Elkeen van ons het sy plek op die
aarde, waar myne is, sal ek seker uitvind sodra ek die wonderlike,
fantasmagoriese bankbestuur (wink wink) by my vandag, môre, altyd saam, bank
gaan sien. Gister sien ek juis ‘n post
op Facebook wat lui soos volg: "Daar waar jy
blom, dis waar jy hoort..." Dis toe laat ek besef het, eintlik ‘n hele ruk
terug al, ek blom nie. Nog nie. My seisoen
het nog nie gekom nie.
Elke oggend oppad
werk toe, stiptelik net voor 7 uur, gewaar ek ‘n tannie langs die pad. Elke oggend in haar demin, dri-mac en
besig om rommel op te tel. Nee nee , sy werk nie vir Ekurhuleni munisipaliteit
nie. You wish. Bukkend, effens styf, tel sy rommel op. Niemand het haar gevra
om dit te doen, maar sy doen. Verder op in die pad, ‘n verkoopsvrou,
vetkoeke!!! Daai olie loop so af in die plastiek sakkie, yummy,,, yack. Vetkoeke,
in ‘n asblik, vuur, met die hand aangemaak. Dan verder so 200 meter, ‘n taxi bestuurder,
op die hoek, fluiterig, hoed op die kop, skraal maar fris, altyd netjies.
So oppad vanoggend, soos elke liewe dag, sien ek die tannie draf. Draf, tel nie meer rommel
op nie, die verkoopsvrou is ook nie meer op die hoek nie en dis nou al ‘n
rukkie dat die taxi bestuurder vervang is met ‘n jonger een. Weird, verbasend
en dalk nie deur ander opgelet nie.
Ek is oplettend.
Detail. Linkerbrein mens, elke ding op sy plek. Die het ek al van kleintyd af
geweet. My eerste kamer in my ouerhuis, het so groot boekrak gehad. Op daai rakke
het ek my poppies, trolle, feëstjies gehad. Elkeen op sy plek. My ma het al geweet, as die
bediende/helper/skoonmaker, skoon gemaak het, het sy twee keuse gehad. Of sy haal
alles af, maak skoon en sit als terug op hul plek of los dit net. Ek het nogal
negatief geraak, ek kan nie help, dis wie ek is, sue me ok!
Net soos my trolle,
poppies en feëtjies hul plek op daai boekrak gehad het, het ek en jy ‘n plek. Net
soos die drie karakters hierbo, het hul ook hul plek. Dit was hul tyd om aan te
beweeg het. Tyd. Myne het ook aangebreek, my tuisdorp bied my niks meer. Ek het
die dorp al verlaat, terug gekom, maar dis nou tyd om my voete los te maak. Wraggies, hier is nie eers behoorlike kuier
plek nie. As die krag af gaan is dit al waaroor almal praat, my motor raak
bietjie te classy vir die plek en daar moet defnitief fout wees met my, want
ekt nog nie vier kinders nie.
So vir tyd en wyl,
terwyl ek maar die moed bymekaar skraap om Hooters te approach vir naweek
werkie, wees my geduldig. Water my, praat met my en laat my blom in die mooiste
aster wat jy kan van droom. Tot dan is dit brood, brei en die bankbestuurder
vermaak.