Gedigte
word afgeskeep deesdae, jy kan skaars jou graad 12 eksamen se vrae onthou (ja
ek doen nog). Dis deel van die volk, jou taal, jou omgewing. Wees trots daarop…
maar nee, jy sien mos Afrikaans as ‘n skande, as vuil en kommin. Dink net aan
Parow… my bru…die Campbells . Weet jy van
Ingrid ? Boerneef? CJ? A.G Visser? Eugene Marais? Totius?
Die dag as
jy moeite begin doen, bietjie anders wil
wees. Dan klim jy in jou voertuig, gaan na jou naaste biblioteek en vra vir
boeke. Nie op jou ipad/TABLET/PC of google as jou verwysing nie. Nee die
biblioteek boek, vol stof, vol memories. Dan daai dag sal jy sien dat Afrikaans
die mooiste taal onder die son is. Dat jy uitmis op dinge wat genade is en net
geleen…
Die Berggans – Boerneef
Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê
NP van Wyk Louw – Ballade van die Nagtelike Ure
Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart oor twee -
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter en verlee
op koel stoeptreetjies êrens
waar ek ‘n blink waterkraan sien
in die ure van die donker dors
tussen twaalfuur en smôrens om tien.
Om elfuur was jou liggaam
die honger en dors in my,
as jou skewe papier-kalot
ver deur die danssaal gly.
Om twaalfuur was jy ‘n ligte brug,
‘n hoë, gevaarlike gang
bo my klein verwildering
tussen pyn en sterwe gehang.
Om eenuur was jou hare
vir my vingers ‘n bose strik,
en jou lyf soos swart stil water
en jou asem soos ‘n snik.
En nou het die môre my
oor die rand van sy glas gemors
op die stoep by die kraan wat blink
in die uur van die donker dors.
H.A Fagan –
Huisie by die see
Ek het ’n huisie by
die see
Ek het ’n huisie by
die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.
Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer
en wind, kom oseaan –
dit is ’n rots waarop my huisie staan.
dit is ’n rots waarop my huisie staan.
Antjie Krog- Ma
Ma, ek
skryf vir jou ’n gedig
sonder
fênsie leestekens
sonder
woorde wat rym
sonder
bywoorde
net sommer
’n
kaalvoet gedig –
want jy
maak my groot
in jou
krom klein handjies
jy beitel
my met jou swart oë
en spits
woorde
jy draai
jou leiklipkop
jy lag en
breek my tente op
maar jy
offer my elke aand
vir jou
Here God.
jou
moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis
my enigste bybel
jou naam
my breekwater teen die lewe
ek is so
jammer mamma
dat ek nie
is
wat ek
graag vir jou wil wees nie.