Friday, May 10, 2013

My verwagtinge


Dis twee weke voor my verjaarsdag en ek soos  ek nou voel wil ek dit kanselleer, ‘due to lack of interest’. Die Winter. Die Sharks speel nie wat wonders. Dis grys buite en ek voel nie bubbly (LeGood Life)  nie. Die gebeurtenis van die laaste week het my getref soos ‘n pyl op ‘n teikenbord. Bulls eye. Pen deur my hart. Voel bietjie Emo. Nie dat ek nou Emo sal trek op myself nie, maar dis wat ek voel.

Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie. In Gen 2:18 het die Here God gesien dat dit nie goed was vir die mens om alleen te wees nie. Die mens se eensaamheid moes gestil word. Sien hier het Adam (die man aka mens alreeds gesprekke nodig gehad, note to self.. fokus). God het binne die mens ‘n spesiale gevoel weggesteek, dis wat ons onderskei van die diere en plante.  En so word Eva uit die mens gemaak. Voila, baking soda. En so staan daar dan ook in 1 Kor. 7:2 …moet elke man sy eie vrou hê en elke vrou haar eie man hê. Waar?  Wanneer? Hoe lank nog? Ek weet hier waar ek nou sit, is ek die nie die enigste een wat die vraag vrae nie, baie skree, skop teen mure, ander het ‘opgegee’, maar onbewustelik dis dit al waaraan hul kan dink.

Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie. Finish en klaar. Nou why is dit dan so moeilik, of moet ek eerder vra, wat het dit so moeilik gemaak? Want kyk, in Abraham se dae, was jy allank voor daai stoof en string kinders op die ouderdom van 17. Easy,  done,  happy.

Dis 2013, die Afrikaner man is nie meer op sy perd in die veld, oorlogsveld of op die plaas nie (ok ok, net die boer soek dude ouens). Hy hunker nie meer na sy vrou nie, hy hunker na ander dinge. Top gear,  Diablo,  Loftus. Hy verkies MacDonalds bo ‘n tuisgemaakte vispastei, selfhelp boeke om sukses te behalwe eerder as gesprekke met sy vrou. Die eie ek.

Nou voordat jy dink ek is nou ewe skielik ‘n feminis, klim van jou perdjie af, gooi die toys terug in die kot en breathe. Die vrou is nou ook nie perfek nie; maar daar is verwagtinge wat geskep word. Baie, en either die man of die vrou word teleurgesteld deur dit. Die verwagtinge.

Verwagtinge soos: Na ‘n lang dag, wil die man nie gepla word nie, want hy hard gewerk, hy wil nie emosioneel aangespreek word nie, wil eet, tv kyk en R18SLV.  Die vrou wil na haar dag by die werk (ja dis 2013, ons moet werk, kos is duur, dstv gaan nie vanself betaal word nie), haar man se teenwoordigheid koester, saam kos maak, praat oor dinge wat dalk nie saak maak, naweke weg reël, vertroetel word.

Maar in die proses word hul moeg vir mekaar, maniere, houdings, gewoontes begin hul te irriteer. Die waarheid wel hier is, hul het hulself verwaarloos en gefokus op ander dinge. Mans kla altyd dat hul nie vrou verstaan nie, vroue sê hul begryp nie mekaar nie.  Mans voel bedreig, vrou voel dan dat sy nie inligting ten volle kan deel, want dan is daar rusie. Ag die begin nou soos Days of our lives vir my te voel. Bleh!

Ons almal verskil, even die blogger wat in Rusland sit, hy like Vodka, ek ook dalk, maar ek is nou mos ‘n arm gat, so cheap Russian Bear sal dit vir my wees teenoor sy Smirnoff. Die feit hier is ons almal verskil. Generasies verskil, idees verskil.

Maar dis hier waar ons ‘n besluit moet maak, kompromie. Wel ou Lance Armstong het eendag in sy boek gesê: “You compromise, you lose” Nogal waar, hy het al sy titels verloor nadat hy ‘’gecompromise’’ het om steroids te gebruik, die maklike uitweg te gekies het. Die kom ons beweeg aan na die volgende een. Die volgende. Dalk daar vind ons onself.

Hokaai, stop die lorrie. Sit remme aan, laat die brandstof leeg loop en staan stil waar jy is. Nou. Vandag. Dis al tyd wat jy het.  So gaan ek bietjie terug na die Afrikaner man op sy plaas. Waar hy 05:00 opgestaan het, koeie gaan melk het, landerye ingevaar het. Presies om 12:00 kom aansit het vir vleis, rys en aartappels. Terug land toe, koeie in die kraal ingejaag het by sonsondergang. Huis toe en seker by 21:00 in die katel geklim het. 

Daai Afrikaner man het nie opgegee nie, al het dit hoe sleg gegaan, hyt elke dag aan gehou, gebid, geglo. So ook daai vrou, sy het aanhou bak tot daai koek geskik was vir die vroue vereeniging, aanhou sokkies stop, aanhou bid. Dis daardie huwelike wat gehou het. Die man en vrou was geduldig met mekaar. Ek glo die vrou het haar man so bederf, dis nêrens opgeskryf, want bang dalk was dit die geheim. Die man het na sy vrou geluister, dalk nie dadelik geantwoord nie, maar gedink, redeneer en beantwoord.

Geduld – soos baie sal sê deesdae : Stadige manier om jou mo@r te strip. Dis wat kort, dis wat dinge laat werk, geduld. Geduld met jouself, met jou wederhelfte. Geduld. Hou op verskonings soek, issues maak van nat handdoeke op die vloer, vroulief se gekerm oor die bure se kinders, jou facebook wat gehack word, geld, jou eie dinge.

Daai Afrikaner man was nie perfek nie, maar hel hyt getry oor en oor. Hyt nie opgegee nie. Hyt nie commitment issues gehad nie, hyt nie aanbeweeg na groener weivelde nie. Hy was happy met vleis,rys en aartappels en was in die hemel as daar ‘n ekstra skeppie malvoeding die die bak oorgebly het.

Dis wat dit vandag moeilik maak, ek persoonlik dink, ek dink dalk soek ek na ‘n verwagting waar daai iemand spesiaal ook sal geduld hê met my, net soos ek met hom. Dat die volgende wel in albei ‘n verwagting sal wees: Waar daar VERTROUE is, is  LIEFDE; waar liefde is, is VREDE; waar vrede is GOD. En waar God is, is niks meer nodig nie