Friday, April 19, 2013

Vryewil. Geloof. Die eie ek.



‘n Houtdeur, gekraak weens jare se wrywing, bestaan. ‘n Sleutelgat. Soms staar ons in daai deur vas, vir weke, maande soms jare en mis een klein detail. Die sleutel.

God plaas baie verhale op jou lewenspad en hoe jy dit benader, uitleef, analiseer is hoe jy daai sleutel in daai deur sien. Geslote of toeganklik. Maar soms laat ons toe om vas te klou aan die vorige deur waardeur jy geloop het. En dan as jy te lank staan voor die nuwe deur, blameer jy God , soek jy verskonings en probeer net op jou eie insig staatmaak.

Ekt by een koshuis vriendin een jaar ‘n boek gekry, daai eindste boek het jare later in die see op geeindig, frats ongeluk, maar het my  anders laat dink oor die geslote of toeganklike deur.  Een van tannie Joyce se boeke: Battlefield of the Mind, weet baie het issues met haar of glo dis selfhelp nonsense, but here goes.

Jou verlede mag dalk jou pyn en lyding verduidelik, maar ek en jy mag dit nie as verskoning gebruik om in dit te bly nie. Ek dink dis wat gebeur met daai geslote deur, God het dit allank oop gemaak vir jou en wag vir jou  om die volgende verhaal aan te pak, maar ons bly dink aan die vorige deur, die deur wat goed was, vir die oomblik, maar nie vir altyd nie. So in die proses dink jy net aan die eie ek, kyk verby die sleutel en koester na dinge wat seer en swart is.

Dink goeie dinge en jou lewe sal voortspring uit goeie dinge. For as you think in your heart, so are you. Ek was maar ‘n kind uit ‘n gebroke gesin, soos ou Tinus van Molly en Wors sou sê, maar ekt tot die besef gekom, dat ek beter is as die situasie, dat ek God eerste wil stel in my lewe, dat ek vrug van die Gees wil dra en dit uitstraal na ander.

Die duiwel weet dit en tog push hy sy luck. Om my en jou te skei van ons geluk, ons vrede, ons outoriteit wat God aan ons gegee het. Aan ons deel van die Koninkryk. BASTA! (elke Maandag daai woordjie in die skoolsaal gehoor), maar BASTA.  Niks maar niks gaan my keer om deur daai deur te stap nie.

En so kom ek tot die besef dat God beter weet as ek, dat ek moet vasklou aan Sy hand, want om te Glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.  

En so het die mounster voor daai deur gekom, ekt die deur agter my toegesluit, ek stap toegewyd na die deur voor my, draai die sleutel, steek my hand uit na die handvatsel en draai die deur oop. Aan die anderkant sien ek my vrede, my outoriteit, my geluk. Die geskenke wat God aan my belowe het is daar. Ekt aan God ‘n belofte gemaak gister aand, een wat ek eendag aan my kinders gaan vertel. ‘n Belofte om so op te tree dat al wat deur my voortspring goed en liedevol is.

God het my geantwoord – Expect a MIRACLE in your life, Expect good things