So onthou ek nog die dae toe die onnie die gedigte uitgedeel
het, waar ons swartrame om die buiterand moes trek voor dit uitgeknip word en
waar daar dan noukeurig aantekenings gemaak word… of nee wag…net altans in my boek.
So besluit ek toe om my
gunsteling tannie, tannie Laurika se een song/liedjie/gedig/woordjies meer op
uit te brei. Hoe ek dit ervaar as ek vele maal daarna luister en nee ek kan nie
synesthesia ervaar nie, maar ek kan laat emosie waar word deur middel van
gebeure/plekke of sommer net memories. So here goes:
Kaalvoetsong sonder Crocs en Speedos:
Jy vra vir my om vir jou te sing van Lisa se klavier.. Koos se
weergawe is baie beter vir my, maar haar appelkoos tee laat my verlang na my
ouma se perskebome waar ek die arme Staffi se stertjie geknak het… RIP ou Beua…
Jy sê jy wil hoor van Bloubergstrand en hoe almal by die see wil bly…
Natuurlik wil almal ‘n huisie by die see hê en na my Kaap trippie kan ek sê Ons
Huisie het die lekkerste ontbyt, veral met Blouberg en sy ysige koue water.
En jy praat in hoë frases van hoe die taal jou inspireer…Natuurlik
praat ek van my mô en pô en die stôndhuis wat ek nog moet laat bou, want ai dis
mos so lekker om pretentious te wees, veral in die Jakaranda stad voor ‘n Blou
bul game.
Maar in die eenvoud van my woorde wil ek sê hoe ek voel… Hoe dan
anders, want eenvoud is als wat ek het, is en wil gee. Woorde deel meer as die
ontvanger net wil aandag gee. Verder voel ons almal, maar met die hande, krom
klein handjies gekenmerk deur jare se bak en brou.
En ek sing vir jou ‘n Kaalvoetsong met woorde soos die sand…
Korreltjie sand, korreltjie klein, Ingrid het haar dood vooraf gedig en niemand
kon die poging tot ‘n outcry sien nie. Al wat hul dalk wou sien, is die
voetspore na alleenheid.
En kommas soos die klippies wat
my kaalvoetsole brand… Brand Suid-Afirka! Brand daai Firestones! Brand daai
skole af! Because we do not need no education… Just another day of protest,
striking and being dof.
En ek sing vir jou ‘n klein refrein, nie ‘n simfonie van klank nie, net
‘n enkel tokkelsnaar van my kitaar…St.3 waar die gemmer musiek juffrou ons
geleer het om te sing …Dis ‘n land van kleure en klank…beste tannie Carike stem
hier, waar kitare se getokkel ure se vermaak kon bring, veral as die apie dit
sou tokkel.
Onthou jy toe ons kinders was en
gesing het van die wind… Augustus waai winde waai, dis die winde van
verandering…Anton…Voëlvry era, maar nee jy die leser wil mos nie die
geskiendenis verstaan of why die volk is soos dit is nie, nee jy wil dit verwar
met rooi rok bokkie en Die Antwoord…#$%$#%$%
Van die stad van blou saffiêre waar jy dalk jou droom sal vind…Nee,
dis nie die land van heuning en melk nie, dis die plek waar jy jou droom sal
vind, dalk 150km ver weg, dalk daar waar jy alreeds was, daar waar jy ‘n kans
gegee word… Take it, embrace!
Maar jou hart gaan maak ‘n Kaapse draai… Maak jy jou oë toe as
s-o-e-n…lekker man lekker, waar krappies tog skeef loop en krefies al amper
R300 per stuk kos.
Want jy sê jy voel daar tuis en ek ontmoet jou net hier duskant
Nooitgedacht… Ek voel orals tuis, behalwe dalk in Dropzone, want kyk die
manne met die wit pointers… o eh eh..
Ek bring vir jou ‘n sonneblom en ‘n foto van die see… Liewers kosmos
en dalk ‘n 2L Coke bottel vol seewater, dalk dan sal ek 'n sangoma wees en
wonder verrig….2L water is al wat jy nodig het!
In jou fluisterwens droom jy, jy was nou daar en die pad voel lank na
Victoriabaai, maar die roete wil ons vat… Die pad voel altyd lank werk toe,
22km om presies te wees, waar ek koppies sien, nie the mountain nie (Constania
uitspraak hier mense, Constania).
Want in die stilte hoor ons die reën in die Karoo… Het oom Coenie
nie so 'n song.. .wag ja hy het… Ruik jy katbos en kambroo as dit reën in die Klein
Karoo…haha, jy het sopas die laaste saam gesing.. uitgevang jou Coenie liefhebber.
Dié is dalk my weergawe, maar
elkeen van ons beleef een of ander song, boek of AG gedig op ons manier. Deel
daai woordjies, wysies! Wees vreetsaam en onthou UNS UNS UNS!!!