Thursday, May 16, 2013

Ongetiteld


Elkeen van ons het sy plek op die aarde, waar myne is, sal ek seker uitvind sodra ek die wonderlike, fantasmagoriese bankbestuur (wink wink) by my vandag, môre, altyd saam, bank gaan sien.  Gister sien ek juis ‘n post op Facebook wat lui soos volg: "Daar waar jy blom, dis waar jy hoort..."  Dis toe laat ek besef het, eintlik ‘n hele ruk terug al, ek blom nie. Nog nie.  My seisoen het nog nie gekom nie.

Elke oggend oppad werk toe, stiptelik net voor 7 uur, gewaar ek ‘n  tannie langs  die pad. Elke oggend in haar demin, dri-mac en besig om rommel op te tel. Nee nee , sy werk nie vir Ekurhuleni munisipaliteit nie. You wish. Bukkend, effens styf, tel sy rommel op. Niemand het haar gevra om dit te doen, maar sy doen. Verder op in die pad, ‘n verkoopsvrou, vetkoeke!!! Daai olie loop so af in die plastiek sakkie, yummy,,, yack. Vetkoeke, in ‘n asblik, vuur, met die hand aangemaak.  Dan verder so 200 meter, ‘n taxi bestuurder, op die hoek, fluiterig, hoed op die kop, skraal maar fris, altyd netjies.

So oppad vanoggend,  soos elke liewe dag,  sien ek die tannie draf. Draf, tel nie meer rommel op nie, die verkoopsvrou is ook nie meer op die hoek nie en dis nou al ‘n rukkie dat die taxi bestuurder vervang is met ‘n jonger een. Weird, verbasend en dalk nie deur ander opgelet nie.

Ek is oplettend. Detail. Linkerbrein mens, elke ding op sy plek. Die het ek al van kleintyd af geweet. My eerste kamer in my ouerhuis, het so groot boekrak gehad. Op daai rakke het ek my poppies, trolle, feëstjies gehad.  Elkeen op sy plek. My ma het al geweet, as die bediende/helper/skoonmaker, skoon gemaak het, het sy twee keuse gehad. Of sy haal alles af, maak skoon en sit als terug op hul plek of los dit net. Ek het nogal negatief geraak, ek kan nie help, dis wie ek is, sue me ok!

Net soos my trolle, poppies en feëtjies hul plek op daai boekrak gehad het, het ek en jy ‘n plek. Net soos die drie karakters hierbo, het hul ook hul plek. Dit was hul tyd om aan te beweeg het. Tyd. Myne het ook aangebreek, my tuisdorp bied my niks meer. Ek het die dorp al verlaat, terug gekom, maar dis nou tyd om my voete los te maak.  Wraggies, hier is nie eers behoorlike kuier plek nie. As die krag af gaan is dit al waaroor almal praat, my motor raak bietjie te classy vir die plek en daar moet defnitief fout wees met my, want ekt nog nie vier kinders nie.

So vir tyd en wyl, terwyl ek maar die moed bymekaar skraap om Hooters te approach vir naweek werkie, wees my geduldig. Water my, praat met my en laat my blom in die mooiste aster wat jy kan van droom. Tot dan is dit brood, brei en die bankbestuurder vermaak.

 

 

 

Friday, May 10, 2013

My verwagtinge


Dis twee weke voor my verjaarsdag en ek soos  ek nou voel wil ek dit kanselleer, ‘due to lack of interest’. Die Winter. Die Sharks speel nie wat wonders. Dis grys buite en ek voel nie bubbly (LeGood Life)  nie. Die gebeurtenis van die laaste week het my getref soos ‘n pyl op ‘n teikenbord. Bulls eye. Pen deur my hart. Voel bietjie Emo. Nie dat ek nou Emo sal trek op myself nie, maar dis wat ek voel.

Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie. In Gen 2:18 het die Here God gesien dat dit nie goed was vir die mens om alleen te wees nie. Die mens se eensaamheid moes gestil word. Sien hier het Adam (die man aka mens alreeds gesprekke nodig gehad, note to self.. fokus). God het binne die mens ‘n spesiale gevoel weggesteek, dis wat ons onderskei van die diere en plante.  En so word Eva uit die mens gemaak. Voila, baking soda. En so staan daar dan ook in 1 Kor. 7:2 …moet elke man sy eie vrou hê en elke vrou haar eie man hê. Waar?  Wanneer? Hoe lank nog? Ek weet hier waar ek nou sit, is ek die nie die enigste een wat die vraag vrae nie, baie skree, skop teen mure, ander het ‘opgegee’, maar onbewustelik dis dit al waaraan hul kan dink.

