So
gister stap ek na ‘n vriendin se tafel by die werk en gewaar ‘n Tupperware bakkie, sommer ‘n roomys een, jy weet mos #arm
#lekker_recycle. En sommer om te skroom
of eers te dink voor ek praat, mompel ek wurms! Sywurms interdaad was in daai
bakkie, dus hier waar ek wil stil staan vandag. Ons lewe net-net. Leef verby mekaar, leef in verkeer, leef outamaties.
Dis
Lente, ok nou nog nie tegnies- tegnies nie, maar die temperatuur het die hoogte
ingeskiet, voëltjies tjirp vroeg-vroeg en daar is bloeisels aan die bome. Dis
korrek, bloeisels!
Dis
hier waar ek begin dink het (ja ek kan nog dink, net-net), dis 2014, niemand
ken meer hul bure nie, ons word ‘n roetine, ons is ‘n meeting. Ipads in die
hand gestop, kleuters hardloop nie meer in die strate nie. (ek praat nou hier
van gewone middelklase woonbuurte), waarheen is die samelewing oppad?
Toe ek
daai sywurms gewaar, dink ek terug aan die dae van daai wurms, aan die dae van albasters
uitruil (daai met The Lion King karakters op), waar ons walk-the dog met ‘n
Fanta Yo-Yo gedoen het. Waar ons in L.O. (ja regtig L.O.) af swembad toe
geloop, baljaar het in die water. Waar Barbie
en Ken nie geskei het van mekaar nie, waar papier poppe jou ure se pret gegee
het en waar jy kaalvoet in die Checkers kon loop (o wag, daai gebeur nog).
Vandag
is dinge anders, ja ja, ek weet tegnologie hardloop vinniger as Bolt vooruit,
maar staan vandag ‘n bietjie terug. Bevind jou in die wêreld waar landlyne die
in ding was (dankie oom Alexander Bell). Waar Janik my Sondae aande gebel in
Dawson’s Creek tyd om sy wiskunde antwoorde te vergelyk en ek die hele eposide
mis. #Damit ma wou dit nie opneem met die video tape nie. Waar ons rek gespring het, waar ons bang was
vir juffrou of meneer , want ons huiswerk was nie gedoen nie. Waar ons by die
kerkbasaar daai stupid tombola tafel gate uit geniet het, solank ons net ‘n
bakkie kerrie en rys kon kry.
Daai dae
is verby, maar jy het ‘n keuse. Die keuse wat jou gaan laat wakker word,
voluit, nie net-net nie. Die keuse om te
leef, leef al werk jy lang ure, leef al het jy ‘n baba, leef sonder om jou werk
en baba as verskoning gebruik. Leef en sit neer daai selfoon, braai buite, loop
kaalvoet oor die gras, ag sommer in jou pt broek ook. Werk in daai tuin, plant
daai Dalhia’s. Hou op verskonings soek,
sê Nee prontuit! Maak tyd vir jou vriende, al bly hul in ander provinsies, want
hoekom, want die Mounster doen dit, dus kan jy ook (ha ha, kom die deuntjie van
My-man-kan op in my kop…#weirdo)
‘’As alles jou kant toe kom,
dan is jy aan verkeerde kant van die pad.”