!  In my warm bedjie, skuif ek die aandag weg van Twitter en gaan doen bietjie marknavorsing. Want soos enige goeie sake onderneming moet mens jou voelers uitsteek en kyk hoe dinge om jou werk. Net so is die dating ervaring/vriende/mense ontmoet.

Ek begin toe ‘n soektog op die dating site. Vul die volgende kriteria in en kyk waarna toe dit my lei. Ek is ….’n man…. Opsoek na … vrouens… tussen….27 en 30… in die …. Gauteng omgewing. Right, but why sal jy vra, want maklik, as ek sê ek is ‘n vrou opsoek na vrouens gaan die resultate my Boksburg brekers gee. #notmycuppatea

50 Pages van vrouens tussen die ouderdom van 27 en 30 word vertoon. En boy o boy, was ek geskok, dalk naïef geleef die laaste 28 jaar van my bestaan, want ek is nie soos die res op die soektog resultate nie. Hier bevind ek my toe, spoedlees deur party se profiele en besluit ek gaan hul dalk bietjie help: Raad gee/kommentaar lewer/wegwys . Ok let’s go. (meestal kritiek, haha)

‘n Foto sê meer as ‘n een miljoen woorde en die is jou first impression om jouself te bemark. Jy lê nie op jou bed en neem ‘n foto  met ‘n angle van bo nie, dit bring nie jou goeie kant uit nie, maar skep liewers ‘n idee dat jy… maklik is. Jy neem nie ‘n foto in die spieël nie, jy vra immers dan jou bure om ‘n ordentlike vooraangesig kiekie te neem as jy alleen bly.  Jy kyk nie af skuins na onder en versteek jou een kant van jou gesig nie. Die oë is die vensters na die siel. Dus geen sonbril ook nie, why dan op die site gaan as jy dan reeds hier issues bewys dat jy skaam is, omdat jy op die site is. En heel laas rakende die foto, jy was jou verdomde hare!

Jou gesig gee baie meer van jouself weg as wat jy dink. Uit my steekproef van omtrent 800 resultate (stats122 het iets nut gehad), is die gemiddelde vrou op die site, 29, wat reeds geskei is met 2 kinders. #Shocking. Hier sien ek kontoere van verspreide padkaarte op  gesigte, tekens  van nie meer omgee nie; rede - my kids is my  als. Ja ek is ook my ma se lewe, maar kyk na jouself. Haarstyle van die vroeë 1990’s word gesien in hierdie vrouens van 29 (kort mushroom look), asof jy nou so moet lyk omdat jy kinders het. Bull, nonsense!  Weet my een tannie het op 40 al haar tande getrek, want mens is oud en moet dan valstande kry, nee dankie, wake up, oud is 100. Teenoor hul lyk ek soos ‘n hoërskool meisie.

Dan die beskrywing oor jouself. One does not simply start with I… ja jyt reg gelees, dis boring, banaal en voorspelbaar. Voorbeelde volg soos: Ek is 29, hou van die natuur, soek mans wat nie drink, ek … ek… ek… nee wraggies man. Die ander persoon sien mos jou foto (jy/ek) dan maak jy dit catching, beskryf jouself, maar laat ‘n vraagteken in die persoon wat na jou profiel kyk, se gedagtes…. ‘n goeie een. Moet ook dan nie verder uitbrei dat jy net opsoek is na veeartse nie, dit wys dat jy nie eintlik weet wie jy is nie.  Gold diggers!  Ook nie dat jy nog nie ‘n voertuig nie het nie. WTF, 29 en jy noem dit met die wete dat jy nie eers na jouself of na jou kids kan omsien nie. Get over it?   Tweede jobbie by Hooters vir jou dan.  One does not simply state that you are looking for a HIV+ man nie. WTF WTF WTF!!! @#@#@.  Ja dis Suid-Afrika waar ek myself bevind in, maar nee, BIG BIG NO NO #issues.

Hier sal ek wag vir my ridder in sy foelie pakkie. Kairos! Want sien, ek wil nie trou om te skei nie… One does not simply do that. Dan in die proses kids kry en hul blootstel aan elke jan trap en sy maat nie. My ma het immers ‘n goeie voorbeeld gestel vir my hier.  One does not simply spring van een bed na ‘n ander. Waardes sal dus nie oorgedra kan word soos wat ek beloof nie. Ja jou omstandighede verander met kinders in jou lewe, maar kies reg die eerste keer!

Soos ‘n wyse man eendag gesê het : “Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug en jou jong dae ten volle geniet. Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou, maar moenie vergeet dat God van jou rekenskap sal eis oor alles nie.” Prediker 11 vers 9. Go ahead, Waag dit.