Die mens is nie gemaak om alleen te wees nie. Finish en klaar. Nou why is dit dan so moeilik, of moet ek eerder vra, wat het dit so moeilik gemaak? Want kyk, in Abraham se dae, was jy allank voor daai stoof en string kinders op die ouderdom van 17. Easy,  done,  happy.

Dis 2013, die Afrikaner man is nie meer op sy perd in die veld, oorlogsveld of op die plaas nie (ok ok, net die boer soek dude ouens). Hy hunker nie meer na sy vrou nie, hy hunker na ander dinge. Top gear,  Diablo,  Loftus. Hy verkies MacDonalds bo ‘n tuisgemaakte vispastei, selfhelp boeke om sukses te behalwe eerder as gesprekke met sy vrou. Die eie ek.

Nou voordat jy dink ek is nou ewe skielik ‘n feminis, klim van jou perdjie af, gooi die toys terug in die kot en breathe. Die vrou is nou ook nie perfek nie; maar daar is verwagtinge wat geskep word. Baie, en either die man of die vrou word teleurgesteld deur dit. Die verwagtinge.

Verwagtinge soos: Na ‘n lang dag, wil die man nie gepla word nie, want hy hard gewerk, hy wil nie emosioneel aangespreek word nie, wil eet, tv kyk en R18SLV.  Die vrou wil na haar dag by die werk (ja dis 2013, ons moet werk, kos is duur, dstv gaan nie vanself betaal word nie), haar man se teenwoordigheid koester, saam kos maak, praat oor dinge wat dalk nie saak maak, naweke weg reël, vertroetel word.

Maar in die proses word hul moeg vir mekaar, maniere, houdings, gewoontes begin hul te irriteer. Die waarheid wel hier is, hul het hulself verwaarloos en gefokus op ander dinge. Mans kla altyd dat hul nie vrou verstaan nie, vroue sê hul begryp nie mekaar nie.  Mans voel bedreig, vrou voel dan dat sy nie inligting ten volle kan deel, want dan is daar rusie. Ag die begin nou soos Days of our lives vir my te voel. Bleh!

Ons almal verskil, even die blogger wat in Rusland sit, hy like Vodka, ek ook dalk, maar ek is nou mos ‘n arm gat, so cheap Russian Bear sal dit vir my wees teenoor sy Smirnoff. Die feit hier is ons almal verskil. Generasies verskil, idees verskil.

Maar dis hier waar ons ‘n besluit moet maak, kompromie. Wel ou Lance Armstong het eendag in sy boek gesê: “You compromise, you lose” Nogal waar, hy het al sy titels verloor nadat hy ‘’gecompromise’’ het om steroids te gebruik, die maklike uitweg te gekies het. Die kom ons beweeg aan na die volgende een. Die volgende. Dalk daar vind ons onself.

Hokaai, stop die lorrie. Sit remme aan, laat die brandstof leeg loop en staan stil waar jy is. Nou. Vandag. Dis al tyd wat jy het.  So gaan ek bietjie terug na die Afrikaner man op sy plaas. Waar hy 05:00 opgestaan het, koeie gaan melk het, landerye ingevaar het. Presies om 12:00 kom aansit het vir vleis, rys en aartappels. Terug land toe, koeie in die kraal ingejaag het by sonsondergang. Huis toe en seker by 21:00 in die katel geklim het. 

Daai Afrikaner man het nie opgegee nie, al het dit hoe sleg gegaan, hyt elke dag aan gehou, gebid, geglo. So ook daai vrou, sy het aanhou bak tot daai koek geskik was vir die vroue vereeniging, aanhou sokkies stop, aanhou bid. Dis daardie huwelike wat gehou het. Die man en vrou was geduldig met mekaar. Ek glo die vrou het haar man so bederf, dis nêrens opgeskryf, want bang dalk was dit die geheim. Die man het na sy vrou geluister, dalk nie dadelik geantwoord nie, maar gedink, redeneer en beantwoord.

