Dis die jaar 2015, kerse en gasstowe is heavy on demand. Water skraps
en my Shield is amper op. ‘n 23km rit
word ‘n trippie na Ermelo/Klerksdorp of even Parys toe, met die tydsduur wat
dit mens deesdae neem. Die internet gaan binnekort iets van die verlede word,
tensy jy ‘n generator het. Want kyk, Eishkom het ons aan die balls.
Suid-Afrika is
besig om ‘n sirkus te word, as dit nie Channel 199 of die Dewani saak is nie,
is dit ‘n familie met byle of boitoks oor busse, treine en skole wat afgebrand word. Brand
Suid-Afrika! Brand!
Verder beleef ons
in ‘n milieu waar my Pappa geboikot word om te sing, waar die brandstof vir die
eerste keer in jare amper onder R10,00 is en waar ek dalk net nie meer wil wees
nie.
Die laaste twee
maande is my lewe is ‘n feë verhaal, nie ‘n sneeuwytjie een nie, meer soos ‘n
rooikappie en die wolf een. Van opstaan
in die oggend, tot gaan slaap in die aand… Duh, dis dalk te obvious gewees.
Maar dis hoe dit begin, gym…dis nou nie bad nie, het ‘n super duper cool meisie
wat my vet/selluliet omskep in iets wat as ‘’normaal’’ beskou kan word. Die gym
kleedkamers, van Dawn, na lipstiffie in jou hare sit om die grys patches net
net te cover. Verkeer, waar 14de Laan,
my eie 7de Laan word. Tot waar ek voor my rekenaar gaan plak.
Agt tot nege ure
per dag, nes jy, doen ek dit, dalk eers so twee ure gevat om voor my rekenaar
te kom plak….maar immers is ek hier. En
dan begin die horror… tam tam tam….**weens terms en conditions, mag die horror
verhaal nie vandag ontbloot word nie** to be continued to na my meeting later
vandag.
En dan as ek lucky
is, vat my trippie net so 45 minute huis toe, anders gaan ek weer tegnies
Klerksdorp toe.
Dis hier waar ek
en jy eintlik dieselfde is (same same but different), maar ook tog nie eintlik
nie.
Nie een van ons,
kan ons lewens vergelyk nie, maar hoe ons dit hanteer, wel. Eishkom is hier om
te bly, want niemand anders het die geld/guts om die monopolie te veg nie (‘n
John Seena en Carlito fight sou die ding gedoen het). Ons kollegas het skedule probleme,
dalk geprogammeer om op te tree so, ander nie. Ons almal bevind ons in ‘n plek
wat nie meer so happy is soos wat dit eintlik bedoel is om te wees nie. Ons klou vas, want ons wil nie weet wat sal
gebeur as ons dalk verstaan hoekom die wolf in ons lewe is nie. Ons is besig om
masjiene te word (nou nie hot POK swembad masjiene nie), maar roetine mense.
Ons aanvaar dit maar, want dit is gemaklik.
Vandag staan ek op
teen roetine, (behalwe gym toe gaan, want ek is ‘n vettie)! Traffic gaan ‘n
geleentheid word om Bybel te lees/dalk maar ook my Huisgenoot! Werk gaan ‘n
Boswell sirkus bly, maar hoe ek my stralende persoonlik gaan laat skyn, gaan
almal shades moet kry (50 shades, ha ha ha, not). Change, want Eishkom kan nie, change want jou agtergrond het jou geshape om te besef wat jy nie wil wees nie, change want om kaart by kerslig te speel is baie gesonder as 'n Ipad in die hand, change, coz it is the right thing to do (geldjie SABC vir die TV lisensie s ê- ding!)
“Life is a series of natural and spontaneous
changes. Don't resist them; that only creates sorrow. Let reality be reality.
Let things flow naturally forward in whatever way they like.