Wednesday, June 19, 2013

Monoloog aan 'n onbekende

Ekt die geskrewe gerig aan iemand wat ek ontmoet het online, ons het tans geen kontak, want hyt nie 'n subskripsie nie  en ek kan nie persoonlike nommers of adresse aan hom rig nie. Die noodlot is maar 'n snaakse ding. Hy weet ek maak kontak met hom, want hy kan die boodskappies lees, maar geen sinvolle terugvoering kan verkry word nie. Ai, geld is maar 'n snaakse ding. Lees en vind jouself in my skoene. 

Background check op hoekom ek dalk kontak wil maak. Hy was nie soos die manipuleerde nie, hy was anders, misterieus, slim en het my aandag gekry. Ons het vir ure gechat, online, want hyt dinge bietjie anders gedoen. Dalk was hy ook bang, wie weet, dalk besker hy ook maar net sy hart. Hy is nie jou average Joe nie, als behalwe, ook nie die God kaart gespeel  of wys my jou tiete ou nie, sag, intellektueel en witty.  So here goes! 

''Hi jy 

So ekt gedink ek gaan die vlg aan jou rig en wat jy daarmee maak of dink van, it's in your hands. 

Ons gesprekke het my dag op gekikker, my laat anders kyk na die lewe en vir daai paar weke laat glo dat daar goed daar buite is. Regtig deur elektroniese kontak het ek gesien waarvan ek hou, wat ek sal nog meer van hou en drome laat droom. Ekt regtig nie baie gesprekke met ander aangeknoop nie, want ekt geweet hoe dit sou begin en waarheen dit sou lei en hoe dit sou eindig. En dis nie wat of hoe ek is nie, ek kon die wereld bied, maar hul net 'n stad. So why waste time and effort. In jou gesprekke het ek meer gekry as 'n jare lange vriendskap met my beste vriend, vreemd ek weet, maar eks nou eerlik hier en my hart tans op my mou. 

Ek was see toe en terug en jy net weg, wat kon ek doen, eks nie desperaat nie, wel gewonder hoekom en waarom, maar as iets onbekend is, bevraagteken 'n mens dit, want jy ken dit nie. Ek was ook vir 'n ruk af van die site af, wou nie meer, want daar is karakters daar buite, vals en oneerlik. 

Daar's nou nog vrae in my kop en antwoorde wat ek nooit sal kry, maar hey as jy met die ploeg in die hand staan en bly agter toe kyk, kom jy nerens nie. True, very true. 

Toe een aand, op my bank voor die TV met een of ander Kyknet program, besluit ek lukraak om net op te gaan en te soek na jou. Viola, baking soda, daar is jy en onlangs aangeteken. Impulsief, maar tog wetend wat ek doen, skep ek toe 'n profiel en soek na jou. En tot vandag is ek die een wat sinne konstruksie laat plaasvind en besig hier met 'n monoloog. Ek is nie op die site vir ander nie, net vir jou, ai klink dit nou bietjie nostalgies en banaal, maar dis die waarheid. 

Ek weet iewers gedurende die avontuur wat ons gehad het, al was dit nou elektronies, het jy dit ook geniet en iewers het jy dit ook bevraagteken, want dit was ''pure'' en onbekend, dalk wat jy na soek, dalk nie? Ekt het ook uitgesien na 'n ontmoeting, was ook al 'n paar keer saam vriende by die plekkie soos afgespreek (die ontmoeting) en gewonder waar is jy. Is immers my fav plekkie. 

So ja dalk is ek laf, malkoppie, maar immers het ek getry. Ek hou nie van verloor nie, so dalk die rede vir die vertoeë  gerig aan jou. 

Dalk het jy iemand? Dalk het jy besef eks net 'n kuber ruimte gewete, ek weet nie, maar ekt wel een ding geleer by jou, die lewe is nie 'n fast food restuarant nie !!''