Geduld – soos baie sal sê deesdae : Stadige manier om jou mo@r te strip. Dis wat kort, dis wat dinge laat werk, geduld. Geduld met jouself, met jou wederhelfte. Geduld. Hou op verskonings soek, issues maak van nat handdoeke op die vloer, vroulief se gekerm oor die bure se kinders, jou facebook wat gehack word, geld, jou eie dinge.

Daai Afrikaner man was nie perfek nie, maar hel hyt getry oor en oor. Hyt nie opgegee nie. Hyt nie commitment issues gehad nie, hyt nie aanbeweeg na groener weivelde nie. Hy was happy met vleis,rys en aartappels en was in die hemel as daar ‘n ekstra skeppie malvoeding die die bak oorgebly het.

Dis wat dit vandag moeilik maak, ek persoonlik dink, ek dink dalk soek ek na ‘n verwagting waar daai iemand spesiaal ook sal geduld hê met my, net soos ek met hom. Dat die volgende wel in albei ‘n verwagting sal wees: Waar daar VERTROUE is, is  LIEFDE; waar liefde is, is VREDE; waar vrede is GOD. En waar God is, is niks meer nodig nie

 

 

 

 

 

 

Tuesday, May 7, 2013

Manipuleerdes aka verliefdes


Ek gaan die onderwerp so pret as moontlik maak, want wraggies ekt pretty much gatvol vir hulle. Ja jy het reg gehoor, gatvol, geirriteerd, moedeloos en teleurgesteld.

So besluit ek vroeër die jaar, kom ons klim op ‘n dating site (weer, ok dalk regtig die keer) en kyk wat is daar buite. Dit het begin met nuuskierigheid, later vrae oor hoekom sal so ‘n persoon op ‘n webblad gaan om hom te adverteer? Verbasing oor party se foto’s, bemarking vermoë en spelling. O ja, die spelling is groot vir my.

‘n Foto sê soms meer as ‘n duisend woorde en ek was nogal ‘n treffer. Daar was ‘n ranglys van die top 20 mans en dames en ek was nommer 3… Whow regtig, nooit!! Perverse mans as jy my vra.
So gaan ek deur profiele, lees beskrywings, kyk foto’s. Besluit om ‘n paar gesprekke te begin of nee wag.. .te antwoord op boodskappe aan my gerig. Wraggies ekt min op reply, want daar was weird karakters, getroudes, vrouens,en tot even swingers wat boodskappe aan my gerig het.

So na ‘n paar interaksies met ‘n paar mans, wat ek sou beskou het as geskikte kandidate om te ontmoet, het ons ontmoet vir drankies. Was heel prettig… ek wou loop na die eerste vyf minute in sommige gevalle. Ag ekt nie eintlik myself gesteur aan die gebeure nie, slaapstad toe vir vakansie, pret gehad en terug gekom na die stad.

Daar was wel ‘n knaap wat super interessant was, maar tot vandag het ons nog nooit ontmoet. Ek dink persoonlik hy was die skim. Of dalk ‘n sluipmoordenaar, maar dalk het hy gesien ek was toe hotter as wat hy verwag het. Nie in sy kriteria geval nie.  En dan was daar was ook ‘n manipuleerder?

Dis hier waar my hart iewers op die sypaadjie te vinde is, waar ‘n masker opgesit was. Waar Jim Carrey die rol in Liar Liar eintlik moes afstaan aan hom.  Want sien, dis hier waar ek  begin wonder het, is ek die verkeerde een, ja ekt issues, maar wraggies, iets is fout.

Kenmerke van ‘n manipuleerder sluit onder andere in: ‘silent treatment’, ‘guilt trips’, verwysing na persoonlike opmerkings en dan dit terug draai en ‘n grootte- Leuens!! Leuens sluit in om te veel detail te gee as goedere bespreek word, vra om ‘n antwoord te gee en dan moet daar eers gedink oor word. Mmm, ek hoop jy sien die rooi ligte, want ekt nie, ek was in tienermeisie mode, verlief, verlore, bang.

Ek was reg om te begin dieët, geld spaar vir troue, huis koop, kids kry, op die stoep saam oud word. Als te vergeefs. Als was ‘n droom, dit het nie bestaan nie. Ek was tog maar eintlik op 7de Laan met ‘n paar streke van Molly en Wors.

Ek wens ek kon die tyd terug draai, want toe ek klein was, wou ek net groot word... Maar nou besef ek dat verlore speelgoed en gebreekte kryte beter is as verlore vriende en gebreekte harte!