Tuesday, May 7, 2013

Manipuleerdes aka verliefdes


Ek gaan die onderwerp so pret as moontlik maak, want wraggies ekt pretty much gatvol vir hulle. Ja jy het reg gehoor, gatvol, geirriteerd, moedeloos en teleurgesteld.

So besluit ek vroeër die jaar, kom ons klim op ‘n dating site (weer, ok dalk regtig die keer) en kyk wat is daar buite. Dit het begin met nuuskierigheid, later vrae oor hoekom sal so ‘n persoon op ‘n webblad gaan om hom te adverteer? Verbasing oor party se foto’s, bemarking vermoë en spelling. O ja, die spelling is groot vir my.

‘n Foto sê soms meer as ‘n duisend woorde en ek was nogal ‘n treffer. Daar was ‘n ranglys van die top 20 mans en dames en ek was nommer 3… Whow regtig, nooit!! Perverse mans as jy my vra.
So gaan ek deur profiele, lees beskrywings, kyk foto’s. Besluit om ‘n paar gesprekke te begin of nee wag.. .te antwoord op boodskappe aan my gerig. Wraggies ekt min op reply, want daar was weird karakters, getroudes, vrouens,en tot even swingers wat boodskappe aan my gerig het.

So na ‘n paar interaksies met ‘n paar mans, wat ek sou beskou het as geskikte kandidate om te ontmoet, het ons ontmoet vir drankies. Was heel prettig… ek wou loop na die eerste vyf minute in sommige gevalle. Ag ekt nie eintlik myself gesteur aan die gebeure nie, slaapstad toe vir vakansie, pret gehad en terug gekom na die stad.

Daar was wel ‘n knaap wat super interessant was, maar tot vandag het ons nog nooit ontmoet. Ek dink persoonlik hy was die skim. Of dalk ‘n sluipmoordenaar, maar dalk het hy gesien ek was toe hotter as wat hy verwag het. Nie in sy kriteria geval nie.  En dan was daar was ook ‘n manipuleerder?

Dis hier waar my hart iewers op die sypaadjie te vinde is, waar ‘n masker opgesit was. Waar Jim Carrey die rol in Liar Liar eintlik moes afstaan aan hom.  Want sien, dis hier waar ek  begin wonder het, is ek die verkeerde een, ja ekt issues, maar wraggies, iets is fout.

Kenmerke van ‘n manipuleerder sluit onder andere in: ‘silent treatment’, ‘guilt trips’, verwysing na persoonlike opmerkings en dan dit terug draai en ‘n grootte- Leuens!! Leuens sluit in om te veel detail te gee as goedere bespreek word, vra om ‘n antwoord te gee en dan moet daar eers gedink oor word. Mmm, ek hoop jy sien die rooi ligte, want ekt nie, ek was in tienermeisie mode, verlief, verlore, bang.

Ek was reg om te begin dieët, geld spaar vir troue, huis koop, kids kry, op die stoep saam oud word. Als te vergeefs. Als was ‘n droom, dit het nie bestaan nie. Ek was tog maar eintlik op 7de Laan met ‘n paar streke van Molly en Wors.

Ek wens ek kon die tyd terug draai, want toe ek klein was, wou ek net groot word... Maar nou besef ek dat verlore speelgoed en gebreekte kryte beter is as verlore vriende en gebreekte harte!